Sunday 30 June 2019

Ons Huis: Onthou jy nog?

Kan JY nog onthou? Man daar was geen lekkerder gevoel as jy daai trekkerige deuntjie doer in die verte hoor nie "'n Groot pienk en wit een met 'n flake, asseblief!"

"Walls ice cream was the best!" Ronwyn Geere

"There used to be one at Sedgefield Mouth parking lot" Margie Ball

"Over here in NZ 'Mr Whippy' is a common sight on the beaches during summer." Kareen Ann Muller Potgieter

"Ons het nou nog een wat hier op en af ry sommige sondae en roomys verkoop."Annatjie K Joubert

"Die een wat elke dag nog dieselfde deuntjie voor my deur verby dreun is net groen nie pienk nie." Flip Minnaar

Kyk ook hier vir nog foto's.

Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!

Friday 28 June 2019

Raak betrokke en reik uit

Ons Huis benodig die volgende: 

Elektriese skeermesse
Ensure-aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
KOMBERSE vir die winter
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels vir die onderdakstoepe.
Toiletware
Wol vir ons wolklublede

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Tuesday 25 June 2019

Dankie aan al ons getroue lesers!!


Vadersdagbederf ...

Baie dankie aan Helping Hand Care wat die inwoners kom bederf  het vir Vadersdag. Die inwoners van Ons Huis het dit so geniet en sou nie omgegee het as elke Sondag Vadersdag was nie.




Monday 24 June 2019

Gaan groen en plant 'n boom!

ACVV Kimberley GAAN GROEN. Hulle het 'n besoek aan Leratopark gebring en saam met die kinders 'n boom geplant. Dankie, kollegas!!

Dit is belangrik dat hierdie gedagte reeds vroeg in die kindergemoedere moet wortel skiet.

Saturday 22 June 2019

Warm wintervakansiewense!

Ons Huis se inwoners geniet julle groot geskenke elke dag - vir ons voel dit soos vakansie. Ons hoop dat elkeen van julle by Laerskool Eureka 'n heerlike warm wintervakansie het. Julle is meer as welkom om vir ons te kom kuier! Nog foto's hier.

A true grandmother ...


Friday 21 June 2019

Thursday 20 June 2019

Wednesday 19 June 2019

Monday 17 June 2019

Friday 14 June 2019

n Groot-uit-die-hart-dankie vir omgeeharte

Laerskool Eureka se leerders bring 'n blombesoek aan Ons Huis. Nie net het hulle die inwoners met heerlike eetgoed bederf nie, maar Kersfees het inderdaad vroeg gekom. Hulle het 'n plat skerm TV-stel, 'n DVD-speler, linne en 'n elektroniese Bybel geskenk. Dankie dat julle ons inwoners na waarde skat. Julle moet die vakansie geniet en onthou: Julle is altyd welkom by Ons Huis!! Nog foto's hier.



Let God's promises shine on you ...

Thursday 13 June 2019

Raak betrokke!


Voel u gereed om as vrywilliger werker u hulp aan te bied? Ons Huis het u hulp dringend nodig!

HOE KAN EK HELP?

Help verswaktes om te eet. 
Kom gesels en kuier saam met ‘n inwoner.
Kom lees en bid vir die inwoners.
Kom hou huisgodsdiens.
Organiseer/help met/ondersteun fondsinsamelingsfunksies.
Borg ‘n inwoner t.o.v. versorgingstekorte/toiletbenodigdhede.
Bring gebruikte klere vir ons klerewinkel.
Bring heerlike tuisgebak vir ons teetyd.
Lewer kommentaar (voorstelle & kritiek) ter verbetering van die diens aan die inwoners.
(Dit is altyd welkom - dit verseker dat ons die beste diens kan lewer.)
Bid vir Ons Huis se inwoners en personeel.

Wednesday 12 June 2019

Monday 10 June 2019

Sunday 9 June 2019

Waaroor gaan die lewe nou eintlik?

Weet julle toe ek vanoggend wakker word, toe vra ek myself die vraag: "Wat is die nut?"

Waaroor gaan die lewe nou eintlik? Is dit nog alles die moeite werd?

Toe tref dit my: Die antwoord lê reg daar om my in my eie kamer!
Die waaier sê: "Be cool!"
Die plafon sê: "Mik hoog!"
Die venster sê: "Kyk na die wêreld daar buite."
Die horlosie voor my bed sê: "Elke minuut van jou lewe is só kosbaar."
Die kombers sê: "Soos God belowe in Sy Woord, het Hy jou laasnag beskerm."
Die spieël sê: "Jy is uniek in God se oë."
Die kalender sê: "Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe!"
Die deur sê: "Druk hard om jou doel te bereik!"
Die mat sê: "Gaan af op jou knieë en dank God vir 'n nuwe dag!!"

[Dankie, Johann Genis wat hierdie gedagte met ons gedeel het.]

Friday 7 June 2019

Thursday 6 June 2019

Wêreldbreidag ...

Vandag is die dag om hierdie baie skaars vaardigheid te beoefen en sommer iets vir die kleinkinders te brei.

Wednesday 5 June 2019

Tuesday 4 June 2019

Vandag is drukkiedag vir katte ...

In die tuine en tuinpaadjies van Ons Huis wandel die viervoetiges en lê dikwels uitgestrek in die roosbedding, besig om hulle te verlekker in die warm sonstrale van die winterson.

Skraap een van die gemeenskaplike vriendjies nader en gee hom sommer 'n ekstra drukkie, net omdat hy met sy katpootjies liefde van mens tot mens uitdeel.

Hug Your Cat Day ...

Today is Hug Your Cat Day. Go ahead and give your cat a big, furry hug.

Cat lovers can really get into this day. If you're a cat lover, you can really appreciate the warm, cozy feeling you get when you curl up on a couch or chair, and hug your cat. The only problem is, your cat will most likely only allow a brief hug before sauntering away. If your cat is a true hugger, count your blessings.

Dog lovers ... sorry, but hugging your dog will not suffice. If you are going to be "into" this day, you simply must hug a cat ... your cat.

You don't have a cat? You can correct this today. The month of June is "Adopt a Cat Month".