Tuesday 30 May 2023

Dinsdag-denke: Klee jouself reg

Klere is vir die meeste van ons baie belangrik. Die meeste van ons hou van nuwe en mooi klere.

Paulus sluit aan by ons liefde vir klere wanneer hy in Kolossense 3:12-14 sê dat ons as gelowiges ons ook op ‘n sekere manier geestelik behoort te klee.

Hy sê: “Klee julle met nederigheid, begrip, goedgesindheid, sagmoedigheid, geduld, vergifnis en liefde.”

Ek dink dis goeie raad vir die tye waarin ons ook lewe, vol spanning en onverdraagsaamheid teenoor mekaar. Dit wil voorkom of mense aggressiewer en wreder word.

Kyk maar net hoe woedend raak ons op die paaie of hoe ongeduldig is ons wanneer ons in die lang toue moet staan en wag. Dit lyk dan beslis nie of ons na Paulus geluister het en ons geestelike klere aangetrek het nie. Dit lyk eerder of ons dit by die huis gelos het.

Paulus stel voor dat ons begrip aantrek en sien hoe dit pas. Stel jouself in iemand anders se skoene. Probeer verstaan hoekom iemand op ‘n spesifieke manier optree. Daar is dalk ‘n baie goeie rede voor.

Trek goedgesindheid bo-oor aan: in jou huwelik, met jou eie kinders en ook in jou klas - soek na dit wat in jou maat, jou kinders se beste belang is. Bederf jou maat en probeer meer doen as wat daar van jou verwag word, met ander woorde wees goed vir die ander een.

En dan nederigheid. As daar nou ooit ‘n gebied is waar trots, die behoefte om reg te wees en die stryd om mag voorkom, dan is dit in ‘n huwelik. Die gebrek aan nederigheid lei tot elke moontlike stryd. Nederigheid is om jou eie foute te erken en te erken dat die ander een ook ‘n sê het.

Sagmoedigheid is nog ‘n waardevolle kledingstuk in die lewe. Dit is om nie opvlieënd of humeurig of rusiemakerig of aanvallend te wees nie, veral in die moeilike omstandighede waarin ons ons tans bevind. Ons kan elkeen met ‘n paar kledingstukke van sagmoedigheid doen.

Geduld is ‘n noodsaaklike kledingstuk. In ‘n huwelik, ouer-kindverhouding, en in die klas, het ons geduld nodig. In verhoudings het ons die vermoë om partykeer mekaar se verkeerde knoppies te druk. Geduld verg humor.

Nog noodsaaklike kledingstukke is verdraagsaamheid en vergifnis. Daar is baie wat in verhoudings verdra moet word. Nêrens anders nie as in die huwelik en tussen ouers en kinders het ‘n mens herhaaldelik nodig om te sê: “Ek is jammer”; “Ek was verkeerd”; “Ek is lief vir jou”. Vra en gee vergifnis so dikwels as nodig.

Bo-oor al die klere sê Paulus, trek liefde as ‘n oorjas aan. Die onvoorwaarlike soort liefde, dié soort wat sê ek het jou lief, maak nie saak wat nie. Hierdie is nie van natuurlike stof gemaak nie. Dit is van geestelike goed geweef. Jy kan dit nie uit jou eie krag skep nie, jy het die Here nodig.

Mag God deur Sy gees aan ons die genade gee om ons elke dag só te klee.

Ds. Janine Bevolo-Manders (Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord)

[Nog kosbare stories HIER]

Monday 29 May 2023

Child protection week: 29 May - 5 June 2023


 Click HERE for more information.

God wat voorsien

Vandag se internetgebed vir jou

Vader, dankie vir u volmaakte liefde.
Wys my asseblief hoe ek U beter kan leer ken.
Help my om mense lief te hê soos U dit doen.
Wys my asseblief wat U wil hê ek volgende moet doen.
Dankie, Here.
Amen.

Sunday 28 May 2023

Gedig: Laaste keer

As ek geweet het dis die laaste keer
dat ek jou aan die slaap sou sien raak,
sou ek meer moeite gedoen het
om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer
wat ek jou by die deur sien uitloop,
sou ek jou gedruk en gesoen het -
en jou teruggeroep het vir nog 'n drukkie.

As ek geweet het dis die laaste keer
dat ek jou stem sou hoor,
sou ek dit op band opgeneem het
sodat ek dit weer en weer kon speel.

Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is
om alles te doen wat ons graag wil,
maar sê nou vandag was die laaste kans!

Die Bybel sê:

"Ons is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn
en sommer weer verdwyn."

Kom ons maak vandag tyd om te sê:
"Ek is jammer." of  "Dankie!"

As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit!

[Strelitzia Samesyn]

Friday 26 May 2023

'n Groot dankie aan Ons Huis se engele


'n Uit-die-hart-dankie van ons almal hier in Ons Huis
wat so geseënd is om een maal 'n maand saam met
julle te kan kuier. Dankie vir julle wat soms gedurende 
die week 'n vinnige draai hier maak en altyd na ons stories
luister ... so 'n kuiertjie is die hoogtepunt van ons dag.

Angels: Moedersdagterugblik 2023

"Ma-wees is ’n voltydse werk, maar vir ons hier in Ons Huis is dit nou verby. Ons lekkerste werk is nou ouma-wees. Ons kinders is groot en ons jare terug se kinderbekommernisse het nou hulle s'n geword. Maar Moedersdag bly nog elke jaar vir ons spesiaal. En 2023 se Moedersdag is deel van ons skatkis van lekker onthoudinge."

Ons Huis Angels het kleur aan die dag verleen en sommer ook die dag korter gemaak, veral vir diegene wie se kinders ver bly en wat so via 'n zoom-gesprek goeie wense en 'n virtuele drukkie van die ver-kinders gekry het.

Die engele het gebak en gebrou - 7 verskillende soorte lekkernye om saam met 'n koppie tee te geniet. Dan is daar ook koekies en chips uitgedeel om daardie aand as elkeen in sy of haar kamer is en na die nuus op TV kyk, te herkou aan die vreugde, glimlagte en drukkies wat so mildelik in die eetsaal uitgedeel is.

Millie Mouton en Percy Bell






(Inligting: Millie Mouton)

Thursday 25 May 2023

Angels is die omgee-engele van Ons Huis

‘n Mens wonder altyd hoe ’n engel lyk? 

Daar is gedurig engele om ons. Ons moet net leer om hulle raak te sien.

