Thursday 25 May 2023

Die boemelaar

Vuil en woes bebaard
in 'n smal stink agterstraat
in Hillbrowse swakste buurt -
lê 'n besope boemelaar en sy maat 
nog glad nie nugter na gisteraand se bottel blou ...
waaraan hy nog steeds krampagtig vasklou ...

Die eerste ligstraal val oor die koerantbesaaide pad,
en 'n ewe spookagtige silhoeët
so eie aan die deel van die stad
- dit is 'n swak eienskap wat hy het
nog glad nie nugter na gisteraand se bottel blou -
waaraan hy steeds krampagtig vasklou

En elkeen wat in so 'n lewe verval
se toekoms is verpletter
en met elke teug en elke sluk
verval hy verder ... verder
die verderf kom nader
"Is so 'n lewe die moeite werd, Vader?"

[Sunelle Fouché]

Klik HIER vir verhaal oor boemelaar.

No comments:

Post a Comment