Showing posts with label Saterdaggenotjies. Show all posts
Showing posts with label Saterdaggenotjies. Show all posts

Saturday, 26 September 2026

Saterdaglagmedisyne - Ouma

* Susan, vyf, het by ouma in die ouetehuis gaan kuier, terwyl haar ma dokter toe is. Ouma gooi vir hulle vrugtesap in en vertel vir Susan hoe gesond dit is en hoeveel vitamines in 'n glas vrugtesap is.
Sy was besig om dit te drink toe sy begin hik.
"Ouma, moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "Dit laat my tande hoes!"

* Brittany hou haar ouma met groot oë dop, terwyl dié al haar aand se pille uithaal om te drink. Sy besluit om vir ouma te help om die botteltjies oop te maak. Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ouma dat die prop "Kinderproof" is en dat 'n grootmens altyd sal moet help. Met groot oë vra Brittany: "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ék wat hom wil oopmaak?"

* Ouma gaan kuier by haar Gautengse kinders en moet 'n kamer deel met haar tienerkleindogter. Dis gelukkig nie vir een van hulle twee 'n probleem nie, want hulle is nie net naamgenote nie, maar hulle is ook baie erg oor mekaar.
Die Maandagoggend vroeg is die kleindogter universiteit toe, maar vergeet haar skootrekenaar in haar haas in haar kamer.
Haar ouma dink toe dis 'n skaal.
Lang storie kort, ouma weeg R38 000!

Saturday, 19 September 2026

Saterdaglagmedisyne - Kallie en Jimmy

* Kallie en Jimmy loop mekaar vir die eerste keer in jare raak.
Vra Kallie: "Jimmy, wat doen jy deesdae?"
"Ek verkoop meubels."
"Maak jy darem geld?"
"Ja, maar my huis raak nou vinnig leeg."

* Na die eerste week weg van die huis by 'n nuwe werk stuur 'n jong getroude Mike die volgende telegram aan sy vrou: "Voorman geword - veer in my hoed."
Na die tweede week volg die volgende een: "Bestuurder geword - veer in my hoed."
Na die derde week volg dié een: "Afgedank - stuur geld."
Waarop sy vrou antwoord met: "Gebruik vere - vlieg huis toe."

*  'n Pasiënt is in die groendakkies en om sy tyd daar te verwyl, staan hy op die asblik om bo-oor die ringmuur te sien wat elke dag in die straat aangaan.
'n Motor kom om die draai en skuur met 'n skreeugeluid reg voor hom tot stilstand. Die wiel het afgeval.
"Al die moere is weg," sug die moedelose bestuurder.
"Draai een by elkeen van die ander drie wiele uit," kom die raad van die man oor die muur.
"Dis 'n wonderlike plan. Maar is jy nie veronderstel om mal te wees nie?" reageer die motorryer.
"Ja, mal, maar nie stupid nie."

[Bron: Finansies & Tegniek, 1 Desember 1995] 

Saturday, 12 September 2026

Saterdaglagmedisyne - die geskenk

Vier broers wat arm grootgeword het, het verder gaan studeer en het almal suksesvolle professionele loopbane gehad. 

Hul bejaarde moeder wat hulle alleen grootgemaak het, het ver van hulle gewoon en hulle het selde by haar gekom. Een Kersfees eet die broers saam en elkeen vertel trots van die duur geskenk wat hy vir hulle bejaarde moeder gegee het.

Die eerste broer sê: "Ek het vir ma 'n groot en weelderige huis laat bou."
Die tweede sê: "Ek het 'n tuisteater van R100 000 vir haar laat insit." 
Die derde een spog: "Ek het gesorg dat my Mercedes-agent 'n nuwe SL600 vir haar aflewer."
Die vierde broer antwoord: "Julle weet mos hoe baie ma daarvan hou om die Bybel te lees, maar dat sy nou byna heeltemal blind geword het en nie meer self kan lees nie? Ek het by 'n unieke troeteldierwinkel 'n papegaai ontdek wat die hele Bybel uit sy kop ken! Dit het 20 leraars 12 jaar geneem om hom alles te leer. Ter betaling moes ek belowe om vir die volgende 20 jaar jaarliks R100 000 aan die kerk te gee, maar dit was die moeite werd ... Nou kan sy net 'n Skrifgedeelte noem, en die papegaai sal dit vir haar voordra." 
Die ander broers was beïndruk.

