Monday 28 September 2020

Sunday 27 September 2020

Onbeperkte genade ...

 

'n Lofoffer!


As jy vandag vasgedruk voel deur jou omstandighede, lees hier: "Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Skielik kom daar 'n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en die gevangenes se kettings het losgekom!" (Hand 16:25-26 NLV) Lof maak die deure oop en breek die kettings! Telkens wanneer jy bereid is om God te loof ten spyte van jou omstandighede, sal die hemele jou te hulp snel. Jy mag dalk voel: "Maar ek is nie nou lus om God te loof nie." Bring dan vir God 'n "lofoffer." Dis maklik om Hom te loof wanneer dit goed gaan, maar wanneer jy bo jou omstandighede moet uitstyg om dit te doen, is wanneer dit regtig tel.

Die geveg van Jerigo leer ons dat ons soms moet uitroep wanneer:

(a) ons teen 'n muur te staan kom;

(b) ons voel asof ons in sirkels beweeg;

(c) die vyand oor ons staan en spot;

(d) ons rede vir ons sê: "Hierdie is nie die manier om oorlog te voer nie";

(e) dit die laaste ding op aarde is waarvoor ons kans sien.

Nehemia skryf: "Want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees." (Neh 8:10 NLV) As jou omstandighede jou geluk bepaal, sal jy emosioneel wipplank ry. Maar as jy na die Here van jou omstandighede kyk, en jou in Sy nimmereindigende goedheid verbly, sal jy keer op keer van swakheid na krag gaan!

Saturday 26 September 2020

Ons Huis-fasiliteite: Haarsalon

Besoek gerus Ons Huis se haarsalon.

Die haarsalon is deel van die fasiliteite wat die ouetehuis bied. En ons swakkere geslag weet mos dat 'n mens nie net die haarkapster besoek, wanneer jy jou hare moet gaan sny nie ... 'n besoek aan die haarkapster sluit eintlik 'n besoek aan die sielkundige, maatskaplike werkster, vriendin en gespreksgenoot in.

Indien daar 'n behoefte aan enige van bogenoemde is, kom maak gerus 'n draai by die haarsalon.


Friday 25 September 2020

Thursday 24 September 2020

Wednesday 23 September 2020

Sunday 20 September 2020

Saturday 19 September 2020

Friday 18 September 2020

Wednesday 16 September 2020

Tuesday 15 September 2020

 

Gaan luister gerus na die preke HIER

Monday 14 September 2020

Saturday 12 September 2020

What does love mean to 4-8 year old kids??

Slow down for three minutes to read this.

A group of professional people posed this question to a group of 4 to 8 year-olds, 'What does love mean?'

The answers they got were broader, deeper, and more profound than anyone could have ever imagined !

'When my grandmother got arthritis, she couldn't bend over and paint her toenails anymore ... So my grandfather does it for her all the time, even when his hands got arthritis too. That's love.'
Rebecca- age 8

'When someone loves you , the way they say your name is different. You just know that your name is safe in their mouth.'
Billy - age 4

'Love is when a girl puts on perfume and a boy puts on shaving cologne and they go out and smell each other.' 
Karl - age 5

'Love is when you go out to eat and give somebody most of your French fries without making them give you any of theirs.' 
Chrissy - age 6

'Love is what makes you smile when you're tired.'
Terri - age 4

'Love is when my mommy makes coffee for my daddy and she takes a sip before giving it to him, to make sure the taste is OK.' 
Danny - age 8

'Love is what's in the room with you at Christmas if you stop opening presents and just listen.' 
Bobby - age 7 (Wow!)

'If you want to learn to love better, you should start with a friend who you hate.'
Nikka - age 6 (we need a few million more Nikka's on this planet)

'Love is when you tell a guy you like his shirt, then he wears it everyday.' 
Noelle - age 7

'Love is like a little old woman and a little old man who are still friends even after they know each other so well.' 
Tommy - age 6

'During my piano recital, I was on a stage and I was scared. I looked at all the people watching me and saw my daddy waving and smiling. He was the only one doing that. I wasn't scared anymore.' 
Cindy - age 8

'My mommy loves me more than anybody. You don't see anyone else kissing me to sleep at night.' Clare - age 6

'Love is when Mommy gives Daddy the best piece of chicken.' 
Elaine-age 5

'Love is when Mommy sees Daddy smelly and sweaty and still says he is handsomer than Robert Redford.' 
Chris - age 7

'Love is when your puppy licks your face even after you left him alone all day.' 
Mary Ann - age 4

'I know my older sister loves me because she gives me all her old clothes and has to go out and buy new ones.' 
Lauren - age 4

'When you love somebody, your eyelashes go up and down and little stars come out of you.' (what an image) 
Karen - age 7

'You really shouldn't say 'I love you' unless you mean it. But if you mean it, you should say it a lot. People forget.' 
Jessica - age 8

And the final one: The winner was a four year old child whose next door neighbour was an elderly gentleman who had recently lost his wife. Upon seeing the man cry, the little boy went into the old
gentleman's yard, climbed onto his lap, and just sat there. When his Mother asked what he had said to the neighbour, the little boy said, 'Nothing, I just helped him cry.'

[Thank you, Valerie Kilian, for sharing this with Ons Huis readers.]

Friday 11 September 2020

Thursday 10 September 2020

Wednesday 9 September 2020

World suicide prevention day

Even the smallest members of society can play a massive role, through initiating conversation, educating oneself and others about the causes and warning signs of suicide. Perhaps most importantly, even the simplest gestures of compassion can help save a life.

Wisdom ...


Tuesday 8 September 2020

Internasionale geletterdheidsdag

Lees oefen jou brein.

Lees verlaag jou stresvlakke.

