Thursday 30 April 2020

Moeilike tye sal daar altyd wees ...

Dankie, Tom de Koker, wat hierdie
gedagte met ons deel.
Die Here se herstel in ons lewens is ‘n lewenslange proses. Die werk wat Hy in ons begin het, maak Hy klaar. Lees verder.





Wednesday 29 April 2020

Grendeltydpsalms

Gaan luister na vandag se Psalm HIER

Problem displaying images

Dear Readers

Currently, some images do not show correctly. Google has announced that they are aware of the problem and they are working on a fix. I trust it will soon be sorted out!

Some of the images also serve as links. So, please click on the "missing image" to go to another page or website where it seems necessary.

The most romantic love story ...


Tuesday 28 April 2020

Ons waardeer elkeen van ons 19 000-kykers


En voor ons ons oë kan knip, het ons die 19 000-merk verby gesteek. Dit lyk tog of daar iets positiefs uit die grendeltyd gekom het.

Geniet die leesstukkies en maak gerus 'n draai by Ons Huis se bladsye/pages aan die linkerkant. Daar is van alles en nog wat, ook 'n paar foto'tjies van ons begindae tot vandag.

Beskikbaar: Handreinigers

Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.

Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.

Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.

Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892

[As jy jou eie houer bring vir handreiniger dan kry jy R20 afslag.]

Look beyond the differences and find a way to walk the path together.

  " Much of life can never be explained but only witnessed"

The rest of the story HERE.

[Thank you, Marie Beukes for sharing this story!]

Monday 27 April 2020

Place your orders today!



Ds. Henk Calitz van Carletonville skryf ...

Ek wil graag vandag hierdie met julle deel ...

Dit was vir my n belewenis wat ek nog nooit ervaar het nie ...

Gisteroggend ry ek Parys toe met permit en gesigmasker.

Ek vat 'n Tannie huis toe, sodat sy kan bloed kry vir haar bloedkanker. Iets wat ek met liefde doen.

Terwyl ek terugry, word ek by die 3de padblokkade gestop.

Polisiemanne en -vroue. Die kaptein stap na my toe en vra my permit. Hy vra wat die rede was. Ek vertel en hy sê vir my ... What job do you really do? Ek probeer maar die standaard antwoord. "I am a MARUTI." 

Hy vat my permit en ID-dokument en vra dat ek dadelik moet aftrek ...

My moed is in my skoene en sien net hoe gaan ek vandag geboei êrens in n sel sit en 'n hele paar rand armer ...
Lees die res van die verhaal HIER.

'n Gebed vir ons land

'n Gebed vir ons land in hierdie Covid-19-tyd.
Klik op die woord GEBED om na die gebed van ds. Brahm Reyneke te luister.

Predikers se boodskappe van hoop ...

Preke is saamgegroepeer onder die bladsynaam:
"Predikers se boodskappe van hoop". Gaan maak
gerus 'n draai daar en luister na een van die 
besielende preke.

Preke word deur Ons Huis-lesers van oraloor aangestuur - baie dankie! 

Sunday 26 April 2020

Sondagmiddagslaai in grendeltyd ...

Ons deel graag die resep met almal wat dalk
nog van die bestanddele in die huis het.

GENIET!!
Gaan maak 'n draai by ons reseptebladsy.

Saturday 25 April 2020

Is jy op soek na jou eie plekkie?


Net 'n oproep ver van jou

Jou ouers is net 'n oproep ver van jou en jou familie. Bederf hulle met 'n ekstra oproep in hierdie grendeltyd. Bring 'n bietjie nuus van buite die mure van die ouetehuis. Vertel hoe dit met die familie gaan - hulle wil graag weet hoe dit gaan. 

Hulle wag vir jou oproep!

Friday 24 April 2020

Moenie vrees nie ...

Dankie, Tom, wat hierdie gedagte met ons deel

Thursday 23 April 2020

Roomys troos ...