Na Kersfees stuur die tannie toe haar dankie-sê briewe: "Gawie, dankie vir die huis wat jy laat bou het. Maar dit is eintlik heeltemal te groot. Ek kan net een kamer gebruik, maar ek moet alles skoon hou en ek is doodmoeg."

Deon, jy het vir my die fantastiese tuisteater gegee wat plek het vir 50 mense, maar my vriende is ongelukkig al almal dood of in ouetehuise. Ek hoor boonop maar sleg en sien amper niks nie. Dankie nietemin vir jou geskenk."

Martiens, ek is te oud om te reis, en my kruideniersware word afgelewer. Ek kan die Mercedes dus nie regtig vir enigiets gebruik nie. Maar dankie vir die gedagte."

"Liewe Werner, jy was die enigste seun wat mooi oor my behoeftes gedink het voor jy jou geskenk gegee het. Baie dankie - die hoendertjie was absoluut heerlik."

Saturday, 5 September 2026

Hoe mense in verskillende beroepe die tydelike met die ewige verwissel

Reisigers en toeriste • gaan heen.
Jagters • gaan koue bokkeveld toe.
Die melkman en die posman • kom om.
Die sjef en die kok • steek lepel in die dak.
Die horlosiemaker • se tyd het aangebreek.
Die bergklimmer • ontval ons.
Die tuinier • is van die gras af gemaak.
Die melkboer • het die emmer geskop.
Die begrafnisondernemer • beland onder die kluite.
Die boemelaar • is ontslape.
Die bankier • het die tydelike met die ewige verwissel.
Die taxibestuurder • is direk hemel toe.
Die skeidsregter • het sy laaste asem uitgeblaas.
Die dokter • se hart het gaan staan.
Die elektrisiën • se liggie is gedoof.
Die skoolhoof • het die doodsklok hoor lui.
Die kleremaker • se draad is geknip.
Die atleet • kom tot rus.
Die bibliotekaresse • het die boek toegemaak. 

Saturday, 29 August 2026

Saterdaglagmedisyne - Dinge lyk soms anders

* Ou Koos lê op sy laaste in die hospitaal. Hy laat roep sy vrou en drie kinders. 
Hy begin toe so: Ek het nou nie juis KONTANT in hand nie, maar:
My liewe vrou - jy moet die BMW-besigheid oorvat en aangaan.
Ouboet - jy moet die selfoonbesigheid oorvat en aangaan.
Sussa - jy moet die Jet by die lughawe oorvat en aangaan.
My klein Bulletjie - jy moet die mall oorvat en aangaan.
Hulle sak almal op op die vloer neer en begin bitterlik huil.
Die verpleegster staan nader om te troos, en sê-vra: "Sjoe, nou wat is die trane, julle gaan nie sukkel nie. Julle is goed nagelaat!"
Hulle antwoord in 'n koor ... "Goed nagelaat??!!!"
"Hy's die CAR GUARD by al daai plekke!!!"

* Twee werkende ouens is in 'n veld. Die een ou grawe gate. Die ander een gooi hulle weer toe. 
'n Bejaarde dame wat verbyloop, sien wat hulle doen en vra: "Waarom grawe jy gate en dan gooi hy dit weer toe? Wat is die punt daarvan?
Die eerste ou kyk na haar en sê dan:"Wel, "mevrou, daar is gewoonlik drie van ons, maar die ou wat bome in die gate sit, het vandag gebel en gesê hy is siek ..."

