Monday 14 October 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Gebed vir Kalmte

God - Skenk my die Kalmte,
Om te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
Moed om te verander wat ek kan,
En die Wysheid om te weet wat die onderskeid is.
Om te lewe een dag op `n slag
Oomblik na oomblik te geniet
Swaarkry te aanvaar as die pad na Vrede
Soos Hy, hierdie sondige wêreld te aanvaar
soos dit is, en nie soos ek dit wil hê
Om te vertrou dat Hy alle dinge reg sal maak
as ek my wil aan Syne oorgee
Dat ek redelik gelukkig in hierdie lewe sal wees
en sal Jubel van geluk saam met Hom
vir ewig in die volgende Lewe
Amen

(Vrye vertaling – oorspronlik in Engels geskryf deur Reinhold Niebuhr)

No comments:

Post a Comment