Showing posts with label Motivering. Show all posts
Showing posts with label Motivering. Show all posts

Thursday, 24 August 2023

Ek weet my God bly in beheer ...

'n Gelowige boer het een perd besit waarmee hy ’n groot klomp werk op sy plaas gedoen het. Een stormagtige aand met rammelende donderweer en blitsende weerlig, ruk die perd los en hardloop weg. Toe die gelowige boer se ongelowige buurman dit hoor, sê hy: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar was jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het kalm geantwoord: “Sleg of nie. Dit het nou gebeur, maar ek weet my God bly in beheer.”

’n Paar dae later, tot almal se groot verbasing het die vermiste perd na die boer se plaas teruggekeer waar hy gewoond was om kos en water te kry - die keer het ’n groot trop wilde perde hom uit die berg gevolg. Die boer het die kamp agter die perde toegemaak en oornag ’n trop perde bygekry. Die ongelowige buurman het dit gesien en gesê: “Sjoe, dit is nou blote geluk.” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Ek weet my God bly in beheer.”

Kort hierna besluit die gelowige boer se seun om een van die wilde perde in te breek. Hy het op die perd geklim, maar sy voet het gegly en in die val het hy sy been gebreek. Toe die ongelowige buurman daarvan hoor, het hy gesê: “Dit is nou slegte nuus. Ek wonder, waar is jou God? Hoekom het Hy dit nie gekeer nie?” Die gelowige boer het geantwoord: “Goed of sleg. Dit het nou gebeur. Ek weet my God bly in beheer.”

’n Paar dae later het gewelddadige, gewapende huursoldate aan die gelowige boer se deur geklop. Hulle het vereis dat hy sy seun saam met hulle moes stuur. Toe die huursoldate egter sien dat die seun se been in gips is, het hulle gesê: “Ag nee wat, hierdie seun sal vir ons niks beteken nie.” Hulle het omgedraai en weggestap. Stil het die gelowige boer sy oë gesluit en God vir sy beskerming geprys.

Thursday, 11 May 2023

The Four Trees

Once upon a time in a land not too far away, four trees started to grow on top of a small hill.

Three of the trees are very selfish, arrogant and proud trees always boasting how big and tall they will become, teasing each other how they will live forever.

The fourth tree is all happy and content, just to be a tree.

As time passes the three proud and selfish trees spend all their days growing as tall and impressive as they can, boasting each and everyday how wonderful they will be

The fourth tree listens but is all happy and content, just to be a tree.

Many years pass and the three trees all look impressive and have grown straight and tall, but they have grown ever more arrogant, selfish and proud, boasting and teasing constantly how they are better than the other and how surly they will now live forever.

The fourth tree isn’t the best looking or the tallest but is all happy and content, just to be a tree.

The woodcutter comes along and cuts the three proud, arrogant trees down to the ground. The first tree is made into the City Gates the second tree a Great Warship and the third tree into a Great Place of Worship.

Each of the three trees is proud and happy of their new position in society, boasting that they are better than the other and how they really will live forever.

The fourth tree is all happy and content, just to be a tree.

A great army comes to attack, the City Gates are destroyed, the great Warship is sunk in the harbour and the Great Place of Worship burnt to the ground.

Only the fourth tree survives growing on the hill all happy and content, just to be a tree.

The fourth tree knows that it can not live forever. That the day must come when the fourth tree will too pass away,

But not before it sets seed to Four little Trees growing on that hill, all Happy and Content, Just To Be a tree!

Moral of Story: Impermanence is the nature of everything, when we truly know the impermanence in ourselves and others we understand how precious each and every moment is. All that matters in life is to live each moment truly happy and content just to be.

[Author: Dhamma Tapasa]

Tuesday, 9 May 2023

Jesus-taal

"Antie! Antie!" hoor ek iemand agter my roep. Ek stap in die stofstrate van Rehoboth, suid van Windhoek in Namibië.
Ek steek vas.
Kyk om. 'n Klein vuil seuntjie hardloop na my toe.
Ek kyk die kind.
Ag Vader, hoekom is die kind so verskriklik lelik, dink ek.
Sjoe, iewers het hierdie reseppie lelik verkeerd geloop.
"Hello, my kind".
"Hello, Antie.
Kan ek Antie se kitaar dra?
Ek het Antie gehoor sing."
Ek haal my kitaarsak van my skouer af en haak dit oor syne.

Kaal gebarste voetjies loop 'n paar treë in stilte.
Hempie knoop af.
Broekie se gulp stukkend, aanmekaar gesit met draad.
"Antie?"
"Ja my kind?"
"Antie sing mooi. Ek was vol mossievleis. So "straight" mooi soos my ma sê."
Wie het vir Antie daai mooi stem gegee?"
"Seker maar Jesus, Seun."
"Ja, Hy het vir my ook een gegee."

Ons loop.
Weer dink ek aan die kind se lelike reseppie wat oral oor sy gesig geskryf is.
Regtig, Jesus?

"Wil Antie my hoor sing?"
Dalk maak sy stem op vir die gebrek aan skoonheid, rol dit deur my gedagtes.
"Asseblief, Seun".
Hy gee my kitaar terug.
Hy kry "pose" sodat hy sy "moves" saam sy lied kan maak.

Hy kyk my eers in die oë en maak seker hy het al my aandag en hy begin sing met 'n breë glimlag:

"Jesus het my mooi gemaak,
Jesus het my mooi gemaak,
my kop, my tone, my hande my voete,
Jesus het my so mooi gemaak."