Saturday, 22 August 2026

Saterdaglagmedisyne - Ouma

* Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie, sê die kleinding: "Ouma, jy moet vir my ook so 'n bloesie maak sonder handvatsels."

* Op 'n keer vra die vyfjarige Lanie vir ouma hoe oud sy is. 
Ouma antwoord dat sy nou al so oud is, dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie. 
Lanie gee toe goeie raad: "Ouma moet net agter in Ouma se panties kyk. Myne sê vyf tot ses!"

* Ouma kuier vir 'n maand by haar kinders in die stad en die kleinkinders kan nie genoeg van hulle ouma kry nie. Hulle ma mag nie die lig afsit, voordat ouma nie eers vir hulle 'n storie vertel het nie. Die stories wat hulle die graagste wil hoor, is hoe ouma as 'n kind geleef het en wat sy alles gedoen het, toe sy so oud soos hulle was. Daardie aand gee Stefan vir haar 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê: "Ek is so lief vir Ouma - as ouma doodgaan, gaan ek ouma onder my kamervenster begrawe!"

Saturday, 15 August 2026

Saterdaglagmedisyne - Oupa & ouma

* Oupa en ouma het besluit om hulle huis te verkoop. Dis heeltemal te groot vir hulle twee en hulle besluit om aftreeoord toe te trek. Skielik is hulle "huisuitgawes" minder en oupa reken dat al die jare van spaarsamig lewe en 'n muntstuk omdraai en weer 'n slag omdraai, nou iets van die verlede is. Hulle is op geleende tyd, en daarom kan hulle maar die stukkie lewe wat oor is, geniet. Ouma stem nie saam nie en maak 'n afspraak vir oupa by die dokter. Sy lig die dokter vooraf van oupa se probleem in.

Oupa by die dokter in die spreekkamer. 
Dokter: "Waarmee kan ek Oom vandag help?"
Oupa: "Dokter, dokter, ek kan nie ophou geld uitgee nie."
Dokter: "Mooi, hier's my rekening."

* Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?"
"Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer baie lank gelede."
"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.
"Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.
Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy: "Hy raak al beter en beter, nê Oupa!"

* Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet.
Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Tannie, hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

Saturday, 8 August 2026

Huisgenotjies: Nou is daar spesiale kodes vir seniors

In plaas van om alles uit te tik, gebruik die jongmense mos afkortings in hulle boodskappe. Gelukkig het ons senior burgers gou ingeval by dié gebruik en ter wille van die jongklomp, word 'n paar van die afkortings hieronder verklaar.  

BDD = By die dokter

BVSB = By vriend se begrafnis

BDR = Bring die rystoel

KWS = Kry weer sooibrand

SG = Skryf groter

MWG = Maag werk goed

IJGA = Is jou gehoortoestel aangeskakel?

MGPBL = Moet gaan, pasaangeër se battery laag

MGPBW = Moet gaan, purgasie begin werk

WIJNW = Wie is jy nou weer?  

WPEA = Wat praat ek alles?

WWW = Waar was ek nou weer?

Saturday, 1 August 2026

Saterdaglagmedisyne - Nog steeds Koos ...

Koos se vrou gaan kuier vir 'n week by haar ma.
Koos besluit hy gaan nie elke aand skottelgoed was nie. 
Met sy vrou se terugkeer, ontdek sy papierborde in die skottelgoedwasser.

oooOOooo

Nuuskierige kollega: "Liewe aarde, Koos, wanneer gaan jy tot trou kom? Hier is darem oulike meisies op die dorp."
Koos: "Ja, daar is, maar ek sien in elke mooi meisie 'n potensiële skoonma."

oooOOooo

Dis Kerstyd en Koos en sy vrou is na Stoffel se huis vir middagete genooi. Stoffel maak reg om die kalkoen op te kerf en vra: "Van watter deel van die kalkoen hou jy, Koos?"
"Die vleis."