Partykeer het 'n mens roomys nodig.
Gaan kuier gerus 'n bietjie by Ons Huis se inspirasiestories.


Wednesday 22 April 2020

Wat is ‘n naam?

Laat my dink aan Alexander die Grote. Hy het die ganse destydse wêreld verower.  Vriend en vyand
het hom gerespekteer as absolute strateeg as dit kom by oorlogvoering.

Niks kon voor Alexander die Grote staan nie! Van sy soldate het hy absolute dapperheid verwag, integriteit en lojaliteit tot die bitter einde toe. Hy het geen bangbroek of lafaard in sy leermag verdra nie.

Sulke manne is sommer summier tereggestel voor al die ander soldate!

Alexander die Grote
Op ‘n dag word ‘n paar jong seuns voor Alexander gebring.  Hierdie seuns het in die geveg omgedraai en bang weggehardloop van die slagveld.

Een vir een van die jong seuns is verhoor en toe voor al die soldate doodgemaak.

Die laaste seun was ‘n mooi fris geboude seun. Nadat die aanklag aan Alexander voorgelees is, vra Alexander aan die jong seun; “Jongman, wat is jou naam?”

Die jongman antwoord verskrik-sag-bang: “A ... A ... Alexander, my Heer!”

Ongeërg vra Alexander met ‘n harde driftige stem: “Jongman, skeer jy gek met my?  Ek vra jou, WAT IS JOU NAAM?”

“A ... A ... Alexander, my Heer!” antwoord die seun.

Die volgende oomblik gryp Alexander die seun voor sy bors en lig hom van die grond op en skreeu-bulder sy dringende vraag uit: “Jongman, ek vra jou ... WAT ... IS ... JOU ... NAAM?”

Al hangende in hierdie sterk man se hande skreeu die seun so hard as wat hy ooit kan: “ALEXENDER, MY HEER!”

Alexander sit die seun weer op sy voete neer; “Jongman, verander jou NAAM of verander jou GEDRAG!”

Lees op HIERDIE bladsy verder.

Dit is weer tyd vir 'n bietjie oefening.

Gaan maak gerus 'n draai by ons
Huisgenotjies-bladsy. En gee die lagspiere
goeie oefening.

Tuesday 21 April 2020

Druppels hoop ...

Besoek gerus HIERDIE bladsy vir inspirasie.
Klik
HIER om na die bladsy te gaan. 

Dinge wat werklik saak maak

Klik op die prent indien dit nie duidelik genoeg is nie.

Sunday 19 April 2020

Genadewater

Die storie speel af in ‘n landelike gebied waar ‘n gesin op ‘n plaas woon. Die hele gebied loop erg deur onder ‘n uitmergelende droogte. Sake word vererger deur ‘n hittegolf wat hom in die gebied kom staan-maak het, wat lewe in die gebied amper ondraaglik maak. Op die lande staan die gesaaides inmekaar gedraai van die hitte, die melkbeeste strompel moeg-moeg oor die dorre grasveld heen. Melkproduksie het feitelik tot stilstand gekom en die suipings is byna opgedroog. Die bietjie wild wat nog op die plaas voorkom kry ook bitter swaar en skuil bedags onder bome om van die ergste hitte weg te kom.

By die plaasopstal het ‘n klein seuntjie ‘n buitekraan oopgedraai om homself met die koel water uit die tuinslang af te koel. Toe sy pa dit sien, is hy ligweg berispe en is daar aan hom verduidelik dat die watervoorraad op die plaas feitelik gedaan is en dat hulle onder geen omstandighede water mag mors nie. As dit nie nou binnekort reën nie, is dit verby met hulle, die diere én die gesaaides.