Lees verryk jou taal en woordeskat.

Lees verbreed jou kennis.

Lees verbreed jou algemene kennis en gee jou ‘n groter verskeidenheid om oor te gesels.

Lees is  ontspanning.

Boeke word jou vriende.

Lees leer jou empatie en simpatie met ander mense se onstandighede.
Lees is sielskos.

Monday 7 September 2020

Sunday 6 September 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Klik HIER om na die besondere diens uit Worcester
te luister. Dankie, Desmond, wat hierdie boodskap met
Ons Huis-lesers deel. Dit gee 'n mens 'n blik in die
lewe van ander mense. 

Saturday 5 September 2020

Smile ... it will last forever ...


'n Belangrike karaktereienskap ...

Iemand skryf dat as sy net een karaktereienskap sou moes kies om deur die lewe te gaan, dan sal dit humor wees. Op sy beurt het Maarten Luther 500 jaar gelede gesê dat as God nie ‘n sin van humor het nie, dan sou hy nie juis in die hemel wou wees nie. Tog skryf Luther elders dat hy weet dat God hou baie van humor, want Hy het mense soos ons gemaak. Humor is nie net ‘n paar terloopse grappies nie. Dit is ‘n vrolike, ligte manier van leef. Let wel, nie ‘n ligsinnige of oppervlakkige manier van leef nie, maar ‘n ligter, sorgvryer leefwyse. Christus het immers al ons laste op sy eie skouers geplaas. Boonop voorsien Hy in al ons daaglikse behoeftes sodat ons ligvoets kan leef (Matteus 6:25-33). Humor en sorgvryheid kleur die lewe anders in. Dit omraam donker wolke met helderkleurige rame van hoop. Vergeet dadelik van W. C. Fields se advies: “Start every day off with a smile and get it over with.”

Lag meer. Bekommer minder. Maak tyd om vrolik te wees. Vier fees in die teenwoordigheid van die Here.

Iemand sê iewers vir ‘n vriend: “My vrou is ‘n engel.” “Jy’s gelukkig,” antwoord ‘n ander ou, “Myne leef nog!” Nou ja, soms loop jy mense raak wat jou laat voel jy’s in die teenwoordigheid van ‘n engel. Hulle lewens straal daardie ietsie ekstra uit wat jy in jou eie lewe misloop. Hulle weerkaats God se vrede. Vat maar vir Josef (Genesis 37-50). Omdat hy net geloop en geleef het waar God se Lig skyn, het hemelse guns hom omring. Vanaf die huis van Potifar tot in die tronk daar in Egipte het hy die Here se seën weerkaats. Wat ‘n rolmodel vir ons elkeen om vandag na te volg. Nog meer sulke menslike weerkaatsers van God se teenwoordigheid wat ligvoets leef word dringend gesoek! Gewone mense wat vol is van God se vrede en blydskap is immers waaroor die regte lewe gaan.

Stephan Joubert

(Bron: Internet)

Tuesday 1 September 2020

Veels geluk, ACVV, 116 jaar oud!!

Veels geluk, liewe ACVV: 116 jaar oud op hierdie lentedag! Sien die verjaardagboodskap vanaf me. Ria Abel, voorsitter ACVV-hoofbestuur, hieronder: 

A very happy birthday, dear ACVV: 116 years old today and still a spring in your step!

Wêreldwyd het niemand die jaar 2020 reg voorspel nie. Ja, COVID-19 het ons almal tot stilstand gedwing. Die ACVV-vrywilligers en -personeel het hierdie nuwe uitdagings aanvaar, aangepas by omstandighede en het net die beste vir ons verbruikers inwerking gestel.

Vandag is die ACVV 116 jaar oud, ‘n vereniging wat tot stand gekom het deurdat ‘n handjievol vroue nie langer die nood van vroue en kinders en die ellende van die krygsgevangenes in die kamp op die Groenpuntse meent - die nagevolg van die Anglo-Boereoorlog - kon aanskou nie en daadwerklik wou optree om die nood te verlig.

Op 1 September 1904 het een van die grootste, mees betekenisvolle saamreise van vroue in ons land begin en is die ACVV gestig.

Van ‘n nederige begin het die ACVV gegroei tot die dinamiese vereniging van vandag met vrywilligers en toegewyde personeel wat ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Vandag is daar 113 takke met diensvertakkinge en lewer ons dienste aan gesinne, kinders en ouer persone.

Ek wil vandag hulde bring aan almal wat ons voorgegaan het, vrywilligers en personeel, mense wat stewige fondamente gelê het waarop ons vandag kan voortbou. Ons salueer u!

‘n Groot dank aan elke vrywilliger betrokke by die ACVV wat elke dag onbaatsugtige dienste lewer en vir wie niks te veel is om op te offer nie.

Sonder ons toegewyde personeel, sou ons nie hierdie groot taak met soveel sukses kon doen nie - ‘n groot dank aan julle.

Natuurlik is vriende en donateurs onontbeerlik vir die ACVV se voortbestaan - baie, baie dankie vir u ondersteuning .

As ACVV-lede en -personeel leef ons ons vereniging se waardes van integriteit, menswaardigheid, deernis, uitnemendheid en verantwoordelikheid elke dag uit.

Ons lewe in onseker tye met baie uitdagings en daarom wil ek vir elke tak en dienstak saam met hulle vrywilligers en personeel, Jabes se gebed bid vir die toekoms:

“Stort u seën oor my (ons) uit,
vergroot my (ons) grondgebied,
neem my (ons) onder U beskerming
en weerhou onheil van my (ons)
sodat geen smart my (ons) tref nie.”
(1 Kronieke 4:10)

Ria Abel
Voorsitter ACVV-hoofbestuur

Spring ...