Saturday, 25 July 2026

Saterdaglagmedisyne - 'n Verbode slaap

'n Sekere broer het, in een van die kerke waar daar so nou en dan "amen" gesê word op wat die pastoor sê, so half aan die slaap geraak.

Sy vrou het naderhand agtergekom dat sy "amens" baie snaaks klink en dat die asemhaling heeltemal te hard is, vir 'n meelewende wakker lidmaat.

Sy besluit om hom wakker te maak, voordat die asemhaling in snork oorgaan. Die volgende oomblik pomp sy hom genadeloos in die ribbes en sê: "Pastoor sê jy moet afsluit!"

Met 'n verwilderde uitdrukking kom die man vinnig orent en terwyl hy nog sit en wind sluk, soekende na 'n woord om sy gebed mee te begin, sê vroulief: "Sjjjt! Ek jok!!!"

Dis seker nie nodig om in detail in te gaan oor wat na die diens gebeur het nie. 

[Ingestuur deur Mariet Hobbs]

Saturday, 18 July 2026

Saterdaglagmedisyne - Nagmaalnaweek

Daar is van ons inwoners wat hulle sal kan vereenselwig met genoemde naweekgebeure.   

Op 'n sekere Karoodorpie was daar tot nie lank terug nie, nog tydens nagmaalnaweke "groot kerk" gehou. Dan word daar gedurende so 'n naweek vanaf Saterdagaand se voorbereidingsdiens tot Sondagaand se nabetragting nie minder as vyf dienste gehou nie.

Daar was nuwe intrekkers in die dorp en gedurende die eerste "groot kerknaweek" het die vroutjie haar hande vol gehad met haar vyfjarige seuntjie. Tydens die kinderdiens die Sondagmiddag, vlug sy uit radeloosheid na die moederskamer, want die mannetjie wil toe van stilsit en kerk toe gaan, niks meer weet nie.

Toe die diaken omkom met die kollektebord, het hy met groot belangstelling gesit en kyk hoe al die moeders geld ingooi. Toe die diaken uitstap, sê die mannetjie kliphard: "Hemel, Ma, dis dié dat hulle so baie kerk hou! Kyk net hoe baie geld maak hulle!"

Saturday, 11 July 2026

Saterdaglagmedisyne - "Don’t be difficult with old people"

This old lady handed her bank card to the teller and said, “I would like to withdraw R10.” 
The teller told her, “For withdrawals less than R100, please use the ATM."
The old lady wanted to know why. 
The teller returned her bank card and irritably told her, “These are the rules, please leave if there is no further matter. There is a line of customers behind you.”
The old lady remained silent for a few seconds and handed her card back to the teller and said, “Please help me withdraw all the money I have.” 
The teller was astonished when she checked the account balance. She nodded her head, leaned down and respectfully told her, “You have R600 000 in your account, but the bank doesn’t have that much cash currently. Could you make an appointment and come back again tomorrow?"
The old lady then asked how much she could withdraw immediately. The teller told her any amount up to R3000. 
“Well, please let me have R3000 now.” 
The teller, very kindly and with a smile, handed R3000 to her.
The old lady put R10 in her purse and asked the teller to deposit R2990 back into her account.
HAHAHA.
The moral of this story is ...
Don’t be difficult with old people, they spent a lifetime learning the skill.

Saturday, 4 July 2026

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt

Koos het bakore gehad.
"Koos," vra 'n maat op 'n dag, "pla daardie ore jou nie?"
"Nooit," antwoord Koos, "behalwe wanneer ek 'n rondekraagtrui aantrek."

oooOOooo

Hoekom sit Koos elke aand 'n stukkie kaas langs sy rekenaar neer?
Hy is bang die muis word honger. 

oooOOooo

Koos is met 'n blondine getroud. By die werk is hy die enigste mens met 'n deurskynende kosblik. Toe sy een kollega hom daarna vra, antwoord hy as volg: My vrou reken dan kan ek weet of ek werk toe of huis toe moet gaan.

