Friday 30 November 2018

Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!

Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering dop te hou. 

ACVV Ons Huis, 'n tehuis vir ouer persone, versorg tans 52 mense. Alhoewel die tariewe die laagste in Kimberley is, moet 70% van hierdie inwoners staatmaak op bydraes van kinders en borge om die huur te betaal. As gevolg van stygende lewenskostes, moet tariewe aangepas word wat tans nie moontlik is nie. Die tekorte moet aangevul word van buite die tehuis. Vandaar dan die inisiatief van 1000-vir-R1000-projek. Ons daag 1000 mense (of groepe) van Kimberley uit om R1000 te skenk. Ondersteun asseblief die projek om die voortbestaan van hierdie instansie wat al reeds 'n pad in die geskiedenis van Kimberley gestap het, te verseker.


Ons Huis
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156

Baie dankie vir jou ondersteuning!

Thursday 29 November 2018

Wednesday 28 November 2018

Sunday 25 November 2018

Friday 23 November 2018

Tuesday 20 November 2018

Monday 19 November 2018

Saturday 17 November 2018

’n Duisend albasters se tyd ...

Hy was besig om sy tweede koppie koffie te drink.

Dit was ’n Saterdagoggend. Sy gunstelingtyd. Hoekom sou dit so wees, het hy gewonder, dat hy so besonder baie van hierdie stukkie tyd hou?

Uiteindelik het hy besluit dat daar ’n klompie redes is. Dis die stilte, want die res van sy gesin slaap nog en daar heers ’n kalm vrede in die huis. Hy geniet ook die luukse daarvan om rustig sy koerant te lees, sonder ’n horlosie wat hom werk toe jaag. En dan ook die opwinding van die dag wat voorlê – dalk hou dit ’n heerlike verassing in!

Toe maak hy die som. Iemand wat 75 jaar lank leef, het 3 900 Saterdagoggende. Heerlik! Maar toe besef hy dat hy reeds 55 is en moontlik net 1 000 Saterdagoggende oorhet. In plaas van om hartseer te wees oor die tyd wat verby is, wou hy seker maak dat hy dít wat oor is, geniet. En so is “’n Duisend albasters tyd” gebore.

Die man het ’n groot deurskynende bak gaan koop en dit met een duisend albasters volgemaak. Dit was sommer ’n hele klomp! Daarna het hy elke Saterdagoggend een albaster uit die bak gehaal. So kon hy sien hoe die tyd verbygaan, maar ook hoeveel tyd nog oor is. Kosbare, heerlike Saterdagoggende. Elke albaster wat hy uitgehaal het, was ’n geskenk. Daarom het hy dit ten volle geniet – van sy eerste koppie koffie af totdat die son sak. Dit het hom ook gehelp om te fokus op dinge wat vir hom regtig belangrik is. Soos familie en vriende, want tyd saam met die mense vir wie jy lief is, raak stadigaan minder. Soms verdwyn dit sommer opeens, lank voordat die albasters in jou bak op is. Elke oomblik is kosbaar.

Teen die tyd wat hy die laaste albaster uitgehaal het, het hy besef sy oorblywende Saterdagoggende raak nou regtig min. En dat elkeen wat gaan volg, selfs nóg meer besonders is. Nog ’n kans om die wonder van die lewe te geniet. En hy het.

Friday 16 November 2018

Thursday 15 November 2018

Wednesday 14 November 2018

Tuesday 13 November 2018

Saturday 10 November 2018

Wednesday 7 November 2018

Tuesday 6 November 2018

Monday 5 November 2018

Sunday 4 November 2018

Friday 2 November 2018

Thursday 1 November 2018

Afrikaans - 'n lekker taal?

aftree: kierieverlof
alkhol: slingersous
bleeksiel: fooskoos
fiets: draadkameel
eet: tandslaan
aap: sitbok
blonde oomblik: breinpouse
e-pos: vonkpos
grimering: jeugdeeg
toilet: porseleinskoeter
mooi meisie: asemdief
omgekrapte maag: barsblerts
oorgewig: duidelik sigbaar
sakrekenaar: sompompie
lyftaal: skeletklets
ski-pants: sellulietsokkies
snelweg: boeteroete
springmielies: kitskoring
"tipex": flaterwater
"tissue": snoetsponsie
."burp": keelknal
graanvlokkies: olifantskilfers
slaap: lakenvastrap

ouetehuis: kieriekoshuis