Ek hurk.
Here, Here, wees my, sondaar, genadig!
Die trane vloei oor my wange, meng met die stof van Rehoboth se strate.
"Seun, kan jy my vergewe vir my lelike gedagtes asseblief? Jy is só mooi."
"Antie, ek weet nie wat Antie gedink het nie, maar Antie se oë praat nou Jesus."

Ek haal my kitaar uit.
Die wysie is maklik.
Ek slaan die kitaar en hy "jive" uitbundig sy "moves" in Rehoboth se stofstraat met boude wat boep staan. Ek "jive" saam soos 'n kind:
"Jesus het ons mooi gemaak ..."

Ek kyk sy gesiggie en ek sien sy glimlag praat Jesus ...

Mag jou oë ook Jesus praat met almal met wie jy vandag in aanraking kom. Liefde en omgee.
Moet hierdie net deel ... hoeveel keer is ons ook skuldig aan sulke gedagtes ...
* Skrywer onbekend

[Dankie, Valerie, dat jy vandag vir ons tot nadenke gestem het. Klik HIER vir nog inspirasie.]

Thursday, 4 May 2023

If I gave you both a million cash ...

Click HERE for an amazing eye-opener !! 

[Thank you, Valerie, for sharing this.]

Monday, 30 May 2022

'n Bedelaar met 'n ongewisselde tjek

'n Bedelaar het eendag 'n prokureur op straat voorgekeer en vir hom R5 gevra. Die prokureur het lank na die vuil en ongeskeerde bedelaar gekyk en toe vra hy: "Vanwaar ken ek jou?"
"Ons was klasmaats op die tweede vloer van die ou hoofgebou," antwoord die bedelaar.
"Sam, nou onthou ek jou!" sê die prokureur en sonder om enige verdere vrae te vra, skryf hy vir die bedelaar 'n tjek van R1000 uit en sê: "Ek gee nie om wat in jou verlede gebeur het nie. Dit is jou toekoms wat belangrik is," en met dié woorde stap die prokureur aan.
Met trane van blydskap stap die bedelaar bank toe, maar voor die bank steek hy vas - dit is so skoon daar binne en die tellers is so netjies! "Met my vuil toiings sal hulle oortuig wees ek oorhandig aan hulle 'n vervalste tjek," mompel Sam en draai net daar om.

Die volgende dag loop die prokureur weer vir Sam raaken hy sien dat dié nog steeds so gehawend daar uitsien.
"Wat het jy met my tjek gedoen? Het jy dit uitgedobbel of uitgesuip?"
Terwyl die bedelaar die tjek uit sy vuil hempsak te voorskyn haal, vertel hy die prokureur waarom hy dit nie kon gaan wissel nie.
"Luister, my vriend, wat die tjek wettig maak, is nie jou klere of jou voorkoms nie, maar my handtekening daarop."
"Gaan wissel onmiddellik die tjek!"

Die verhaal spreek vir homself.
Dit is nie wie of wat ons is wat saak maak nie, maar die feit dat ons in die Naam van die Here Jesus na God toe gaan.
JESUS - nie ek of jy nie - is ons waarborg.
Hy gee vir ons sondaars daardie vrymoedigheid!

Dankie, Here, vir waartoe ons vandag in U Naam in staat kan wees. Gee dat ons vandag behoorlik daarvan gebruik sal maak om met die Vader te praat.
AMEN!!.

[Oorgeneem]

Saturday, 30 April 2022

VAT SO, JONG MAN

’n Airbus 380 is op pad oor die Atlantiese Oseaan. Dit vlieg konsekwent teen 800 km/h teen 30 000 voet, toe 'n Eurofighter met Tempo Mach 2 skielik verskyn.

Die vlieënier van die vegvliegtuig verminder spoed, vlieg langs die Airbus en groet die vlieënier van die passasiersvliegtuig per radio: "Airbus, vervelige vlug, is dit nie? Kyk nou hier!”

Hy rol sy straler op sy rug, versnel, breek deur die klankgrens, styg vinnig tot 'n duiselingwekkende hoogte, en swaai dan af byna tot by seevlak in 'n asemrowende duik. Hy voer ‘n lusvlug uit tot terug langs die Airbus en vra: "Wel, hoe was dit?"

Die Airbus-vlieënier antwoord: “Baie indrukwekkend, maar nou moet jy kyk!” 

Die stralervlieënier hou die Airbus dop, maar niks gebeur nie. Dit bly hardnekkig reguit vlieg, teen dieselfde spoed. Ná 15 minute vra die Airbus-vlieënier oor die radio: "Wel, hoe was dit?"

Verward vra die stralervlieënier: "Wat het jy gedoen?" Die Airbus-vlieënier lag en sê: "Ek het opgestaan, my bene gerek, teruggestap na die agterkant van die vliegtuig om die badkamer te gebruik, toe kry ek 'n koppie koffie en 'n sjokolade-fudge pasteitjie.

Die moraal van die storie is:
As jy jonk is, blyk spoed en adrenalien wonderlik te wees.
Maar soos jy ouer en wyser word, leer jy dat vertroosting en vrede belangriker is.

Dit word S.O.S. genoem: Stadiger, Ouer, maar Slimmer.

Dit is waar almal van ons in Ons Huis nou is - op ons S.O.S.-fase.

Klik HIER en kikker jou dag 'n bietjie op.