* Kakkerlakke: Om ontslae te raak van kakkerlakke, plaas piesangskille in kaste en op rakke.
* Miere: Sit ‘n stukkie suurlemoen neer waar miere in die huis pla. Meng ewe veel koeksoda en Engelse sout en strooi oral by die probleemareas rond. Die miere sal die wyk neem en dis nie gevaarlik vir kinders en troeteldiere nie.
* Motte: Engelse sout in kaste waar linne gebêre word - dit hou motte weg. Droog lemoenskil in die oond en plaas dit in laaie en kaste om motte uit te hou. Jy kan ook ‘n paar koekies seep in jou linnekas sit. Dit sal die vismotte weghou en gee ook ‘n aangename reuk aan die linne.
* Muise: Gooi pepermentolie voor/in muisgate.
* Muskiete: Sit ‘n piering asyn langs jou bed om die muskiete weg te hou. 'n Paar druppels sitronella-olie op jou nagklere en kussingslope hou ook muskiete weg.
* Slakke: Maak die beddings goed nat en sodra slakke te voorskyn kom, gooi tafelsout op hulle.
No comments:
Post a Comment