Tuesday 30 January 2018

Monday 29 January 2018

Sunday 28 January 2018

Friday 26 January 2018

Wednesday 24 January 2018

Tuesday 23 January 2018

Pannekoek (van een van die Noord-Kaapse oumas)

Bestanddele:


1. 1 koppie meel
2. ¼t sout
3. ¼t bakpoeier
4. 1¼ koppie melk
5. 2 eiers
6. 1E sodawater*/water/brandewyn
7. gewone kookolie
8. kaneelsuiker (meng suiker en kaneel)

Metode:

1. Sif die eerste 3 bestanddele saam, die meel, bakpoeier en sout.
2. Meng geleidelik die melk by, terwyl jy klits.
3. Voeg daarna die eiers en water by en klits goed om seker te maak daar is geen klontjies nie.
4. Verhit ’n kwart teelepel olie in ’n pan. Skep ’n groot lepel van die beslag in die pan en kantel die pan na die kante toe om seker te maak die beslag bedek die hele pan.
(As die beslag te dik is, roer nog ’n lepel water/sodawater by.)
5. Bak die pannekoek vir ’n paar sekondes tot ligbruin, draai die pannekoek om en bak aan die ander kant.
6. Sit voor met kaneelsuiker en 'n skyfie suurlemoen om die soetigheid te breek.

* (Sodawater gee 'n ligte tekstuur aan die pannekoek!)
[Hierdie resep is nie voor publikasie getoets nie - u bak op eie risiko!!!)

Scars are lighthouses...


Sunday 21 January 2018

Friday 19 January 2018

Thursday 18 January 2018

Wednesday 17 January 2018

Tuesday 16 January 2018

Monday 15 January 2018

WAT DIE OUDERDOM ONS LEER

1. Om oud te word is verpligtend, om groot te word is opsioneel.

2. Vergeet die gesondheidskosse; ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan
inkry !

3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog alles kan doen, terwyl jy daar onder lê, sodat
dit minstens die moeite werd was.

4. Jy weet jy word ouer wanneer ’n skommelstoel jou dieselfde sensasie verskaf as wat ‘n “roller coaster” gedoen het jare gelede.

5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie.

6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige.

7. Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds kom net die grysheid.

8. Jou sig verbeter met die ouderdom want jy hou die boek al verder weg van jou oë af.

9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter.

10. Plooie maak nie seer nie.

Saturday 13 January 2018

Friday 12 January 2018

Thursday 11 January 2018

Wednesday 10 January 2018

Vlugfiks?

Ken jy daardie alombekende vlugposisie? Dit is wanneer jy heeltyd oor jou skouers kyk terwyl jy weghardloop van die lewe af. Is jy al so gewoond daaraan om te probeer ontsnap van stukkende verhoudings, of van al die seer en sleg van die lewe dat jy dit outomaties elke dag doen? Wel, hier's goeie nuus as die lewe deesdae net jou rugkant en jou vlugkant sien: jy kan nooit vir Christus weghardloop nie. Jy hardloop elke keer in Hom vas. Nee, Hy is nie net agter jou nie, maar ook voor jou. O ja, en langs jou, bokant jou, onder jou en deur Sy Gees in jou.

As jy tans die vlugposisie doen, dan kan jy die Here veral op een plek verwag — reg voor jou! Dit is presies waar Hy vandag is — hier reg voor jou met uitgestrekte arms. Elke slag en elke dag wag Hy jou van voor af in. Hy wil jou wonde verbind en 'n feesmaal saam met jou hou. Soos die pa van die verlore seun daar in Lukas 15 wil Hy sy genade ruimskoots met jou deel. Maak net jou oë oop en sien Christus voor jou op die pad raak.

Vrede
Stephan Joubert

[eKerk sal altyd gratis bly, maar ons het jou volgehoue ondersteuning nodig om ons webblaaie, noodprogramme en nuusbriewe te laat dryf.]

Ons hoef niks te vrees nie...


Tuesday 9 January 2018

Twee geslagte was al inwoners...

Ronell en Alda Pienaar wat ook graag hoede van
Miem Jacobs gedra het.
Baie dekades terug was mnr. en mev. Van der Bank inwoners van Ons Huis. Hulle was van Douglas, waar mnr. Van der Bank 'n plaasbestuurder was. Hulle een dogter, Miem Jacobs, was baie jare later ook 'n inwoner van Ons Huis.

Miem Jacobs het al die jare in Freemanplek 3A gebly en almal in Kimberley het die kort, klein kunstige vroutjie geken. Sy was kreatief en die kunstalent het sommer in sulke dik strome deur haar are geloop. Sy kon in verskeie mediums werk. Dit was net deel van wie sy was.