Hierdie engele is doodgewone mense, soos ek en jy, wat altyd daar is op die regte tyd en die regte plek om ons te help, te bemoedig, te ondersteun, of sommer net om ons te bederf of ons emosionele energie 'n hupstoot te gee.

Angels is 'n groepie wat liefde en omgee prakties uitleef en elke besoekie is 'n hoogtepunt. 

Hierdie groepie mensengele is ...
  • Cherine Senekal (aan roer van sake)
  • Annette Cameron
  • Betsie du Plessis
  • Christa Jaquire
  • Forbie Klindt
  • Jacoba du Plessis
  • Jolande de Wet
  • Millie Mouton
  • Percy Bell
  • Talana van Wyk 
[Dankie, Millie, vir die inligting.]

Die boemelaar

Vuil en woes bebaard
in 'n smal stink agterstraat
in Hillbrowse swakste buurt -
lê 'n besope boemelaar en sy maat 
nog glad nie nugter na gisteraand se bottel blou ...
waaraan hy nog steeds krampagtig vasklou ...

Die eerste ligstraal val oor die koerantbesaaide pad,
en 'n ewe spookagtige silhoeët
so eie aan die deel van die stad
- dit is 'n swak eienskap wat hy het
nog glad nie nugter na gisteraand se bottel blou -
waaraan hy steeds krampagtig vasklou

En elkeen wat in so 'n lewe verval
se toekoms is verpletter
en met elke teug en elke sluk
verval hy verder ... verder
die verderf kom nader
"Is so 'n lewe die moeite werd, Vader?"

[Sunelle Fouché]

Klik HIER vir verhaal oor boemelaar.

Tuesday 23 May 2023

Dinsdag-denke: Ons lewens is in mekaar geweef

Muis loer deur ‘n kraak in die muur van die plaashuis en sien dat die boer en sy vrou besig is om ‘n pakkie oop te maak. Hy wonder wat se kos daar dalk in die pakkie kan wees. Met skok sien hy dat dit ‘n muisvalletjie is!

Hy retireer na die plaaswerf en roep ‘n waarskuwing luid uit: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”

Die hoenderhaan het gekloek, in die grond gekrap, sy kop opgelig en gesê:“ Mnr. Muis, ek besef dat jy baie besorg hieroor is, maar dit raak my glad nie”.

Die muis draai toe na die vark en vertel hom: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis. Die vark het ook met die arme muis gesimpatiseer en gesê: “Ongelukkig kan ek niks daaraan doen nie, maar ek sal bid. Wees verseker, jy is in my gebede.”

Die muis draai hierna na die koei en sê: “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!” Die koei reageer toe as volg: " Haai, mnr Muis, ek is so jammer vir jou, maar dit raak my gelukkig nie.”

Die muis het hierna, met geboë hoof en baie neerslagtig teruggekeer na die huis om die boer se muisvalletjie te weerstaan - alleen ... stoksielalleen!

Dieselfde nag kon ‘n geluid deur die hele huis gehoor word - die geluid van ‘n muisvalletjie wat sy prooi gevang het!

Die boer se vrou het gehardloop om te sien wat die valletjie gevang het. In die donker het sy nie gesien dat dit ‘n giftige slang se stert was wat in die slagyster gevang is nie.

Die slang het die boer se vrou gepik! Die boer het haar na die hospitaal gehaas Met haar terugkoms by die huis het sy nog koors gehad. Almal weet dat mens koors met vars hoendersop behandel.

Die boer het by die huis uitgestap met sy handbyltjie om die hoof bestanddeel van die sop te gaan haal. Maar die boervrou se siekte het voortgeduur. Vriende en die bure het die hele dag en nag by haar bed gewaak. Om kos vir hulle voor te sit het die boer die vark geslag.

Maar helaas! Die boervrou het nie gesond geword nie. Sy het gesterf. Baie mense het vir die begrafnis gekom. Die boer het die koei geslag om vir almal vleis te kon gee.

Die muis het deur die kraak in die muur alles met groot droefheid gade geslaan.

So, die volgende keer wanneer jy hoor dat iemand ‘n probleem het en jy dink dat dit jou nie regtig aangaan nie, onthou ...

Wanneer een van ons bedreig word, is almal van ons in gevaar. Ons is almal betrokke in hierdie tog wat “lewe” genoem word. Ons moet ons oë oophou vir mekaar en ‘n ekstra poging aanwend om mekaar te bemoedig.

ONTHOU! ELKEEN VAN ONS IS ‘N DRAAD IN DIE TAPISSERIE VAN ANDER MENSE. ONS LEWENS IS IN MEKAAR GEWEEF VIR ‘N REDE.

[Nog kosbare stories HIER]

Monday 22 May 2023

Vandag se internetgebed vir jou: Heer, waar sal ons tog gaan?

Moeg gedra aan my vrag sonde
Siek en moedeloos van binne
Sien my Heer, vir u genade smeek
Sien my voor U kniel, O Heer
Hier voor u Kruis lê ek my neer
Om hier te leef of hier te sterf.

Oor en oor het ek vergeefs probeer
Op elk manier my pyn te stil
Nou is menslik hoop vergeefs
Net dit is oor, ten laas
Hier voor u Kruis lê ek my neer
Om hier te leef of hier te sterf.

Sou ek hier te sterwe kom
By die Vriend van sondaars
Weet ek dit is genoeg, O Heer
Nooit sterf `n sondaar by U voet
Hier voor u Kruis lê ek my neer
Hier kan ek, kan ek, nooit tot sterwe kom ...

(Vrye vertaling van ou Gesang ‘Lord to whom shall we go?
Rev George Wade Robinson 1838 tot 1877’ - Kliek hier vir oorspronklike)

Sunday 21 May 2023

My naam is spyt ...

Almal ken my, ek het al met so baie mense kennis gemaak. Almal reken my intensies is goed, maar ek is altyd net-net te laat.

Ek hoor dikwels my naam by begrafnisse: "Ek is spyt dat ek nie meer tyd saam met hom/haar kon spandeer het nie."

Ma's: "Ek is spyt dat ek so min tyd saam met my kinders deurgebring het. Ek was so behep met skoonmaak en wie onthou vandag my skoon huis?"

Pa's: "Ek is spyt ek was so outokraties in my denkwyse, besluite en handeling."

Kinders: "Ek is spyt ek het nie harder op skool gewerk nie. Ek kon soveel beter doen. Ek kon maklik 'n beurs gekry het om verder te studeer en sodoende my ouers finansieel help."

