Showing posts with label Water. Show all posts
Showing posts with label Water. Show all posts

Thursday, 28 March 2024

Tips from Granny: Drink Water Instead of Soda or Juice

"My Grandma didn’t have special drinks around that cost extra money. She simply drank water, coffee or tea that she brewed at home. She kept it frugal and simple. We spend so much on bottles of water, sports drinks, sodas and specialty coffees that it’s a multi-billion dollar industry and yet why not just save the money like grandma did and drink water? Your wallet and your waistline will thank you for it."

Tuesday, 1 August 2023

Dinsdag-denke: Die waterpomp

Daar was eendag ’n man wat ’n baie goeie vriend gehad het. Die vriend het baie swaar gekry op sy grondjie waar hy ’n bestaansboerdery probeer voer. Hy het ’n erge tekort aan water gehad. Hy het wel ’n put, maar kon nie die water uit die put kry in sy groentebeddings en sy drinkwatertenk nie.

Die man het ’n ekstra waterpomp gehad en het dit aan sy vriend gegee en gesê: “Hier, neem die pomp vir jou. Dit sal jou grootste waterprobleme oplos."  

Sy vriend was oorstelp van vreugde, want nou kon hy water kry om te drink en om sy tuin te red van die droogte.

Die volgende dag maak die man ’n draai by sy vriend om uit te vind hoe dit gaan. Sy vriend groet skaars en beskuldig die man, “Die pomp gee geen water nie. Jy het vir my gejok.”

Die man vra, “Het jy die pomp aan die krag gekoppel ?”

“Nee.”

“Druk die elektriese koord by die kragsok in en jy sal al die water hê wat jy verlang.”

Die volgende dag kom die man weer by sy vriend ’n draai maak om te sien hoe dit met hom gaan. “Jy het gejok,” val die vriend sommer met die deur in die huis. “Ek het die pomp se elektriese koord by die kragsok ingesit en steeds is daar geen water nie.”

“Het jy ’n pyp vanaf die pomp laat afsak in die water van die put, sodat die pomp die water kan uitpomp ?”

“Nee.”

“Laat ’n pyp afsak in die water vanaf die pomp en jy sal al die water kry wat nodig is.”

Die volgende dag besoek hy weer sy vriend om te sien of daar enige vordering is, maar sy vriend begin weer met, “Jy het gejok, ek het steeds nog geen water nie.”

“Het jy die pomp eers gebloei om al die lug uit te kry?”

“Nee!”

“Bloei eers die pomp en jy sal beslis water hê om te drink.”

Die volgende dag besoek hy weer sy vriend en dié is in ekstase oor al die water wat hy het.
Die vriend vra, “Het ek jou nie die waarheid vertel nie ?”

“Ja, jy het," sê die man.

“Nou hoekom het jy my ’n leuenaar genoem?”

“Dis hoe dit vir my gelyk het, ek het nie besef dat dit my eie onkunde was wat jou woorde as ’n leuen vir my laat klink het nie.”

Hoeveel keer het ons nie al in ons haas en onkunde iemand anders tot leuenaar gemaak om net later uit te vind dat dit ons eie arrogansie en onnoselheid was wat eintlik die oorsaak was.

Spreuke 18:
6. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
7. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy siel.

Friday, 5 January 2018

Die ouderling met die waterwysvermoë...

Van ouderling Hawie gepraat, hy was 'n man van vele talente...

Die magnetiese veld van die aarde werk op baie mense en oom Hawie was een van hulle -  hy kon water wys! Kort nadat ds. JH Siebert in 1968 in die gemeente begin werk het, het die kerkraad besluit om te boor vir water.

Oom Hawie het die betrokke dag eers met 'n stok en daarna met 'n bottel water geloop... Voetjie vir voetjie het hy agter die kerksaal geloop... die ene konsentrasie in die maer lyf. Ondergrondse water werk op hom, dis 'n gawe wat hy het en wat hy tot voordeel van die kerk gaan aanwend... 'n hele klompie toeskouers hou die petalje dop - die wat glo dat dit werk en natuurlik is daar die skeptici wat in hulle hart hoop dit werk nie - die plek waar hulle kan boor, word gemerk.

Mev. Siebert het ook geloop en alhoewel sy ligte tekens van water gekry het, was dit nie naastenby so sterk soos oom Hawie s'n nie. 

Tot almal se groot vreugde word sterk water gekry en die boorgat voorsien vandag nog die kerkgronde van water!

[Inligting: Mnr. Schalk Pienaar - kassier van gemeente vanaf 1961 - 2016]