Showing posts with label Probleme. Show all posts
Showing posts with label Probleme. Show all posts

Wednesday, 27 August 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Skud dit af en trap daarop!

'n Boer se ou donkie het eendag in die put ingeval. Die ou dier het ure lank gebalk, terwyl die boer probeer het om 'n plan te maak. Uiteindelik besluit hy toe dat die ou dier reeds te oud is, en die put het in elk geval nie meer water in nie en moet dus maar toegegooi word. Toe nooi hy al sy bure om hom te help om die put op te vul. Elkeen het 'n graaf gebring en begin om grond in te gooi. Die ou dier besef wat aangaan, en protesteer luidkeels. 

Maar, tot almal se verbasing, word dit skielik stil. 'n Rukkie later loer die boer oor die kant van die put en sien wat gebeur. Die donkie skud elke graafvol grond wat op sy rug val, af en trap dit vas. Terwyl die span manne die grond ingooi om die put op te vul, skud hy die grond af en klim elke keer 'n tree hoër.

Uiteindelik tree die donkie oor die kant van die put en draf weg! As die lewe jou probeer onderkry deur alles wat op jou val, moenie moedeloos word nie. Skud dit af en gebruik dit vir 'n trappie boontoe. Moet net nie opgee nie. Skud dit af en trap daarop!

Wednesday, 26 March 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: 'n Goeie vriendin

Wat is die kwaliteite van 'n goeie vriendin en is ek een?

'n Vriendin is sensitief. Sy luister fyn na die binnekant van jou woorde. Sy lees tussen die lyne na dit wat jy nie sê nie. Jou warboel van emosies kry name. Name waarvan jy eintlik weggeskram het. En skielik verstaan jy jouself beter.

Met haar omgee en insig, kan jy dieper kyk na jou probleme.

In die dieptes van ellendes, hou sy jou staande.

Sy karring nie aan jou nie en sy oordeel jou nie. Sy gee jou die spasie om te besef, te besluit en dan op te tree.

Sy is eerlik en jy kan haar vertrou. By haar kan jy jou hart oopmaak en hoef jy nie jou taankrane toe te hou nie. 

Jy voel veilig by hierdie goue karat vriendin. 

Is ek so 'n vriendin vir ander? 

Tuesday, 26 December 2023

Raad: Storms in jou lewe


Soveel kere het mense al gevra hoe ek staande bly deur die storms van die lewe ... 

Dis dan wanneer ek opkyk, glimlag en met 'n jubelende hart antwoord: "My Vader is GROTER as die storms van die lewe. Hy gee my krag, wysheid en insig. Hy dra my wanneer ek nie kan nie en lê my saggies neer waar ek weer kan aangaan. Alles wat ek is en ooit sal wees, is alleen uit Sy liefde en genade. 

Gaan lees ook die Die storms van die lewe - deur Gary Kieswetter HIER.

[Dankie, Ria, vir die deel van hierdie stukkie.]

Sunday, 13 November 2022

Is JY dalk doof?

’n Man was bekommerd dat sy vrou nie meer so goed kon hoor soos voorheen nie en hy het gedink dat sy dalk ’n gehoorapparaat mag benodig. Nie seker hoe om sy vrou te benader oor die netelige kwessie nie, skakel hy die huisdokter om die probleem te bespreek.

Die dokter deel hom mee dat daar ’n maklike informele toets is wat die man kan doen sodat die dokter ’n beter idee kan kry van die omvang van die gehoorprobleem van sy vrou.

“Hier is wat jy doen,” sê die dokter, “staan so 15 meter weg van haar en in ’n normale gesels stem praat met haar en kyk of sy jou kan hoor. Indien nie, gaan nader tot jy so 10 meter van haar af is, daarna 5 meter en so aan totdat jy ’n reaksie van haar kry.

Die aand is sy vrou in die kombuis besig om aandete voor te berei en hy het in die sitkamer gesit. Hy sê toe vir homself, “Ek is nou omtrent 15 meter weg van haar, laat ek kyk wat gebeur.” Toe in ’n normale gesprektoon vra hy: “Liefie, wat is daar vir aandete?”

Geen reaksie nie.

Dus beweeg hy maar bietjie nader aan die kombuis, omtrent 10 meter van sy vrou en herhaal die vraag, “Liefie, wat is daar vir aandete?”

Steeds geen reaksie nie.

Volgende beweeg hy na die eetkamer waar hy so 5 meter van sy vrou af is en vra, “Liefie, wat is daar vir aandete?”

Weereens geen reaksie nie.

Hy stap nader en gaan staan in die kombuisdeur, omtrent 3 meter weg. “Liefie, wat is daar vir aandete?”

Weereens is daar geen reaksie van sy vrou nie.

Hy stap tot reg agter sy vrou en vra, “Liefie, wat is daar vir aandete?”

“Jakobus, vir die VYFDE keer, ek het gesê, HOENDER!”

Die probleem is dalk nie by die ander persoon soos ons soms geneig is om te dink nie. Dit kan baie kere binne onsself wees waar die probleem is.

Thursday, 25 June 2020

Leef as kind van God

Die mens wat in volle waarheid ‘ontdek’ wie God werklik is en ook ‘ontdek’ wie die persoon voor God werklik is, is die beste kandidaat om die Evangelie van Jesus Christus reg te kan verstaan, aan te neem en kindskap in Christus te kan beleef en uit te leef.

Saturday, 6 October 2018

Saturday, 17 February 2018

Sunday, 28 January 2018

Wednesday, 13 December 2017

Tuesday, 5 September 2017

Thursday, 6 July 2017