In Afrikaans is daar die idioom: "Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat."

Erken dat UITSTEL en SPYT twee onlosmaaklike karperde is ... die een gee dikwels aanleiding tot die ander een. Gaan sit en besin oor die manier wat jy altyd optree. As jy 'n uitsteller is, gaan jy dikwels spyt wees. Stuur nou daardie boodskap, bel nou daardie famillielid, sê nou dankie vir die bestuur van Ons Huis wat in moeilike omstandighede die leisels vashou, kry nou jou persoonlike dokumente in orde en maak nou die saak met jou Skepper reg.

Friday 19 May 2023

Lief en leed: Ons groet vir John O'Ehley

Wat ek is, is net genade,
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my, Heer, vanaand daarheen.
[Gebed van Koos du Plessis]

’n Geliefde inwoner van Ons Huis en 'n jarelange gemeentelid van Dutoitspan, John O'Ehley (76), is gisteroggend oorlede.

Hy stap vanaf 1992 'n pad met Dutoitspan-gemeente. 'n Vriendelike, innemende mens met 'n blymoedige geaardheid - 'n fyn waarnemer. 

Hy was 'n baie getroue kerkganger en al kon hy 'n geruime tyd nie meer hoor nie, wou én het hy elke Sondag kerk toe gekom. Pieter Britz het hom Sondae kerk toe gebring. Dit was sy gebruik om altyd so 'n uur voor die diens sy plek in te neem en dié tyd dan te gebruik om te bid. 'n Stille voorbeeld vir ons almal. 

Die troosdiens is Vrydagoggend, 26 Mei om 10h00 in Ons Huis se siekeboeg. Dit sal deur ds. Ensie gelei word.

Rus in vrede, liewe oom John. 

Resep: Onfeilbare hoenderpastei

Bestanddele
1 kg afgekookte hoendervleis (sowat 4 kg rou hoender)
250 ml dik witsous
150 g gerasperde Cheddarkaas
50 ml mayonnaise
1 klein blikkie sampioene, gedreineer
2 geklitste eiers
Sout en peper na smaak
1 rolletjie klaar blaardeeg, in yskas ontdooi

Metode
Meng alle bestanddele, behalwe deeg en skep in vuurvaste bak. 
Sit deeg bo-oor.
Verf  bietjie ekstra geklitste eier oor.
Bak by 200 gr C vir 25-30 min. of tot lekker bruin bo-op.

Variasie
Jy kan deeg onderin bak ook sit, verf dan net die deeg met geklitste eier om te voorkom dat deeg sag is en nie deurbak nie. Hierdie resep kan vir klein pasteitjies ook gebruik word.

[Uit: Die Pienk Boekie: Nuusbrief nr. 93, Maart 2011  - Jeanetta du Preez]    

Klik HIER vir nog resepte.

Thursday 18 May 2023

Koffiehuiskonsert: 26 Mei 2023

LAG GEWAARBORG!!
Koop jou kaartjies betyds!!


Plek: Dutoitspan-kerksaal (Hier waar jy jou swaarkry-bekommernis kan vervang met lekkerkry-lag - met apologie aan Langenhoven.)

Nooi jou familie, bure, vriend en vyand om teen R10 per persoon te ontspan - beter as enige TV-program.  

Kontak: Pieter Britz by 082 290 2104 vir kaartjies vir die hele gesin.
Kerkkantoor: 053 842 1100 vir die winskoop van die jaar!

Moenie te laat wakkerskrik nie - beperkte aantal sitplekke!!!

Wednesday 17 May 2023

Perspektief die verskil

Haar kostelike vierjarige uitkyk op hierdie saak het my net weer laat besef dat die lewe eintlik in wese 'n saak van perspektief is.

Sy word groot in die stad. In haar bestaan van vier jaar, ken sy net die stadslewe - 'n vinnige Gauteng-lewenstyl - en het sy reeds 'n bepaalde manier van dink. So, wanneer sy die vakansie by ouma en oupa op die plaas kuier, beleef sy soms dinge wat by ander sal verbygaan.

So het ek al vertel dat sy graag na die voëltjies sit en luister omdat sy hulle nie meer in die stad hoor nie. Desembervakansie kuier sy soos gewoonlik by oupa en ouma. Vandag gaan hulle dorp toe. Lysies word gemaak, beplanning word gedoen. Soos dikwels op die platteland is Vrydag almal se inkopiedag.

Op so 'n dorp-toe-gaan-dag is die dorp 'n bedrywigheid. Vir ons wat grootword op klein dorpies is 'n donkiekarretjie nie iets vreemds nie. Dit is ook dié eienaar se inkopiedag.

Met die sien van die donkiekarretjie het die wêreld vir haar gaan stilstaan. Sy gaan roep almal. Hulle moet dadelik kom kyk. Almal moet stilstaan. Almal moet sien: "Daar kom 'n koets! 'n Rêrige-êrige koets!" Vir die man wie se voertuig dit is, is dit sekerlik sy koets. Vir ons wat al 'n voertuig gehad het, kan ons moeilik daarna kyk as die gerief van 'n koets.

Vir haar wat vier jaar oud is, is daar net een werklikheid. Hierdie is 'n rêrige koets. Sy kan nie verstaan hoekom hy al die groot dorpe misry en hier kom rondry nie. Haar ma moet dadelik gebel word, haar boetie en sussie moet ingelig word. Hier, vandag, het sy 'n rêrige koets gesien.

Die lewe is 'n saak van perspektief, né? Ek hoop die donkiekarretjies in jou lewe is nog vir jou 'n koets.

[Ds. Hannes Noëth] 

Please support ACVV this winter



Please support ACVV this winter. Any donations can be dropped off at ACVV 14 Halket street, New Park, Kimberley.
If we need to pick up, please call the office on 053 831 5816

Woensdagwense: week 20

 

Tuesday 16 May 2023

Dinsdag-denke: Die plaaswerfeend

'n Trop wilde eende was besig om in formasie noord vir die winter te vlieg. Hulle het ‘n pragtige V in die hemelblou lug gevorm en is bewonder deur almal wat hulle sien vlieg het.

