* Kosie se buurmaatjie is baie nuuskierig en het 'n uitermate groot bewondering vir Kosie se ouma.
Konrad: "Gly jou ouma nog so teen die trappe af?"
Kosie: "Ja, maar net 'n bietjie stadiger vandat my pa doringdraad om die trapreling gedraai het."
* Ouma en haar oudste kleindogter drink koffie in een van die gewilde koffiewinkels. Sandy is verbaas toe haar ouma 'n yslike stuk sjokolade koek saam met die koffie bestel.
"Ek dag Ouma is op so 'n streng dieet."
"Ek is, my liewe kind. Ek doen dit net om myself te toets," antwoord ouma terwyl sy 'n groot hap neem.
"En ek druip elke keer!" sug sy.
* Oupa se broer kom kuier. Hy is bekend by die familie dat hy lekker kan eet en ook heelwat meer gewig met hom saamdra as wat gesond is. Jan is dus duidelik sigbaar. Ouma was nie baie ingenome met dié kuier nie, want dit beteken dat sy heelwat meer tyd in die kombuis moet deurbring as wat nodig is.
Sondag, net so voor middagete kom Jan daar aangery. Toe hy uit die kar uitklim, het oupa hom nie herken nie. Soos hy later vir ouma verduidelik: "Jy onthou daardie groot draak wat op sy borskas getatoeëer was?"
"Ja."
"Wel, dit is nou 'n geitjie."
No comments:
Post a Comment