Saturday 5 October 2024

Saterdaglagmedisyne

Van der Merwe kom agter dat hy 'n bietjie doof word en besluit om 'n gehoorapparaat te koop. Hy is net 'n bietjie doof, en baie suinig, en wil dus nie baie geld uitgee nie.
"Hoeveel kos die ding?" vra hy vir die klerk.
"Dit hang af, Meneer. Ons het modelle van R20 tot R20 000."
"Nou man, waarvoor wag jy? Wys my die R20-model!"
Die klerkie vroetel in 'n laai, haal 'n apparaat uit en hang dit om Van der Merwe se nek.
"Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat die toutjie tot in jou hempsak hang."
"Ja, ja, maar hoe werk die ding?"
"Meneer, vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy dra dit, praat hulle sommer vanself harder."

No comments:

Post a Comment