Eendag het Wallie, een van die wilde eende in die formasie, iets op die grond opgemerk wat sy aandag getrek het. Dit was ‘n plaaswerf met ‘n trop mak eende wat op die plaas gebly het. Hulle het die hele plaaswerf vol gewaggel en baie gelukkig gekwaak en heerlike mielies geëet wat elke dag vir hulle gegee word. Wallie het baie gehou van wat hy sien en het by homself gedink dat daardie mielies darem nou baie lekker sal smaak. Die hele tyd se gevlieg is baie uitputtend en hy sal glad nie omgee om net so bietjie rond te waggel op die plaaswerf nie.

Nadat hy vir so wyle die sakie bepeins het, besluit hy om die tropformasie te verlaat en duik hy af na links op pad na die plaaswerf. Hy land tussen die mak eende en begin saam met hulle rond te waggel en baie gelukkig te kwaak. Hy verlustig homself aan die heerlike mielies wat hulle gevoer word. Die res van die trop wilde eend hou aan met hulle tog na die noorde, maar dit pla Wallie glad nie. “Ek sal weer by hulle aansluit wanneer hulle oor ‘n paar maande weer hier verbykom op pad suide toe,” sê hy vir homself.

‘n Paar maande het verby gegaan en op ‘n dag merk Wallie die trop wilde eende op wat op pad suide toe is. Hulle lyk so pragtig daar bo in die lug en Wallie het nou al baie moeg begin raak vir die plaaswerf. Die plaaswerf was modderige en oral waar hy waggel is daar net eendvere en gemors. “Dit is tyd om te vertrek,” sê Wallie vir homself.

Wallie het verwoed begin om sy vlerke te klap en probeer om in die lug te kom, maar hy het heelwat gewig opgetel van al die mielie-etery en hy het vir ‘n lang tyd glad nie sy vlerke geoefen nie.

Uiteindelik kom hy van die grond af, maar hy vlieg so laag dat hy teen die heining van die plaaswerf vasvlieg. Hy val op die grond met ‘n harde slag en sê vir homself: “Ag wat, ek sal nog eers wag wanneer hulle oor ‘n paar maande weer noord vlieg en hier verby kom, dan sal ek by hulle aansluit en weer ‘n wilde eend wees.”

Maar toe die trop wilde eende weer ‘n paar maande later verbyvlieg, het Wallie weer probeer om in die lug te kom, maar hy het eenvoudig net nie genoeg krag gehad nie. Elke winter en somer het sy wilde eend vriende oorgevlieg en na hom geroep, maar al sy pogings om uit die plaaswerf te kom was tevergeefs.

Later het Wallie glad nie eens meer aandag geskenk aan die wilde eende wat oor die plaaswerf vlieg nie, hy het hulle nie eens meer opgemerk nie. Hy het na alles ook maar net ‘n plaaswerfeend geword.

Soms word ons moeg om die eend te wees wat ons veronderstel is om te wees - navolgers van Jesus Christus. Dit is nie altyd maklik om gehoorsaam aan God te wees nie en om onsself so te dissiplineer om vas te hou maak nie saak hoe lank die tog is nie. Wanneer ons so swak en moedeloos voel is dit wanneer satan ons versoek om uit die formasie te val en aan te sluit by die plaaswerfeende - ‘n wêreldse lewenswyse.

Maar kyk wat het met Wallie gebeur. Hy het gedink hy sal net vir ‘n klein rukkie uit formasie val en hy sou kon vertrek net wanneer hy wou. Maar hy kon nie en dit is hoe dit gaan met sonde in ons lewe. Sonde is ‘n strik en het die manier om ons te verander in mense wat ons nie wil wees nie. Uiteindelik verloor ons kontak met wie ons rêrig is - die seuns en dogters van die Allerheiligste. Ons het plaaswerfeende geword.

[Nog kosbare stories HIER]

Monday 15 May 2023

Vandag se internetgebed vir jou

Dankie, God, vir nog `n dag,
'n geleentheid om na U wil te leef
om weer die vreugde van die lewe te voel
en die blydskap te ervaar van gawes aan ander

Dankie vir vriende wat verstaan
En die Vrede wat vloei uit U liefdevolle hand

Help my om wakker te word met die oggendson
Met die gebed vir vandag: ‘U wil geskied....’

Want met U hulp, sal ek die reguit pad loop
Dankie weer, o God, vir vandag ...

Anoniem

Sunday 14 May 2023

Resep: Freda se pynappeltert

Benodigdhede (Groot tert)
1 blik Idealmelk
1 blik kondensmelk
1 groot blik fyn pynappel
2 pakkies pynappeljellie
2 pakkies Tennisbeskuitjies

Metode
1. Sit die kondensmelk en Idealmelk die dag vantevore in die yskas.
2. Klits Idealmelk styf.
3. Maak jellie aan met 1 koppie kookwater.
4. Laat die jellie koud word en gooi die kondensmelk by die jellie en meng.
5. Gooi pynappelmoes by.
6. Meng alles met styfgeklitste idealmelk.
7. Pak boom van tertbak met beskuitjies. Gooi die helfte van mengsel in. Pak weer beskuitjies, gooi die res van mengsel oor. Krummel beskuitjies bo-oor. Sit in yskas om te stol.

(Dankie, Freda du Plessis vir die heerlike tertresep)

Klik HIER vir nog heerlike resepte.

Moedersdag

Ons oumas ken die Here goed, want hulle praat al lank met Hom.
Baie dankie, Ouma, vir die voorbeeld wat u vir ons stel.
Ons is baie lief vir u.
Gelukkige Moedersdag vir elke ouma in Ons Huis.

Die hande van ‘n mamma ...

(Deel gerus met elke mamma, ouma en vrou ...)

Ek het ‘n neiging om na mense se hande te kyk. Deels seker as gevolg van die werk wat ek doen, want die hoeveelheid leidrade van onderliggende siektes wat mens op hande kan sien is werklik verstommend. Op Universiteit is ons geleer geen ondersoek is klaar as jy nie na ‘n pasiënt se hande gekyk het nie.

Ma’s se hande is nog altyd anders. So asof daar iets sags is. Die grofste vrou (en ek sê dit met alle respek) se hande is delikaat as sy ‘n mamma is. Dit laat my altyd wonder of die liggaam nie weet dat hierdie hande móét kan sag vat en sag werk nie. Dit voel ook net anders.

Ouer mammas wat lankal nie meer kinders in die huis het nie, se hande is steeds so. So asof dit altyd gereed is om te troos, te koester en te kalmeer. My ma se hande is so. Na al die jare lyk en voel haar hande steeds dieselfde. Ek vermoed dit is ook om kleinkinders sag te hanteer.

