Showing posts with label Valentynsdag. Show all posts
Showing posts with label Valentynsdag. Show all posts

Sunday, 14 April 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Soos ons ouer word, verander ons behoeftes en ons voorkeure.

Wanneer dit by geskenksakkies vir senior burgers kom, is dit belangrik om hul unieke behoeftes en belangstellings in ag te neem. Of jy nou 'n geskenksakkie saamstel vir 'n spesiale geleentheid of net om hul dag op te helder, hier is 'n paar idees wat sekerlik 'n glimlag op hul gesigte sal sit.

1. Toiletware (dit is altyd nodig)
Handeroom, lipsalf en seep wat sag op hul vel is. Mondversorgingitems soos tandepasta, tandeborsels en mondspoelmiddel.

2.  Ontspanning en gemak
'n Stresbal of ’n handmasseerder, bordspeletjies, legkaarte, blokkiesraaisels en boeke. 

3. Lekkernye (soet en sout)
Sagte koekies of beskuit, lekkergoed, neute of gedroogde vrugte. Verskillende teegeure of kitssop is ook treffers. 

4. Stokperdjies
Almal het 'n passies - lees, brei, hekel, legkaarte, borduurwerk, skryf, verf - vind uit en blaas vuur in daardie passie.  

5. Ietsie persoonliks
Lekkerruikgoed, naskeerroom, serp, sokkies, hoed of handdoek.

6. Tydskifte
Teken in op 'n koerant of tydskrif vir jou ouer. (Harde kopie of digitaal)







Indien jy op die harde kopie ingeteken het, kan die ontvanger later hierdie leesstof in die sitkamer of biblioteek sit, sodat die vreugde van lees gedeel kan word.

Wednesday, 14 February 2024

Valentynsdag: Omgee is ...


'n fontein wat spontaan borrel;
om selfloos jou alles vir iemand te gee
en dan daarvan te vergeet;
'n warm hand,
'n glimlag,
'n stil gebed.
As God in ons woon, word ons
omgee-tempels van Hom, waar dié wat moeg is
kan kom heel word en rus.

Mag jou lewe vol fonteindae wees!!

Sunday, 11 February 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Die ervare wyses se lewe het gekrimp tot die grootte van 'n kamer of 'n baie klein woonstelletjie. Boekrakke met geliefkoosde boeke daarin, foto's op die boonste rak, saam met 'n werkmandjie, 'n stokperdjie en 'n TV-stel is dikwels die somtotaal van 'n eens vol en bedrywige lewe.   

Met Valentynsdag om die draai, is hier 'n paar wenke vir die romantiese siele onder die lesers wat graag Valentynsdag vier. 

Geskenke raak 'n kopkrapprobleem. Of dit nou vir 'n verjaardag, Kersfees of  'n spesiale geleentheid soos Valentynsdag, Moedersdag of Vadersdag of Oupa en Ouma-dag is, die regte geskenk gaan 'n verskil maak aan die ontvanger. 

Daarom kan jy nooit verkeerd gaan deur 'n geskenksakkie te gee nie.

Maar wat moet jy in hierdie geskenksakkies sit om te verseker dat dit bedagsaam en betekenisvol is? 

1. Toiletware (dit is altyd nodig)

2. Geestelike kos (dagstukkies, Christelike tydskrifte, Bybelstudieboeke)

3. Versnapperings (soet en sout)

4. Breinoefeninge (legkaarte, blokkiesraaisels, boeke)

5. Praktiese hulpmiddels (vergrootglas, kierie, loopraam, reëlings teen die muur, batterye)

6. Blomme en potplante (ietsie visueel mooi)







Valentynsdag is die ideale dag vir anonieme geskenke. Laat sommer 'n geskenkie by die kantoor vir die inwoner wat geen familie meer het nie of vir die inwoner of personeellid wat op Valentynsdag verjaar.

Sunday, 17 December 2023

Idees wat om in 'n geskenksakkie vir 'n senior burger te sit

Mense vra dikwels wat hulle vir senior burgers kan gee, veral nou oor die kersseisoen. Die redaksie het 'n bietjie rondgevra en hier is 'n paar van die voorstelle.

Die opsies is eindeloos. Gebruik hierdie voorstelle om aan die gang te kom.

1. Aktiwiteitsboeke:

Hierdie boeke is oral beskikbaar en bied nie net uitstekende breinoefeninge nie, maar kan ook ure se genot verskaf. Voorbeelde is blokkiesraaisels, Sudoku, soek die verskille en selfs inkleurboeke vir volwassenes.

2. Handeroom:

Ons vel is geneig om droër te word soos 'n mens ouer raak. ’n Voedende handedroom is 'n heerlike bederf.

3. Eetgoed:

Almal hou daarvan om so af en toe aan 'n lekkernytjie te kou! Moontlikhede is legio - soet en sout. Diabete se eetgoed moet met sorg uitgekies word. 

4. Vrolike sokkies:

Warm vrolike sokkies is 'n perfekte toevoeging tot enige geskenksak. 'n Handige paar sokkies is diéwat nie kan gly nie.

5. Sleutelhouer:

'n Sleutelhouer is altyd welkom. Veral 'n lekker groot sleutelhouer wat 'n persoon nie maklik sal verlê nie. Deesdae kry 'n mens sleutelhouers met die mooiste boodskappe op.

6. Mini-potplante:

Die meeste senior burgers se lewensruimte het gekrimp tot 'n kamer. Bring 'n tikkie natuur in die ontvanger se lewe met 'n mini-potplant. Plante helder enige ruimte op, maar so ook die gemoed van die inwoner.

7. Digitale fotoraam:

Verras hulle met 'n digitale fotoraam wat vooraf gelaai is met hul gesins-, familie- en vakansiefoto's. Dit is 'n moderne manier om gekoesterde herinneringe te bewaar sonder dat dit te veel spasie op neem.







Kersfees is 'n tyd van gee. As jy van 'n mede-inwoner weet wat nie meer familie het nie, maak gerus 'n anonieme geskenksakkie op en vra iemand in die kantoor om dit te gaan aflewer.

Sunday, 14 February 2021

Gelukkige Valentynsdag, Oupa en Ouma

 





Katelyn sê: "Hier is vir elke oupa en
ouma 'n virtuele stukkie melktert.
Hierdie is my eerste probeerslag,
maar nie my laaste nie. Ek hoop
julle het 'n lekker bederfdag gehad." 


Van myself - aan myself - aanbod

Voorraad @ bekostigbare pryse. Hierdie is 'n wen-wen-situasie. Ondersteun ons en wees vriendelik teenoor jou beursie.  

Waar: Halketstraat 14 - Newpark - Kimberley 


 

Saturday, 16 February 2019

Ons Valentynsdagverrassing ...

Helping Hand Care het reeds die 13e Februarie 2019 die inwoners van Ons Huis bederf met oulike geskenkpakkies. 'n Uit-ons-hart-dankie vir hierdie mooi gebaar. Dit sit 'n glimlag op elke inwoner se gesig en 'n warm gevoel in sy hart.

Nog foto'tjies hier te sien. Besoek gerus die ACVV FB.



Thursday, 14 February 2019

Tuesday, 14 February 2017