Sy het in die sestiger en sewentiger jare o.a. hoede gemaak. In daardie jare het almal hoede kerk toe gedra, biduur toe en na spesiale geleenthede. Sy het nie net hoede vir belangrike geleenthede gemaak nie, sy het ook hoede gemaak wat by jou persoonlikheid en jou hartsbegeertes pas.

Dit was nie ongewoon vir mense om met hulle rok of pakkie by haar aan te kom en dan moes sy 'n unieke hoed ontwerp om die uitrusting af te rond nie. Mense wat nie van winkelhoede gehou het nie, kon verseker wees dat dit wat jy gekry het, is dit wat jy graag wou hê. 

Sy het ook gereeld kursusse in hoedemakery aangebied, wat baie gewild was.

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]

Mind over matter...


Monday 8 January 2018

Sunday 7 January 2018

Saturday 6 January 2018

Friday 5 January 2018

Die ouderling met die waterwysvermoë...

Van ouderling Hawie gepraat, hy was 'n man van vele talente...

Die magnetiese veld van die aarde werk op baie mense en oom Hawie was een van hulle -  hy kon water wys! Kort nadat ds. JH Siebert in 1968 in die gemeente begin werk het, het die kerkraad besluit om te boor vir water.

Oom Hawie het die betrokke dag eers met 'n stok en daarna met 'n bottel water geloop... Voetjie vir voetjie het hy agter die kerksaal geloop... die ene konsentrasie in die maer lyf. Ondergrondse water werk op hom, dis 'n gawe wat hy het en wat hy tot voordeel van die kerk gaan aanwend... 'n hele klompie toeskouers hou die petalje dop - die wat glo dat dit werk en natuurlik is daar die skeptici wat in hulle hart hoop dit werk nie - die plek waar hulle kan boor, word gemerk.

Mev. Siebert het ook geloop en alhoewel sy ligte tekens van water gekry het, was dit nie naastenby so sterk soos oom Hawie s'n nie. 

Tot almal se groot vreugde word sterk water gekry en die boorgat voorsien vandag nog die kerkgronde van water!

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]

Aan al ons kleinkinders...

Die oupas en oumas van "Ons Huis" is baie trots op hulle matriek-kleinkinders wat ook hierdie mylpaal suksesvol behaal het.

Sterkte op julle lewenspad vorentoe.

Thursday 4 January 2018

Ons Huis se ouderling met 'n roeping!

DIE BESTUUR VAN DIE MSB
Voor: Mnre. PS Venter (sekretaris), AJ van
der Merwe (voorsitter), JP Havenga (o/voorsitter)
Agter: Ds. JH Siebert, FR Maré (tesourier)
Bron: Dutoitspan Kimberley
Mnr. JP Havenga of beter bekend as oom Hawie van Freemanplek, was definitief die aktiefste en getrouste ouderling in die bestaan van die NG Gemeente, Dutoitspan Kimberley. Hy was die ouetehuis, wat binne die gemeente se grense val, se ouderling... tot hulle groot voordeel.

Oom Hawie was iemand met 'n passie vir dit wat hy gedoen het en iemand wat nie te bang was om die ekstra myl te loop nie.

Hy was reeds in ds. WJ Steenkamp se tyd (https://dutoitspan.blogspot.co.za/p/predikante.html) in die vroeë sestigerjare, hulle ouderling.

Wat het oom Hawie so besonders gemaak?

Hy was elke dag dáár - hy het dienste vir die inwoners gehou, bidure, aandgodsdiens, saam met hulle tee gedrink, soms sommer vir aandete gebly, miskien die nuus saam met hulle gekyk, maar hy het altyd die belange van die inwoners op sy hart gedra. Elke Sondag in die konsistorie het hy verslag gedoen en was die predikant en die kerkraad op hoogte van elke sieke, elkeen wat 'n familielid aan die dood moes afstaan, vreugdes van kinders en kleinkinders, maar hulle het ook geweet wie 'n behoefte aan 'n predikantsbesoek gehad het.

Hy het altyd ouetehuis toe gestap en praatjies langs die pad met mense en gemeentelede aangeknoop. Nooit weer was daar 'n ouderling van sy kaliber nie. Met sy afsterwe het die ouetehuis hulle ambassadeur verloor.  

Elke aftree-oord het eintlik 'n ouderling soos oom Hawie nodig!!

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]

Wednesday 3 January 2018

Genade...

Lees van die wonderlike genade wat vir ons as mense hoop
gee in vandag se lewe!

Monday 1 January 2018