Thursday 4 May 2023

Asembenewend ...

Hierdie boodskap is aanvanklik as in 'n WA-boodskap na hierdie groep/FB gestuur. Wonderbaarlik het dit ook sy weg na hierdie blog gevind. Baie dankie, Anoniem.

FB-boodskap: Ek weet nie wie Martie Esterhuizen is nie, maar dit wat hieronder staan, is 'n boodskap en les vir ons almal.

Lees dit asseblief!!

... die nag lê nog donker en diep rondom my.
... die wind waai al vir meer as 12-ure stormsterkte en ruk en pluk aan alles wat nie geanker is nie.
... die reuk van rook van die vernietigende vuur net buite Jeffreysbaai hang swaar in die lug selfs in die huis.
... vir baie ure nou al verteer die vuur se vlamme en hitte alles wat in sy pad kom - aangedryf deur die wind.
... die straatligte is dood ... die donkerte verdiep.
... die see bruis en die branders slaan uitgeput neer op die windverwaaide strand..
... die rooi gloed van die vuur helder die horison op en die vlamme loop soos lawa teen die hange af ...
... die nag is koud.
... die vuur is gloeiend.
... die wind is woedend
... die see is ontstuimig
... daar waar die natuur lowergroen en vol lewe was nog 24-uur gelede, lê die die dood en verwoesting nou pikswart ...
... die dag sukkel om deur te breek deur die digte rook wat soos donderwolke in die lug hang en alles smag na asem ...
... asem ... sonder asem is die lewe wèg ... ( asem het vir die afgelope twee jaar nuwe betekenis vir my)
... soos die dag stadig breek - lê baie harte en lewens flenters in die roet ...

"Wie se SKULD IS DIT NÓÚ WEER?"

Woorde en woede vlieg soos gloeiende vuurkole deur die lug !
Vingers word rondgeswaai en aannames word luidkeels uitgespoeg!

Want ...

ALLE VURE IN ONS LEWE IS MOS ÁLTYD IEMAND ÁNDERS SE SKULD! ... of is dit?

Liefdevolle Hemelvader ...

... stil sit ek op my bed - grootoog en my ore ingestel op al die geluide rondom my ... èn op U stem ...

VADER VERGEWE MÝ VIR ELKE KEER WAT EK MÝ KOSBARE ASEM MORS OP WOEDE EN WOORDE!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK VURE AANGESTEEK HET IN IEMAND SE LEWE EN SELFS MY ÈIE LEWE!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFVOLDAAN WEGGESTAP HET VAN 'N STUK AFGEBRANDE LEWE WAT SOOS ROET DEUR 'N STORMWIND WEGGEWAAI WORD!!
VERGEWE MY VIR ELKE KEER WAT EK SELFGEREGVERDIG MY EIE OPINIE OOR ALLES EN ALMAL AS "GOSPEL" VERKONDIG HET!!
  • Die tong is n vuur wat uit die HEL uit aangesteek word.
  • Hierdie dag breek aan na 'n nag van verwoesting ... maar ek beséf dat niks, maar niks kan die dagbreek STOP nie.
  • Geen vuur
  • Geen verwoesting
  • Geen verlies
  • Geen pyn
  • Geen storm
  • Geen Woorde
  • Geen Woede
  • Geen Verwyte
  • NIKS
Ek hoor die Haddidas vlieg see se kant toe
... hulle roep
... hulle is gefokus
... hulle vlieg met verwagting en hoop (selfs deur die rookwolke)
... hulle is op pad iewers heen
... hulle kén hulle Skepper

HemelVader ...

Kortstondig verskuif my fokus na hoop wat soos roepende Haddidas deur die rook vlieg

Hier waar ek sit, BESÉF ek dat ELKE DAG is GENADE uit U Hart.

Die BESEF dat LEWE in U HANDE lê.

GENADE vind ons net by U.

HOOP is IN U ALLEEN ...
 NIKS op hierdie aarde is vir ewig nie.
 NIKS wat DOOD spreek is dit waardig om MY ASEM OP TE MORS NIE
 NIKS wat ek NIE kan saamneem Hemel toe - is die moeite werd om my tyd, aandag, krag, liefde , my siel, my vrede en mý woorde voor te gee nie
 NIKS gaan ek kan saamneem BEHALWE mý LIEFDESVERHOUDING met U nie.
 NIKS het meer waarde BO my kosbare SIEL waarvoor Jesus aan daardie KRUIS gesterf het nie
 NIKS het groter KRAG as
  • SY OORWINNING
  • SY BLOED
  • SY OPSTANDING
  • SY PLEK aan die regterhand van U Hemelse Vader!
 is ek (èn jy) ... 'n BRANDSTIGTER?
 brand ons EIE lewens en ons land oor DIE KRAG VAN ONS EIE WOORDE?
 spreek ons VUUR in plaas van VREDE?
 Hemel Vader ... VERGEWE ONS ... ASSEBLIEF ... en laat MY ASEM IN GEBED TOT U DEUR DIE HEMEL WEERKLINK!!

[Marthie Esterhuizen]

No comments:

Post a Comment