Tuesday 23 January 2018

Pannekoek (van een van die Noord-Kaapse oumas)

Bestanddele:


1. 1 koppie meel
2. ¼t sout
3. ¼t bakpoeier
4. 1¼ koppie melk
5. 2 eiers
6. 1E sodawater*/water/brandewyn
7. gewone kookolie
8. kaneelsuiker (meng suiker en kaneel)

Metode:

1. Sif die eerste 3 bestanddele saam, die meel, bakpoeier en sout.
2. Meng geleidelik die melk by, terwyl jy klits.
3. Voeg daarna die eiers en water by en klits goed om seker te maak daar is geen klontjies nie.
4. Verhit ’n kwart teelepel olie in ’n pan. Skep ’n groot lepel van die beslag in die pan en kantel die pan na die kante toe om seker te maak die beslag bedek die hele pan.
(As die beslag te dik is, roer nog ’n lepel water/sodawater by.)
5. Bak die pannekoek vir ’n paar sekondes tot ligbruin, draai die pannekoek om en bak aan die ander kant.
6. Sit voor met kaneelsuiker en 'n skyfie suurlemoen om die soetigheid te breek.

* (Sodawater gee 'n ligte tekstuur aan die pannekoek!)
[Hierdie resep is nie voor publikasie getoets nie - u bak op eie risiko!!!)

No comments:

Post a Comment