‘n Dag of wat later staan die ma in die kombuis, besig om skottelgoed te was. Sweetdruppeltjies pêrel op haar bo-lip en kort-kort moet sy die sweet wat langs haar slape koers kry, afvee. Sy tuur deur die venster en in die verte sien sy haar klein seuntjie aan die rand van ‘n digte bos, waar hy in die bos in trapsuutjie. ‘n Frons keep tussen haar oë. Voor sy nog verder daaroor kan wonder, kom die seuntjie uit die bos gedraf, huppelend op pad huis toe. Sy sien hom om die hoek van die huis verdwyn. Sy kan die kind se eienaardige optrede nie verstaan nie. Lees hier verder.

[Genadewater - oorgeneem deur ACR]

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag plaas ons ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking lewer. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Hou die oë op God alleen gerig..

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-32

Teksvers: 2 Kronieke 20:12

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Druppels water van genade ...

Druppels
Die donker wolk wat oor almal hang,
die afsonder,
die wonder,
die bang,
  die vrese dat hierdie
‘dood-druppels’ op my kan val!

Hoe sal ek weet?
Sal ek eers sweet en dan weet?
“In die sweet van my aangesig
my eie dood ‘verdien’”?


Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
"Where is God when it hurts?”
Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
“Is God watching us from a distance?”

Afgesonder-alleen ... in asemnood ... en wonder;
“o HERE, waarom staan U
so ver weg
en hou U
verborge
in hierdie tyd
van intense benoudheid?” 

Buite op straat:
ü Gesigmaskers, 
ü handskoene, 
ü handewas ...

Binne my huis;
ü Slaap, 
ü eet, 
ü was, 
ü aan die gang probeer wees - dit is al ...

Afgesonder-alleen, van GOd ...
... verlate ...
hang ‘Die Lam’ van GOd
met rou wonde aan ruwe hout ...
Sy sweet, sy bloed
het Jerusalem-woestyn gevoed!
Hy prewel in pyn-smart-bloed;
“Eli, Eli, lama sabagtáni?”

“o HERE, waarom staan U so ver weg
en hou U verborge
in hierdie tyd van benoudheid?”

... alleen ...?! 
Warm druppels bloed
drup droog op ruwe hout.
Hy prewel moeg en sy stem oud;
“Vader, in u hande gee Ek my gees oor!”
Toe is Hy dood ...

Druppels Water en Bloed vloei
wanneer soldate-spies
Sy sy deurboor ...

Wanneer druppels Water en Bloed
op Sklerokardia-harte val en deurboor,
borrel uit gebroke sagte harte
Lewende-water-strome ...

... afgesonder wel, maar nie meer alleen!
“God is here when it hurts!”

Volg en Wandel met Hom,
Sy druppels val!
Sy seën reën!
-ACR’ Apr 2020

Na aanleiding van die globale COVID-19 Corona-virus is die gevaar van aansteking moontlik wanneer hierdie ‘druppels van die dood’ op ‘n mens sou val. Die afsondering en sosiale bande wat fisies gebreek is, hok mense erg in. Die mense wat wel die virus opgetel het, sterf ‘n verskriklike dood van versmoring. In hierdie donkerste tyd verlig die druppels bloed van die Lam die duister-wanhoop-pandemie tot lewende hoop. (Ps 10v1, Ps 22v2, Jes 53, Mt 2746v, Joh 7v38, ea)


*”The blessing ahead will always be greater than the battle behind”
-15 April 2018, Gee jou boot vir Jesus, Luk 5, Andries Vermeulen. 
Luk 24:26 (v7,44,46)  *Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
 Vgl. bogenoemde ook met Fil. 2v5-15!

Saturday 18 April 2020

Liewe Kinders

Onthou om, veral in hierdie grendeltyd, so 'n ekstra oproep of twee na Ons Huis te maak en met jou ma of pa te praat. 'n Telefoonkuier is net so 'n lekker kuier. Verbreed die vier mure van die kamer en bring so 'n stukkie van die buitewêreld na die klein kamertjie.