Saturday, 27 June 2026

Saterdaglagmedisyne - Blondines

* Blondine in die fliek
Die blondine is 'n plekaanwyser in 'n fliek. Op 'n dag skrik sy haar byna flou toe sy 'n groot bruin beer in die voorste ry van die fliek sien sit, besig om 'n pakkie springmielies te verorber. 
"Hei," fluister sy verbaas, "waar kry jy die pop-corn? Ek dog die pop-corn-masjien is stukkend!"

* Die blondine ontspan op die strand toe haar selfoon lui. Dis haar ma wat haar bel.
"Haai, Ma," gil die blondine verras, "hoe het Ma geweet ek is hier?"

* Twee blondines skreeu vir mekaar aan weerskante van 'n vol rivier.
"Hoe kom ek aan die ander kant?" skreeu die een.
"Jy is aan die ander kant!" skreeu die ander een.

Saturday, 20 June 2026

Saterdaglagmedisyne - Oupa nog aan die gang

* Na ouma se skielike afsterwe, was die huis vir oupa heeltemal te stil en hy besluit om vir hom 'n geselskaphond aan te skaf. Hierdie is nie goedkoop honde nie, maar oupa is bereid om sy hand diep in sy sak te steek.

Oupa en sy geleerde hond het mekaar van dag een af gevind en was baie erg oor mekaar. Soos die noodlot dit wil hê, raak die hond op 'n onverklaarbare manier een Sondag weg, net mooi in die tyd wat oupa by die kerk was.

Oupa is ontroosbaar. Hy plaas 'n advertensie in die plaaslike koerant en op sosiale media waarin R25 000 aangebied word vir die persoon wat die hond vind.
Twee dae later het hy steeds geen reaksie nie. Hy bel die koerant en vra om met die advertensiebestuurder te praat. Sy sekretaresse sê hy is uit.
Oupa vra toe om met die advertensiebestuurder se assistent te praat. Sy sekretaresse sê hy is ook uit. Nie een van die advertensieklerke is daar nie.
"Waar is almal? Daar is dan niemand nie!" roep 'n baie ontevrede oupa uit.
"Dit is waar, Meneer," antwoord die sekretaresse. "Hulle is almal op straat, op soek na jou hond."

oooOOooo

'n  Klein seuntjie het vir sy oupa gevra of hy bang is vir 'n spook.
"Nee, ou seun," antwoord die oubaas.
"Sal oupa sowaar kans sien om een te groet?" wou die knaap weet.
"Natuurlik, as hy nie omgee om so in die hardloop te groet nie."

Saturday, 13 June 2026

Saterdaglagmedisyne - "Some information needed."

A sweet grandmother telephoned St. Joseph's Hospital. She timidly asked, "Is it possible to speak to someone who can tell me how a patient is doing?"
The operator said, "I'll be glad to help, dear. What's the name and room number of the patient?"
The grandmother in her weak, tremulous voice said, "Norma Findlay, Room 302."
The operator replied, "Let me put you on hold while I check with the nurse's station for that room."
After a few minutes, the operator returned to the phone and said, "I have good news. Her nurse just told me that Norma is doing well. Her blood pressure is fine; her blood work just came back normal and her
Physician, Dr. Cohen, has scheduled her to be discharged tomorrow."
The grandmother said, ""Thank you. That's wonderful. I was so worried. God bless you for the good news."
The operator replied, "You're more than welcome. Is Norma your daughter?"
The grandmother said, "No, I'm Norma Findlay in Room 302. No one tells me anything."

