Friday 5 May 2023

Fiksheidswenke uit die Bybel

Strekoefening:
Vergeet die dinge wat agter is en strek jou na wat voor is. (Fil. 3:14)

Asemhalingoefening:
Laat alles wat asemhaal die Here prys.(Ps. 150:6)

Breinoefeninge:
Watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees, daarop moet julle julle gedagtes rig. (Fil. 4:8)
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is. (Kol. 3:2)

Oogoefeninge:
Die oog gevestig op Jesus, die begin en voleinder van die geloof. (Heb. 12:2)
Dáár is die Lewende God wat die sonde van die wêreld wegneem. (Joh. 1:29)

Gesigoefening:
Wees altyd bly in die Here, ek herhaal, wees bly! (Fil. 4:4)

Ooroefeninge:
Elke mens moet maar gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en om nie te gou kwaad te word nie. (Jak. 1:9)
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeente sê. (Openb. 2:7)

Tongoefening:
Elkeen wat hom openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van die Here. (Luk. 12:8)

Gebedsoefening:
Ek strek my uit in gebed na U toe. (Ps. 143:6)

[Onthou om volgende Vrydag na die res van die oefeninge te kyk - dankie, Elmari, dat jy hierdie met ons deel!]

No comments:

Post a Comment