Sunday 27 September 2020

'n Lofoffer!


As jy vandag vasgedruk voel deur jou omstandighede, lees hier: "Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Skielik kom daar 'n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en die gevangenes se kettings het losgekom!" (Hand 16:25-26 NLV) Lof maak die deure oop en breek die kettings! Telkens wanneer jy bereid is om God te loof ten spyte van jou omstandighede, sal die hemele jou te hulp snel. Jy mag dalk voel: "Maar ek is nie nou lus om God te loof nie." Bring dan vir God 'n "lofoffer." Dis maklik om Hom te loof wanneer dit goed gaan, maar wanneer jy bo jou omstandighede moet uitstyg om dit te doen, is wanneer dit regtig tel.

Die geveg van Jerigo leer ons dat ons soms moet uitroep wanneer:

(a) ons teen 'n muur te staan kom;

(b) ons voel asof ons in sirkels beweeg;

(c) die vyand oor ons staan en spot;

(d) ons rede vir ons sê: "Hierdie is nie die manier om oorlog te voer nie";

(e) dit die laaste ding op aarde is waarvoor ons kans sien.

Nehemia skryf: "Want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees." (Neh 8:10 NLV) As jou omstandighede jou geluk bepaal, sal jy emosioneel wipplank ry. Maar as jy na die Here van jou omstandighede kyk, en jou in Sy nimmereindigende goedheid verbly, sal jy keer op keer van swakheid na krag gaan!

No comments:

Post a Comment