Thursday 4 May 2023

Dankbaarheid


Vandag, as ek na my hande kyk, besef ek, ek is lief vir my hande.
My hande vee my trane af as ek huil. My hande het my deur my skoolloopbaan geneem.
My hande het al my kinders vertroos en met liefde vasgehou.
My hande het hard gewerk om my gesin te voed.
My hande hou steeds my Bybel vas, terwyl ek daagliks pitkos daaruit kry.
Nou sit ek my hande saam en bid dat die Here my en almal vir wie ek omgee, sal vashou en beskerm.
Eendag gaan ek my hand in die Here se hand sit wanneer Hy my na die Ewige Woning neem.
Here, dankie vir my twee hande.

[Dankie, Valerie, vir die deel hiervan.]

No comments:

Post a Comment