Friday, 13 September 2024
Terugflits: Bly by die hoofsaak
Friday, 6 September 2024
Vrydag-terugflits: Geitjie in die Boeing
Klik HIER en word deel van Die Taalgenoot-familie.
Friday, 16 August 2024
Terugflitsflentertjie: Slaap uit Big Ben se oë gevee
Gelukkig het hulle geen voël- of dou-skade in die ou grote se glasgesig aangetref nie.
"Net een of twee glasbarsies en dit sal herstel word," het mnr. Mike McCann, klokwagter, gesê.
Besoekers vergaap hulle die week kop agteroor aan die skoonmakers wat soos vlieë in Big Ben se 7,5 m breë gesig koes-koes uit die pad van sy 4,25 m lange minuutwyser bly.
Min mense weet van die Suid-Afrikaanse boeties van Big Ben, eintlik die naam van die 14 ton-klok in die St Stephen-toring.
Me. Joan Abrahams van Suid-Afrika, 'n kenner van oorlogstradisies, is in Londen vir die oorhandiging van haar boek, A Two Minute Silent Pause to Remember, oor die jaarlikse wêreldwye tweeminutestilte vir oorlogslagoffers, wat op 11 November om 11:00 deur Big Ben se eerste klokslag ingelui word.
Abrahams sê die enigste ander horlosie wat deur Lord Grimthorpe, ontwerper van Big Ben se horlosie, gebou is, is dié van die Kaapstadse stadsaal.
[Bron: Klasgids 37:1, Februarie 2002, bl. 26]
Friday, 2 August 2024
Vrydag-terugflits: Groen hout kosbaar
Friday, 19 July 2024
Vrydag-terugflits: Die storie agter 'n mandjie
Friday, 5 July 2024
Vrydag-terugflits: Elkeen is uniek ...
Tuesday, 25 June 2024
Terugflits: Kimberley Jim en die perde
- Gerhard Burger
[Die Taalgenoot - Kortom - Gerhard Burger - Mei 1992]
Laat weet gerus!!
Friday, 21 June 2024
Vrydag-terugflits: Kersies van dank vir reën
Friday, 7 June 2024
Terugblik: As ek was ...
- As ek 'n engel was, sou ek al die slegte mense besoek en aan hulle vertel wat hulle moet doen om te kom waar ek is.
- As ek 'n professor was, sou ek net die dommes leer, want die slimmes kan vir hulself sorg.
- As ek 'n by was, sou ek my angel in ander mense se sake gesteek het.
- As ek maar Anneline Kriel was, dan was dit nie meer nodig dat ek haar so hoef te bewonder nie.
- As ek goud was, maar ek was nie geld werd nie, dan was g'n geld goud werd nie.
- As my van Niewoudt was, het ek voorwaar my naam verander na Kubus.
- As ek Harry Oppenheimer was, ai ek wens ek was ...
- Koos van der Merwe? Dit sou ek nooit kon wees nie, want indien dit my naam was, was dit lankal verander.
- As ek 'n onderwyser was, sou ek na ander wys.
- As ek 'n visserman was, vang ek net dié visse wat ander laat wegkom.
- Was ek 'n landdros, dan dros ek saam met die drosters.
- As ek 'n president was, sou ek seker wens ek was nie!
- As 'n lid van die vrouegeslag was, dan was ek die leidster van Womens Lib.
- As ek Jan van Riebeeck was, het ek nog steeds in Tafelbaai geland.
- Was ek 'n Voortrekker, dan het ek teruggetrek.
- As ek 'n baas was, sou slim my gevang het.
- As ek Langenhoven was, dan was al die eerbetoon te laat.
- As ek 'n dokter was, het ek seker self gewonder wat my makeer.
- Was ek 'n predikant, dan was ek aan die regte kant.
- Was ek 'n rugbyspeler, sou ek soms die skeidsregter wou afstuur.
- As ek 'n huurmotor was, sou mense in my sit, op my sit en my besit.
- As ek 'n vorm was, wat ingevul moes word, dan het ek my pensioen by die staatskantoor getrek.
- Was ek 'n spook ... dan sou ek seker in spoke moes glo!
- As my van Botha was, ag, dan stig ek sommer my eie parlement!
- As ek Tarzan was, het mense nog steeds gedink ek is 'n groot aap.
- As ek 'n Skot was, kon my vrou my rokke dra.
- As ek die son was, dan was ek seker al onder.
- As ek 'n berg was, sou ek wonder wie het die molshoop so verander.
- Was ek die Ontvanger van Inkomste, dan was mý leuse: dis beter om te gee as om te ontvang.
- As ek die minister van finansies was, wonder ek of my eie maandelikse begroting sou klop.
- Was ek 'n goeie atleet, sou ek ten minste vir my vrou kon weghol!
- As ek 'n skaap was ... daar's mense wat dink ek is!
- As ek 'n bottel tien-jaar-oud-brandewyn was, gits ek sou nie juis ouer word nie!
- As ek 'n druiwekorrel was, sou mense my dalk as 'n alkoholis kon bestempel?
- En nou ja, as ek 'n onnosele nikswerd, idioot was dan ... dan sou ek net aanhou om te doen wat ek nou doen.