Elke lyntjie vertel ‘n verhaal. ‘n Storie van laat nagte opsit om ‘n koorsige kind te versorg. ‘n Storie van ‘n lekker dag van modderkoekies bak en grawe in seesand. ‘n Storie van vasdruk na groot hartseer en teleurstelling. ‘n Oomblik van blydskap. Daar is ook baie aande van bid oor bekommernis vasgevang tussen die lyntjies. Tye van teëspoed en moeilike dae is tussen die wonderlike tye vasgevang.

Soos ‘n mamma se hande ouer word, bly dit altyd ‘n mamma se hande. Sag, gereed vir aksie, reg vir vashou en vertroosting. Al is haar hande verouderd en verkneukel en is haar vingers skeef getrek van artritis, bly dit steeds ‘n plek van veiligheid en rustigheid.

Ek kyk elke dag na hande. Mammas se hande lyk anders. Ek weet nie presies wat dit laat anders lyk nie, maar dit so asof daar lig, liefde, kalmte en raak-vat daaruit straal.

Dit is ‘n bron van lewe. ‘n Fontein van liefde en geduld. ‘n Veilige plek weg van alles. ‘n Plek van rus. 

Dit is besonders ...

[Dr Owen - 12 December 2018

Klik HIER vir nog boodskappies.

Vandag se internetgebed vir moeders

Hemelse Vader,
dankie vir dié vroue wat bekroon is
om die titel “moeder” te dra.
Dankie vir die rol wat ons moeders
in elke huis vervul.
Dankie vir al die besondere gawes en kwaliteite
wat U aan ons moeders gee
om ‘n unieke en onmisbare rol te vervul.

Hemelse Vader,
gee asseblief aan ons moeders
stilwordtye aan die voete van Jesus,
sodat hulle aangeraak kan word
met wysheid en krag
vir die duisend take van elke dag.
Gee dat ons moeders daagliks sal skep
uit die fontein van lewende water,
sodat hulle dierbares
van die beker van vrede uit hulle hand kan drink.
Vul ons moeders se kruike,
sodat daar genoeg kan wees
om almal rondom hulle
met die helende olie van u liefde te salf.

Gee asseblief Here dat ons moeders
die moeders van gelukkige gesinne sal wees.
Daarom vra ons dat elke gesin die tien huisreëls sal leef
soos wat u Woord vir ons ons leer. Amen

[Besoek gerus die Moedersdagpreek van 2020 HIER.]

Saturday 13 May 2023

Resep: Hoendergereg vir Moedersdag

'n Vinnige resep om vir ma en ouma mee te bederf. 

Bestanddele
1 gaar hoender ontbeen en in stukke gesny
1 groot pak tamatie Simba chips of Big Korn Bites
1 blik geroomde sampioene
4 hardgekookte eiers (met vurk fyngemaak)
1 koppie gaar rys
125 ml mayonaise

Metode
Meng alles goed saam.
Voeg 2 pakkies hoenderroomsoppoeier opgelos in 750 ml water by.
Meng goed deur.
Bak in 'n vuurvaste skottel in matige oond vir 30 minute. 

Klik HIER vir nog resepte.

['n Terugflits aan Alida de Koker, 'n ouma, ma, tannie en vriendin wie se kop altyd vol nuwe en heerlike resepte was.] 

Friday 12 May 2023

The Train Metaphor


Imagine you’re at a train station ... Sat there on the side of the platform ... Watching trains come and go ... Just Waiting for your train to arrive.

Now let’s add another layer to this ...

Each train that arrives is a train that is built around a certain thought. And if you get on that train - you’ll feel that thought.

The first train that arrives is the ‘I’m-Not-Good-Enough‘ train.

That’s not where you want to go though ... so you don’t get on it. You look through the window and see how miserable all the passengers look.

The second train that arrives is ‘The-Future-Is-Bleak’.

You don’t want to go there either ... so you don’t get on that. You watch as many others jump on ... then immediately look stressed and worried. That train rolls off into the distance, thankfully.

Another train comes in ...

The 4.45 train to ‘I’m-Overweight-And-Ugly‘.

Again, you let it pull into the station and then just pull off without you getting on it. You just watch as the trains pull in ... then pull out ... and you don’t jump aboard because it’s not where you want to go.

Finally ...

You see a train approaching ... And as it pulls in you notice how at peace all the people on the train look.

How they all have smiles on their face and just look ... content.

You look up at the name of the train ...

It’s the 3.20 to ‘Everythings-Going-To-Be-OK‘.

That sounds like somewhere you’d like to go ...

So you jump aboard ... and immediately feel a deep sense of relief. Everyone on board is smiling at you as you find your seat.

And as you pull away ... you can see the difference between everyone on this train ... and the people who were aboard all the others.

This metaphor is how life works.

You can’t choose your thoughts ...

 ... but you can choose which ones to get on board with ... and that will create your experience ...

If you really let this settle in it is life changing ...

[*Dhamma Tāpasā is a Life Changing and inspirational Positive Coach, a certified NLP Practitioner, Mindfulness Trainer, a Motivational Speaker and a Published Author.]

Fiksheidswenke uit die Bybel

Sangoefening:
Met dankbaarheid in jul harte moet julle Psalms en lofsange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. (Kol 3:16)

Hand- & Knie-oefening:
Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. (Heb 12:12)

Hartoefening;
Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees. (Ps 51:12)

Nekoefening: 
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou. Kyk nie angstig rond nie, want ek is jou God. (Jes 41:10)

Ontspanningsoefening: 
Werp al julle bekommersnisse op Hom, want Hy sorg vir alles. (1 Pet 5:7)

Sielsoefening:
Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God. (Ps 42:2)

Gebedsoefening:
Ek strek my uit in gebed na U toe. (Ps 143:6)

[Klik HIER om na verlede Vrydag se oefeninge te kyk - dankie, Elmari, dat jy hierdie met ons deel!]

Thursday 11 May 2023

The Four Trees

Once upon a time in a land not too far away, four trees started to grow on top of a small hill.

Three of the trees are very selfish, arrogant and proud trees always boasting how big and tall they will become, teasing each other how they will live forever.

The fourth tree is all happy and content, just to be a tree.

As time passes the three proud and selfish trees spend all their days growing as tall and impressive as they can, boasting each and everyday how wonderful they will be

The fourth tree listens but is all happy and content, just to be a tree.

Many years pass and the three trees all look impressive and have grown straight and tall, but they have grown ever more arrogant, selfish and proud, boasting and teasing constantly how they are better than the other and how surly they will now live forever.

