Sunday 13 October 2024

Gedigte: Gebroke

Here, ek is gebroke, stukkend
Die lewe snel so vinnig verby.
Onder probleme gaan ek gebukkend.
Here, wanneer sal dit einde kry?

Elke dag is vir my moeilik Heer.
Om op te staan is vir my 'n stryd.
Maar elke dag probeer ek weer en weer.
Ek weet U sal my help op U tyd.

My probeme lê ek aan U voete neer,
en wanneer ek van die kruis wegstap,
weet ek U kyk op my neer.
Dat U my sal dra deur hierdie dag.

U gee my nuwe moed beslis.
Ek weet U het my gebed verhoor.
Totodat U my saak oordink,
sal ek nie moed verloor.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer - Dankie, Anoniem, vir die deel.] 

No comments:

Post a Comment