Saturday 12 October 2024

Saterdaglagmedisyne

Het jy al die grappie van oud-president Reagen gehoor?

Die ouerige predikant het vir 1 van die jonger predikante onder hom vertel wat hy doen wanneer sy gemeente insluimer terwyl hy preek.
 
Wanneer hy sien baie sluimer in, dan sê hy: "Ek het gisteraand 'n wonderlike vrou in my arms vasgehou. En sy is boonop die vrou van 'n ander man."

Onmiddellik skrik almal wakker en kyk hom geskok aan.

Dan antwoord hy: "Sy is my moeder!"

Dan kan hy weer aangaan met sy preek, want almal is wakker.

No comments:

Post a Comment