Sunday 14 April 2024

Wat om in geskenksakkies vir senior burgers te sit

Geskenksakkies is 'n fantastiese manier om ons waardering en liefde vir die senior burgers in ons lewens te bewys. Soos ons ouer word, verander ons behoeftes en ons voorkeure.

Wanneer dit by geskenksakkies vir senior burgers kom, is dit belangrik om hul unieke behoeftes en belangstellings in ag te neem. Of jy nou 'n geskenksakkie saamstel vir 'n spesiale geleentheid of net om hul dag op te helder, hier is 'n paar idees wat sekerlik 'n glimlag op hul gesigte sal sit.

1. Toiletware (dit is altyd nodig)
Handeroom, lipsalf en seep wat sag op hul vel is. Mondversorgingitems soos tandepasta, tandeborsels en mondspoelmiddel.

2.  Ontspanning en gemak
'n Stresbal of ’n handmasseerder, bordspeletjies, legkaarte, blokkiesraaisels en boeke. 

3. Lekkernye (soet en sout)
Sagte koekies of beskuit, lekkergoed, neute of gedroogde vrugte. Verskillende teegeure of kitssop is ook treffers. 

4. Stokperdjies
Almal het 'n passies - lees, brei, hekel, legkaarte, borduurwerk, skryf, verf - vind uit en blaas vuur in daardie passie.  

5. Ietsie persoonliks
Lekkerruikgoed, naskeerroom, serp, sokkies, hoed of handdoek.

6. Tydskifte
Teken in op 'n koerant of tydskrif vir jou ouer. (Harde kopie of digitaal)







Indien jy op die harde kopie ingeteken het, kan die ontvanger later hierdie leesstof in die sitkamer of biblioteek sit, sodat die vreugde van lees gedeel kan word.

No comments:

Post a Comment