Thursday 13 June 2019

Raak betrokke!


Voel u gereed om as vrywilliger werker u hulp aan te bied? Ons Huis het u hulp dringend nodig!

HOE KAN EK HELP?

Help verswaktes om te eet. 
Kom gesels en kuier saam met ‘n inwoner.
Kom lees en bid vir die inwoners.
Kom hou huisgodsdiens.
Organiseer/help met/ondersteun fondsinsamelingsfunksies.
Borg ‘n inwoner t.o.v. versorgingstekorte/toiletbenodigdhede.
Bring gebruikte klere vir ons klerewinkel.
Bring heerlike tuisgebak vir ons teetyd.
Lewer kommentaar (voorstelle & kritiek) ter verbetering van die diens aan die inwoners.
(Dit is altyd welkom - dit verseker dat ons die beste diens kan lewer.)
Bid vir Ons Huis se inwoners en personeel.

No comments:

Post a Comment