Friday 26 May 2023

Angels: Moedersdagterugblik 2023

"Ma-wees is ’n voltydse werk, maar vir ons hier in Ons Huis is dit nou verby. Ons lekkerste werk is nou ouma-wees. Ons kinders is groot en ons jare terug se kinderbekommernisse het nou hulle s'n geword. Maar Moedersdag bly nog elke jaar vir ons spesiaal. En 2023 se Moedersdag is deel van ons skatkis van lekker onthoudinge."

Ons Huis Angels het kleur aan die dag verleen en sommer ook die dag korter gemaak, veral vir diegene wie se kinders ver bly en wat so via 'n zoom-gesprek goeie wense en 'n virtuele drukkie van die ver-kinders gekry het.

Die engele het gebak en gebrou - 7 verskillende soorte lekkernye om saam met 'n koppie tee te geniet. Dan is daar ook koekies en chips uitgedeel om daardie aand as elkeen in sy of haar kamer is en na die nuus op TV kyk, te herkou aan die vreugde, glimlagte en drukkies wat so mildelik in die eetsaal uitgedeel is.

Millie Mouton en Percy Bell






(Inligting: Millie Mouton)

No comments:

Post a Comment