Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
Is jy besorgd of bekommerd omdat jy voel jy is nie op die regte plek, of jy het jou roeping gemis? Onthou, God is jou Formeerder en "bou" nog steeds aan jou.
Vertrou die Here en gee Hom kans om sy werk te doen.
Moenie God se werk vir Hom probeer doen nie. Jou beste werke is soos 'n wegwerplike kleed.
As jy volmaak wil wees, wees onderdanig aan God en laat Jesus sy werk voltooi in jou. Net Hy is getrou en net Hy kan jou volmaak formeer.
Here, ek is die werk van u hande. Ek vertrou U alleenlik. Ekself is onbetroubaar en kan nie bereik wat ek moet, sonder u hulp en leiding nie. U het reeds vir my 'n weg berei en U hou my weg van die kwaad en skadelike pad, wat die vyand vir my voorberei. Dankie Here vir u volmaakte weg vir my berei. Met U is ek meer as 'n oorwinnaar. Amen.
No comments:
Post a Comment