Friday, 31 May 2024
Vrydagterugflits: Alles in die natuur het sy plek
Wednesday, 22 May 2024
Terugflits: Elke nuwe dag bring hoop
Friday, 22 December 2023
Vrydag-terugflits: Vriende van die bejaardes
Friday, 15 December 2023
Vrydag-terugflits: Suid-Afrika se grootste spekskieter
Suid-Afrika se grootste spekskieter
Deur Katy Macdonald
Die Amateurleuenaarsvereniging bestaan uit duisende mense wat sommer vir die lekkerte leuens vertel. Die onbetwiste voorbok is 'n waardige heer met eerlike, blou oë. Hóm glo mens net op eie risiko!
En tog is dit gerusstellend om 'n groep mense teë te kom wat erken dat hulle jok. Veral as jy hoor dat die Amateurleuenaarsvereniging van Suid-Afrika (Alasa), wat al 10 jaar bestaan en glo duisende lede het, geen 'professionele leuenaars' toelaat om by die vereniging aan te sluit nie. Dis nou politici, prokureurs, diplomate, en tweedehandse motorverkopers - vissermanne word aan streng keuring onderwerp.
Karl het blou oë en 'n ronde, oop gesig wat mens onmiddellik vertrou. Maar oppas vir hom! Hy is daartoe verbind "om leuens op die strande, in die strate en in die veld te verkondig en nooit die waarheid te praat nie".
Hy het in Suid-Afrika werk gekry
waar hy toeristebrosjures moes skryf, onder andere ook een vir die
SAL oor Australië. Die Australiese toeristeraad het geskryf en gesê "ons is so bly dat julle 'n Australiër in diens geneem het - net 'n Australiër kan met soveel gesag en gevoel oor ons land skryf".
"Om die waarheid te sê, ek was nog nooit in my lewe in Australië nie en ek is ook nie van plan om te gaan nie."
Karl het sy aanvanklike roem met sy
bekende Yswurms-leuen verwerf. Yswurms was 'n nuwe uitvinding wat die
hengelwêreld op horings sou neem. Droë ys wat soos wurms lyk en soos wurms proe
en waarmee mens kwansuis vis kon vang. Die volgende jaar het hy met nog 'n
skandaliger leuen vorendag gekom in sy toespraak oor 'psigoseksiologie' wat
selfs die mees gesogte sinici by Alasa se monde laat oophang het. Met dié
teorie het hy bewys dat hy sy eie oupa is!
Alasa se leuenseisoen begin op 1 April en die hoogtepunt is die jaarlikse Grootste Spekskieterkompetisie. Karl neem nie vanjaar deel nie. 'n Paar jaar gelede het hy 'n gewete ontwikkel en is gediskwalifiseer omdat hy die waarheid vertel het. Hy is nou op Alasa se komitee en help aspirant spekskieters om met oortuiging te jok.
Om die kompetisie te wen, moet jy kan jok en Karl reken 'n goeie leuenaar is 'n aweregse persoon wat sy verbeelding gebruik. "En jy moet dinge kort en kragtig kan vertel."
Wat inspireer hom om te jok? "Ek hou daarvan om die draak te steek, maak nie saak of dit 'n swak advertensie of 'n ernstige situasie is nie. Ek skeer net soveel gek met myself as wat ek dit met ander doen." As 'n veteraan leuenaar, word Karl nie maklik om die bos gelei nie. Hy het nie 'n woord geglo van 'n onlangse artikel in 'n Britse Farmaseutiese tydskrif oor 'n splinternuwe entstof teen hik nie. 'n Anagram wat "April Fool" spel, het die geheim verklap. "Toe ek aan die redakteur skryf om te sê dat ek sy slenterslag gesnap het, antwoord hy dat 'n mediese joernalis in Londen sowaar 'n storie na aanleiding van die artikel geskryf het."
Maar die voorbok van versinsels is al selfs 'n keer of wat gefnuik. 'n Vervalste foto-montage in Duitsland van 'n Arktiese navorser wat vriende gemaak het met 'n ysbeer, het hom heeltemal geflous. Hy het selfs die gedeelte geglo oor die beer wat aan kondensmelk verslaaf geraak het!
Is die wete dat hy so 'n oortuigende leuenaar is nie vir Karl 'n versoeking om aanmekaar te jok nie? Nie op groot skaal nie (sê hy). "Ek het geen behoefte om sosiaal leuens te vertel nie. Toe ek jonger was, het ek wel vir meisies op danse vertel dat ek 'n skoorsteenveër is en my beroep in die fynste besonderhede beskryf. As ek deesdae iemand om die bos lei, maak ek 'n punt daarvan om hulle redelik gou na die tyd reg te help."
Dit is bale belangrik om tussen jok vir die grap en ander leuens te onderskei, sê hy. "As jy vir selfverheerliking jok, verander die saak heeltemal. Persoonlik daal ek nooit so laag om mense werklik te bedrieg nie."
Wat dan van witleuentjies wat daagliks deur almal in die gemeenskap vertel word? "Ja, ja," antwoord Karl stadig. "Dit is dikwels noodsaaklike sosiale verfyndheid. Mense wat ongeskik eerlik is, kan ander se gevoelens seermaak en dit kan nog aanstootliker as leuens wees. As 'n vrou in haar noppies met haar nuwe hoed is, gaan jy beslis nie vir haar sê 'n gieter sou beter lyk nie."
Uit: Via (Die Volkswagen-Tydskrif); Winter 1992