The fourth tree isn’t the best looking or the tallest but is all happy and content, just to be a tree.

The woodcutter comes along and cuts the three proud, arrogant trees down to the ground. The first tree is made into the City Gates the second tree a Great Warship and the third tree into a Great Place of Worship.

Each of the three trees is proud and happy of their new position in society, boasting that they are better than the other and how they really will live forever.

The fourth tree is all happy and content, just to be a tree.

A great army comes to attack, the City Gates are destroyed, the great Warship is sunk in the harbour and the Great Place of Worship burnt to the ground.

Only the fourth tree survives growing on the hill all happy and content, just to be a tree.

The fourth tree knows that it can not live forever. That the day must come when the fourth tree will too pass away,

But not before it sets seed to Four little Trees growing on that hill, all Happy and Content, Just To Be a tree!

Moral of Story: Impermanence is the nature of everything, when we truly know the impermanence in ourselves and others we understand how precious each and every moment is. All that matters in life is to live each moment truly happy and content just to be.

[Author: Dhamma Tapasa]

Tuesday 9 May 2023

Jesus-taal

"Antie! Antie!" hoor ek iemand agter my roep. Ek stap in die stofstrate van Rehoboth, suid van Windhoek in Namibië.
Ek steek vas.
Kyk om. 'n Klein vuil seuntjie hardloop na my toe.
Ek kyk die kind.
Ag Vader, hoekom is die kind so verskriklik lelik, dink ek.
Sjoe, iewers het hierdie reseppie lelik verkeerd geloop.
"Hello, my kind".
"Hello, Antie.
Kan ek Antie se kitaar dra?
Ek het Antie gehoor sing."
Ek haal my kitaarsak van my skouer af en haak dit oor syne.

Kaal gebarste voetjies loop 'n paar treë in stilte.
Hempie knoop af.
Broekie se gulp stukkend, aanmekaar gesit met draad.
"Antie?"
"Ja my kind?"
"Antie sing mooi. Ek was vol mossievleis. So "straight" mooi soos my ma sê."
Wie het vir Antie daai mooi stem gegee?"
"Seker maar Jesus, Seun."
"Ja, Hy het vir my ook een gegee."

Ons loop.
Weer dink ek aan die kind se lelike reseppie wat oral oor sy gesig geskryf is.
Regtig, Jesus?

"Wil Antie my hoor sing?"
Dalk maak sy stem op vir die gebrek aan skoonheid, rol dit deur my gedagtes.
"Asseblief, Seun".
Hy gee my kitaar terug.
Hy kry "pose" sodat hy sy "moves" saam sy lied kan maak.

Hy kyk my eers in die oë en maak seker hy het al my aandag en hy begin sing met 'n breë glimlag:

"Jesus het my mooi gemaak,
Jesus het my mooi gemaak,
my kop, my tone, my hande my voete,
Jesus het my so mooi gemaak."

Ek hurk.
Here, Here, wees my, sondaar, genadig!
Die trane vloei oor my wange, meng met die stof van Rehoboth se strate.
"Seun, kan jy my vergewe vir my lelike gedagtes asseblief? Jy is só mooi."
"Antie, ek weet nie wat Antie gedink het nie, maar Antie se oë praat nou Jesus."

Ek haal my kitaar uit.
Die wysie is maklik.
Ek slaan die kitaar en hy "jive" uitbundig sy "moves" in Rehoboth se stofstraat met boude wat boep staan. Ek "jive" saam soos 'n kind:
"Jesus het ons mooi gemaak ..."

Ek kyk sy gesiggie en ek sien sy glimlag praat Jesus ...

Mag jou oë ook Jesus praat met almal met wie jy vandag in aanraking kom. Liefde en omgee.
Moet hierdie net deel ... hoeveel keer is ons ook skuldig aan sulke gedagtes ...
* Skrywer onbekend

[Dankie, Valerie, dat jy vandag vir ons tot nadenke gestem het. Klik HIER vir nog inspirasie.]

Dinsdag-denke: Teddy se krale

Sy het voor haar graad 5-klas gestaan, en vir die kinders vertel dat sy hulle almal ewe lief het, maar soos die meeste onderwysers, het sy geweet sy vertel ‘n leuen. Want heel voor in die klas, was daar ‘n seuntjie met die naam van Teddy Stoddard. Mev Thompson het Teddy dopgehou en agtergekom hy speel nie baie goed met die ander kinders nie. Sy klere was baie slordig, en dikwels ongestryk en dikwels kon jy sien dat hy nie naby ‘n bad was nie. Teddy kon baie onaangenaam wees, en dit het op die punt gekom wat Mev Thompson amper lekker gekry het om sy boeke met ‘n dik rooi pen te merk. ‘n Groot vet X en dan sommer ‘n “F” oor sy werk.

By die skool was dit mev. Thompson se werk om die kinders se ou verslae en rapporte na te gaan. Sy het al die kinders s'n afgehandel en Teddy se verslae tot heel laaste gelos. Maar toe sy, sy ou verslae begin lees, was sy baie verbaas dat sy graad een juffrou geskryf het: “Teddy is ‘n baie intelligente kind, en is altyd gereed om jou sy grootste glimlag te gee. Sy werk is netjies en hy het baie mooi maniere. Hy kom baie goed met sy klasmaats klaar.”

Sy graad twee juffrou het geskryf: “Teddy is ‘n briljante student, populêr by die ander kinders, maar hy verwerk sy moeder se terminale siekte moeilik, en dit lyk asof omstandighede by die huis moeilik is.”

Sy graad drie juffrou het geskryf: “Teddy sukkel om sy moeder se dood te verwerk, hy probeer baie hard, maar sy pa wys geen belangstelling nie. Stappe sal geneem moet word anders gaan sy lewe uitmekaar val.”

Sy graad vier juffrou het geskryf: “Teddy is totaal teruggetrokke en toon geen belangstelling in skool nie, hy het geen vriende nie en raak soms in die klas aan die slaap.”

Hier het Mev Thompson besef waar die probleem lê, en sy het haar eie kop in skaamte laat sak. Sy het nog slegter gevoel toe haar kinders almal vir haar verjaarsdag geskenke bring toegedraai in die blinkste en mooiste papier en linte en Teddy skaam-skaam sy geskenkie neersit, toegedraai in die oorblyfsels van ‘n bruin papiersak.

