'n Vriendin is sensitief. Sy luister fyn na die binnekant van jou woorde. Sy lees tussen die lyne na dit wat jy nie sê nie. Jou warboel van emosies kry name. Name waarvan jy eintlik weggeskram het. En skielik verstaan jy jouself beter.
Met haar omgee en insig, kan jy dieper kyk na jou probleme.
In die dieptes van ellendes, hou sy jou staande.
Sy karring nie aan jou nie en sy oordeel jou nie. Sy gee jou die spasie om te besef, te besluit en dan op te tree.
Sy is eerlik en jy kan haar vertrou. By haar kan jy jou hart oopmaak en hoef jy nie jou taankrane toe te hou nie.
Jy voel veilig by hierdie goue karat vriendin.
Is ek so 'n vriendin vir ander?
No comments:
Post a Comment