Saturday, 15 March 2025

Saterdaglagmedisyne - terloops gehoor

* "Hulle sê sulke mooi dinge oor 'n mens wanneer hulle hulde bring by 'n begrafnis, ek word sommer hartseer wanneer ek daaraan dink dat ek my eie een sal misloop."

* Koos, Stoffel en Gert sit en gesels een middag op die stoep van die ouetehuis. Hulle het pas van 'n vriend se begrafnis teruggekeer.
"Daar was darem mense wat goeie woorde oor ou Jan te sê gehad het," sê Gert.
"Mmm, " sê Stoffel, "ek sit nou reeds en wonder. Wat sou jy nou die graagste van jouself wou hoor as jy nou te sterwe kom, Gert."
"Dat ek een van die beste voormanne van alle tye op die myn was en daar nooit op my skof iets verkeerd geloop het nie.  En jy, Stoffel?"
"Dat ek 'n uitstekende eggenoot en vader was. Wat sê jy, Koos?"
"Wat ek die graagste sal wil hoor wanneer ek daar in die kis lê?"
"Ja."
"'Kyk, hy beweeg!'"

No comments:

Post a Comment