Mev. Thompson het sy geskenkie eerste oopgemaak voor al die kinders in die klas, die kinders het onder mekaar gegiggel oor die geskenkie, maar toe Mev Thompson die string krale uithaal, waarvan heelwat van die krale weg is, het sy dadelik die string stukkende krale om haar nek gehang, toe sien sy daar is nog iets in die pakkie, en haal ‘n kwart botteltjie reukwater uit. Sy spuit toe dadelik daarvan aan en sê vir Teddy baie dankie vir die mooiste geskenk ooit.

Na skool het Teddy in die klas bly rondhang tot al die kinders uit is, en toe sê hy vir haar toe hulle alleen was: “Juffrou, vandag het jy net soos my mammie geruik."

Daardie dag het sy opgehou om die kinders net somme, lees en skryf te leer, en het sy werklik belangstelling getoon in elke kind met sy unieke behoeftes.

Sy het vir Teddy baie spesiale aandag gegee, en soos wat sy aandag aan hom gee, so het hy begin blom, sy werk het verbeter en aan die einde van daardie jaar was hy die slimste kind in die klas en was hy duidelik juffrou se witbroodjie.

‘n Jaar later het sy eendag ‘n briefie onder haar deur gekry wat sê: “Mev. Thompson, u is nog steeds die beste onderwyseres wat ek nog ooit gehad het.” Ses jaar het verby gegaan voor sy weer eendag ‘n briefie onder haar klasdeur gekry het, wat sê: “Dankie, mev. Thompson, u is nog steeds die beste juffrou wat ek ooit gehad het. Ek is nou klaar met hoërskool en was hierdie jaar die derde beste matrikulant.

Vier jaar later kry sy weer ‘n briefie wat sê hy was deur ‘n rowwe tyd, maar dat hy vasgebyt het en dat hy sy studies daardie jaar met erekleure verwerf het, en dat sy nog steeds sy beste juffrou was. Nog vier jaar later het sy weer 'n briefie gekry, dat sy nog steeds die beste juffrou is en dat hy sy BA-graad met lof geslaag het, maar dat hy nog bietjie verder gaan leer.

Toe kom daar weer ‘n briefie, sy was nog steeds sy beste juffrou, en sy studies was nou klaar en die briefie was geteken: Theodore F Stoddard MD. maar hy wil ook sommer weet, aangesien sy pappie ‘n paar jaar tevore tot sterwe gekom het, en hy ‘n baie oulike meisie ontmoet het, en hy gaan trou, of sy nie asseblief saam met hulle aan die bruidstafel sal sit nie. Die plek wat vir die bruidegom se ouers gereseveer was.

Sy het gegaan, en ja, jy is reg, sy het daardie selfde string krale gedra, en die laaste bietjie van die reukwater aan haar gespuit. Hy het haar styf vasgedruk en in haar oor gefluister: “Dankie, mev. Thompson dat jy in my geglo het, dankie vir die liefde en die aandag, en dat u my geleer het dat een mens ‘n verandering in ‘n ander se lewe teweeg kan bring.” Met trane oor haar wange het sy vir hom gesê: “Teddy, jy is so verkeerd, jy het my geleer dat dit moontlik was om ‘n verandering in iemand se lewe te maak. Ek het nooit geweet wat dit beteken om ‘n onderwyseres te wees totdat ek jou ontmoet het nie.

Vir julle wat nie weet nie, Teddy Stoddard is die dokter by Iowa Methodiste Hospitaal in Des Moines en is in beheer van die kankervleuel van die hospitaal.

Vra jouself vandag die vraag: Het ek al in iemand se lewe ‘n verandering gemaak, deur liefde te betoon en die gesindheid van Jesus teenoor ander te openbaar? Kan jy iemand wat in die modder lê, oplig. Dit was ‘n klein daad van liefde wat vir ‘n verlore seuntjie weer rigting in die lewe gegee het. Jy kan ook ‘n verskil maak deur liefde te betoon.

Begin vandag.

[Nog kosbare stories HIER]

Monday 8 May 2023

A senior moment

An elderly Florida lady did her shopping and,upon returning to her car, found four males in the act of leaving with her vehicle.

She dropped her shopping bags and drew her handgun, proceeding to scream at the top of her lungs,
"I have a gun, and I know how to use it! Get out of the car - NOW!"

The four men didn't wait for a second threat. They got out and ran like mad. The lady, somewhat shaken, then proceeded to load her shopping bags into the back of the car and got into the driver's seat.

She was so shaken that she could not get her key into the ignition. She tried and tried, and then she realized why.

It was for the same reason she had wondered why there was a football, a Frisbee, and two 12-packs of beer in the front seat.

A few minutes later, she found her own car parked four or five spaces farther down.

She loaded her bags into her own car and drove to the police station to report her mistake.

The Sergeant to whom she told the story couldn't stop laughing. He pointed to the other end of the counter, where four pale men were reporting a carjacking by a mad, elderly woman described as white, less than five feet tall, glasses, curly white hair, and carrying a large handgun.

No charges were filed.

Moral of the story?

If you're going to have a senior moment ... make it memorable

[Dankie, Christelle vir die lagspieroefeninge.]

Vandag se internetgebed vir jou

Vader, wanneer ek aan alles dink,
voel ek bang en verward.
Help my om my oë op U te vestig
wanneer dinge buite my beheer voel.
Herinner my daaraan dat U nie
moed sal opgee nie
omdat U vir my omgee.
In die Naam van Jesus.
Amen.

Sunday 7 May 2023

Ma: Die wese van ma-wees

(Volgende naweek is Moedersdag. Skryf 'n dankie-sêkaartjie of WA as jy nie self kan gaan kuier nie.)

'n Mamma se hart word baie kere gebreek. 
Stukkend van bekommernis, pyn, skuldgevoelens, verwyt en moegheid.
Maar 'n mamma is 'n wonderwese.
Sy lag tussen haar eie seer deur.
Lank nadat almal gaan slaap het, ruim sy nog op en bid vir elkeen voordat sy insluimer.
'n Ma maak altyd reg wat stukkend is, selfs 'n gebreekte hart.
Sy hou die gesin bymekaar met liefde en vergifnis.
Ja, jare nadat haar kinders uit die huis is, "refrain" haar "lessies" steeds.
Vader gee asseblief elke MAMMA 'n spesiale drukkie.

[Oorgeneem: Klik HIER en put emosionele energie uit hierdie FB.]

Learn an Easy Step-by-Step Method to Study the Bible

There are many ways to study the Bible. This method is just one to consider.