Sosiale kontak is afwesig -  kinders, vriende en kerklimate wat gewoonlik by die inwoners kom kuier het, kan nie meer nie.

Ouers is ook bekommerd oor die gesondheid van hulle kinders en kleinkinders. Kontak hulle en stel hulle gerus.

Geniet 'n foonkuier en sit 'n bietjie kleur in 'n vaal dag. 

Foongroete! 

Thursday 16 April 2020

Liewe Virtuele Kuiergaste

Vandag leen ek by dr. Fanie Harold 'n paar woorde. Hy sê dat 'n mens op jou lewenspad twee soorte mense ontmoet. Die "ek-wil-hê"-mense en die "ek-wil-gee"-mense.

Tydens hierdie grendeltyd het ons in die media gelees en gehoor van al die "ek-wil-gee"-mense. En dat daar so baie van hulle in ons land is. Mense wat uitreik na diegene wat dit die nodigste het.
Dit is met dankbaarheid dat ons weet dat Ons Huis se lesers deel is van die "ek-wil-gee"-groep

Die "ek-wil-hê"-mense is dié mense wat maklik verontreg voel, ontevrede is, gou foutvind en nie maklik gee nie. En as hulle hul in 'n situasie bevind waar hulle verplig voel om te gee, gee hulle met 'n baie swaar hart.

Daarom wil ons vandag uit Ons Huis-geledere dankie sê vir elkeen van die "ek-wil-gee"-mense wat ons pad gekruis het. Sonder om dit te verkondig, het julle aan die inwoners van hierdie ouetehuis gedink.

En in hierdie grendeltyd wat ook 'n gee-tyd is, vra ons dat julle nie die senior burgers wat deur baie mense op die rand van die lewe uitgeskuif is, omdat hulle nie meer aktief in die samelewing kan werk nie, sal dink. 'n Ekstra rolletjie toiletpapier, Handy Andy, seep en ander skoonmaakmiddels kan dinge soveel makliker maak. Kontak gerus die kantoor om 'n reëling te tref.

Mag elkeen van Ons Huis-lesers 'n gesonde en geseënde inperkingstyd beleef.

Groetnis

Wednesday 15 April 2020

Die ligter sy van die lewe ...

Gaan maak gerus 'n draai by ons Huisgenotjies-bladsy. En gee die lagspiere goeie oefening.

Tuesday 14 April 2020

18 000 besoekers via die internet!



Baie dankie aan elkeen wat vir ons 'n e-kuiertjie of -besoekie gebring het. Dankie vir al die e-posse, navrae en kommentaar. Dit gee 'n gesig aan van ons getroue lesers.

En noudat Corona ons dwing om luglangs te kuier, is ons bly dat julle 'n draai hier by Ons Huis se virtuele kuierhoekie maak!




'n Reis deur die Psalms

Die Psalms gee betekenis aan elkeen wat daarna luister, se dag.

Luister gerus saam met Ons Huis se inwoners en webbesoekers  na die Psalms soos voorgelees deur Brahm Reyneke.

Klik op hierdie skakel om na die "Covid-19: Grendeltydpsalm"- bladsy te gaan.

Monday 13 April 2020

Covid-19-oordenking 17

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking.

Tema: Ons Huwelik vir Christus

Aandtema: (Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?

Seënwense.

Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

My gebed ...


Sunday 12 April 2020

May this Easter Sunday inspires you ...


Paassondag: Covid-19-erediens: Afrikaans

Vandag plaas ons prop. Neels Loots van Dutoitspan-gemeente Beanconsfield se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore uit die graf ... Jesus leef

Skriflesing: Lukas 24:1-49

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van prop. Neels Loots  te aktiveer)


Paassondag: Covid-19-erediens: Engels

Vandag plaas ons ds. Peter Chapman van die St Andrews Prespiteriaanse Kerk Beanconsfield se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore na die graf

Skriflesing: Markus 16:1-19

Seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Peter Chapman te aktiveer)

Paasnaweek


Saturday 11 April 2020

Covid-19-oordenking 16

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema: Stille Saterdag van verslaenheid

Skriflesing: Lukas 23

Seënwense.

Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friendship with the Spirit


Friendship with the Spirit is like any other friendship in that it develops over time. Like a new friend, you must get to know his character and personality. Spend time just talking with him, listening to him and allowing him to work in your heart and life. He is an incredible gift given to you. He is your gateway to experiencing the things of God. Walk in relationship with him, follow his guidance, and make a new best friend in the Holy Spirit.

“And the Holy Spirit helps us in our weakness. For example, we don’t know what God wants us to pray for. But the Holy Spirit prays for us with groanings that cannot be expressed in words.”
Romans 8:26 NLT

EK is by jou ...


EK is by jou en EK sal jou beskerm waar jy ook al gaan ... EK sal jou nie in die steek laat nie. EK sal doen wat EK beloof het. Gen 28.15. In die tyd van inperking het ons die versekering dat ons Here se belofte waar bly. God verander nie. Ons hoef nie te vrees nie, maar moet ons Here vertrou. Vrede en seën.

Friday 10 April 2020

Covid-19-oordenking 15 - aand

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen die oordenking op Paasvrydag. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Teksvers: Johannes 19:38-42

Klik op die skakel "Oordenking".

Seënwense.

Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Paasvrydag: Covid-19-erediens

Vandag plaas ons ds. Santie Nel van Harmonie-gemeente se oggenderediens wat sy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar. Dit is deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Sy nooi elkeen uit na die nagmaalstafel.

Skriflesing: Matt. 27 vanaf vers 45

Seënwense.

Kerkdiens 11 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Santie Nel te aktiveer)

Covid-19-oordenking 15 - oggend

Ds. Rian Jansen van Vuuren van Kimberley Christen Netwerk doen die oordenking op Paasvrydag. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanoggend se tema: Die voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.

Teksvers: Matt. 27:31
                 Lukas 23:26-27

Klik op die skakel "Oordenking".

Seënwense.

Oordenking 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Rian Jansen van Vuuren te aktiveer)

Paasvrydag 2020: Genade


Dankie, Jan Harm, dat jy hierdie besondere video met Ons Huis se inwoners en virtuele besoekers deel.

Easter is God's gift of Love: John 3:16


Thursday 9 April 2020

Covid-19-oordenking 14

Ds. Dawie Scheepers van Harmonie-gemeente gaan vanaand die oordenking doen. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die pad na Getsemane.

Teksvers: Lukas 22:39-53

Klik op die skakel "Oordenking".

Seënwense.

Oordenking 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Where is God? - Louie Giglio

Where is God?

It's a valid question and one that no one should feel shame about asking. One of the wonderful attributes of God is that He isn't afraid of our questions. Our searching for God gives Him another chance to put His Glory and His overarching story on display. Besides, this is hardly a new question.

Overwhelming? Yes.

Original? No. 

It's the very same question that has bounced around the minds of believers and sceptics for thousands of years.

Dag 13 Psalm 13

Dankie aan Brahm Reyneke wat die videoskakel van pastoor Louie Giglio met ons deel.

Hy lees Psalm 13 vir ons wat handel oor die gebedsvertroue van Dawid. Luister eers hierna voordat u na die video kyk.

Wednesday 8 April 2020

Covid-19-oordenking 13

Ds. Pieter-Roux du Toit van Diamantveld-gemeente gaan vanaand die oordenking tydens die Covid-19-inperking hou. Dit word deur Elsa Minne aangestuur sodat dit op Ons Huis se blog geplaas kan word. Klik op die skakel "Oordenking".

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die voetewassing

Skriflesing: Johannes 13

Seënwense.

Oordenking 8 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Pieter-Roux du Toit te aktiveer)