If you need help, this particular method is ideal for beginners, but can be aimed at any level of study. As you become more comfortable studying God's Word, you will begin to develop your own techniques and discover favourite resources that will make your study very personal and meaningful.

You took the biggest step by getting started. Now begins the real adventure .

1 of 7

Choose a book from the Bible
With this method you will study an entire book of the Bible. If you have never done this before, start with a small book, preferably from the New Testament. The book of James , Titus, 1 Peter, or 1 John are all good choices for freshmen. Plan to spend 3-4 weeks studying the book you have chosen.

2 of 7

Start with prayer
Probably, one of the most common reasons why Christians do not study the Bible is based on this complaint: "I just do not understand!" Before you begin each study section, begin by praying and asking God to open your spiritual understanding.

The Bible says in 2 Timothy 3:16, "All scripture is given by inspiration of God, and is profitable for doctrine, for reproof, for correction, for instruction in righteousness." (NIV) So, as you pray, realize that the words you are studying are inspired by God.

Psalm 119: 130 tells us, "The unfolding of your words gives light; it gives understanding to the simple." (NIV)

3 of 7

Read the whole book
Then spend your time, maybe a few days, through the whole book. Do this more than once. As you read, look for themes that can be woven into the chapters.
Sometimes you will find a general message in the book. For example, in the book of James, an obvious theme is " persevering through the trials ." Take notes on the ideas that come to you.

Also look for "life program principles." An example of a life application principle in the book of James is: "Make sure your faith is more than just a statement - it should lead to action."

It is a good practice to try out these themes and applications on your own while meditating, even before you start using other study tools. It provides an opportunity for God's Word to speak to you personally.

4 of 7

Zoom in
Now you will read and read the book verse by resistance, break the text, search for deeper understanding.

Hebrews 4:12 begins with, "For the word of God is alive and active ..." (NIV) Are you beginning to get excited about Bible study? What a powerful statement!

In this step we will see what the text looks like under a microscope as we begin to break it down. Use a Bible dictionary and look at the meaning of the word that lives in the original language . It is the Greek word 'Zaõ' meaning, "not only to live, but to live, to revive, to revive." You begin to see a deeper meaning: "God's Word causes life to prosper, to make it worse."

Because God's Word is alive , you can study the same course several times and continue to discover new, relevant applications through your walk of faith.

5 of 7

Choose your tools
As you continue this verse through verse study, there is no limit to the richness of understanding and growth that comes from your time in God's Word.

For this part of your study, you will want to consider choosing the right tools to help your learning, such as a commentary , lexicon or Bible dictionary.

6 of 7

Be a Word of the Word
Do not just study God's Word for the sake of studying. Make sure you put the Word into practice in your life.

Jesus said in Luke 11:28, "But even more blessed are all who hear the word of God and put it into practice." (NLT)

If God speaks to you personally or through the application principles in the text, you need to apply those nuggets in your daily life.

7 of 7

Set your own pace

Once you have finished the first book, choose another one and follow the same steps.

[Click HERE to get started.]

Ons Huis Bybelstudie: Die boek Prediker


Klik HIER vir 'n heerlike reis deur die boek Prediker. Na aanleiding van verskeie versoeke, is daar besluit om van tyd tot tyd Bybelstudieskakels op die blog te sit. Stuur gerus kommentaar en voorstelle - ons hoor graag van julle. Geniet die reis.
 

Saturday 6 May 2023

Afrikaanse idiome en uitdrukkings

Klik HIER vir nog idiome.
Iemand het heerlik met Afrikaanse idiome en uitdrukkings (gesegdes) gespeel in ons wonderlike Afrikaanse taal. (Ken die jongmense nog almal?)

"Voor jy dalk hond se gedagtes kry dat ek muisneste het en kattekwaad aanvang deur 'n kat in die donker te knyp, kan ek die aap uit die mou laat dat jy nie hond haaraf gaan maak nie. Die kool is eenvoudig nie die sous werd nie, jy wil verniet die bobbejaan agter die bult gaan haal, ek is nie 'n vroetelvarkie nie.

Omdat ek twee linkervoete en rooi haakskene het, dans ek soos 'n kat op 'n warm plaat. Terwyl ek oor die onderdeur loer, stem my aand- en môrepraatjies nie ooreen nie en sing ek 'n ander deuntjie. Ek sing dan soos 'n kanarie. Ek weet dat die voëltjie wat saans die laaste fluit, soggens eerste deur die kat gevang word, daarom gaan ek saam met die hoenders slaap en lank voor hanekraai klim ek met die verkeerde voet uit die bed om my eiertjie te lê.
 
Dit het die naweek katte en honde gereën, maar ons hou darem nog kop bo water. Dit staan egter soos 'n paal bo water dat dit nie nodig is om water met 'n mandjie aan te dra nie. Voor die son water getrek het en die perde horings gekry het, moet ek nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie, ek moet die ou koeie uit die sloot grawe, die bul by die horings pak sodat die agteros in die kraal kan kom. Ek moet ook al my varkies op hok sit en daar by oom Daantjie se kalwerhok die kalf uit die put gaan haal.

As jy wors in die hondehok soek, onthou dat blaffende honde nie byt nie. Ek wou nog katte skiet, maar toe is die koeël deur die kerk en ek kry wingerdgriep. Dit was 'n bitter pil om te sluk. Ek was hoog in die takke, want ek het gehoor dat die hoogste bome die meeste wind vang. As die appel nie ver van die boom val nie, kan 'n mens die boom aan sy vrugte ken.
 
Ek kon nie die kar voor die perde span nie, en het toe maar twee rye spore geloop.

In die dorp het hulle gesê ek speel op Avbob se stoep en dat ek een van die dae 'n houtpak gaan aantrek. Ek het gesê dat ek met 'n goue lepel in die mond gebore is en dat ek nog nie die lepel in die dak gaan steek en boedel oorgee nie. Ek moet rondborstig erken dat die spyker in my doodskis, is dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

As jy brood in die sweet van jou aangesig eet, moet jy nie met 'n mond vol tande staan nie, jy moet hare op jou tande hê, jy moet jou hand aan die ploeg slaan en die strydbyl begrawe. Weet jy hoe die vurk in die hef steek? As jy wolf skaapwagter maak, moet jy almal oor dieselfde kam skeer."

[Dankie, Rozetta Venter, dat jy hierdie taaljuweeltjies met die lesers deel. Klik HIER vir nog herinneringe.]