Saturday, 6 June 2026

Saterdaggenotjies: Koos van der Merwe

Koos gaan poskantoor toe om 'n telegram vir sy ma te stuur. (Dit was in die dae voor selfone,WA's en toe die poskantoor nog bestaan het.)
Nadat al die vorms ingevul is, sê die man agter die toonbank vir Koos: "Jy moet R10 vir die aflewering betaal."
"Dis heeltemal belaglik," sê Koos vies. "Los maar die aflewering. Ek sal vir my ma 'n brief skryf en vir haar sê dat sy die telegram by die poskantoor moet gaan haal."

ooOOoo 

Gehoor van die blommeverkoper wat vir Koos op straat voorgekeer het met die voorstel om 'n bos blomme vir sy meisie te koop?
"Ek het nie 'n meisie nie," is sy reaksie.
"Maar koop dan 'n bos blomme vir jou vrou," antwoord die blommeverkoper.
"Ek het nie 'n vrou nie," is sy antwoord.
"Nou koop dan twee bosse blomme vir jou geluk."

ooOOoo 

My buurman, Koos, se hond heet Vraat.
Ek: "Hoekom gee jy vir jou hond so 'n eienaardige naam?"
Koos: "Want hy hap gedurig."

ooOOoo 

Saturday, 30 May 2026

Saterdaglagmedisyne - Van der Merwe

* 'n Ou man is elke Maandagoggend met ipekonders by die dokter. Die oggend vra die dokter: "Oom, wat is vandag die probleem?"
"Ag doktertjie," antwoord die ou man bewerig, "ek het tog so 'n vreeslike pyn in my roer." 
"Haai, oom. Waar sit oom se roer?"
"Nee, ek weet nie. maar elke keer wanneer ek roer, dan pyn dit."

* Koos en sy drinkersvriend sit rustig in die kroeg toe hy skielik na die telefoon geroep word. Hy is nog nie terug op sy stoel nie, of hy bestel 'n dubbele brandewyn en Coke.
"En nou?" vra sy maat.
"Ek het nou net gehoor ek het twee weke om te lewe."
"Was dit jou dokter wat jou gebel het?"
"Nee, my vrou. Sy gaan vir twee weke by haar suster kuier."

* Van der Merwe se vaderlike trots ken geen perke nie.
Sy seuntjie het skaars met vioollesse begin, of hy vertel sy kroegvriende die kind het so 'n natuurlike aanleg dat die bure sy huis se ruite stukkend gooi om die musiek beter te kan hoor.

[Bron: Finansies & Tegniek, 3 November 1995]

Saturday, 23 May 2026

Saterdaglagmedisyne - Wat is 'n soen?

Twee ou omies sit op Ons Huis se stoep en praat oor vergange se dae. Later draai die gesprek in die rigting van soene. En skielik wonder die een oom waar het die gebruik van soen vandaan gekom? Oupa John is nie links nie en haal sy nuwe slimfoon uit. Vandat hy dit vir sy verjaardag gekry het, probeer hy die inwoners tydig en ontydig daarmee beïndruk. Hy besluit om hierdie vraag vir Google te vra.

Oupa John tik: "Wat is 'n soen?"
Antwoord: *Volgens 'n Franse navorser beteken 'n soen omtrent 250 bakterieë en dus 3 minute minder leeftyd. 
* Wanneer laas het jy jou geliefde in jou arms geneem vir 'n lekker lang innige kus? As dit verlede maand of selfs verlede jaar was, is jou verhouding beslis in gevaar.
* Navorsing wat deur 'n versekeringsmaatskappy gedoen is, toon dat mans wat hulle vrouens soggens voor werk tot siens soen in minder motorongelukke betrokke raak as nie-soeners.

Verstom oor al die feite en nuwe inligting wat hy beslis met sy tafelgenote gaan deel, vra oupa John vir Google nog so 'n paar feite.

Hier is nog interessanthede omtrent soene wat jy moontlik nie van geweet het nie:
* Verliefdes oefen 'n druk van tussen dertien en veertien kilogram op mekaar se lippe uit - egpare minder as een.
* Kenners glo soenery het per ongeluk 4000 gelede in Indië ontstaan waar dit die gebruik was om neuse teen mekaar te vryf - totdat iemand gegly het en gevind het dat die mond sensitiewer is as die neus.
* Toe twee tieners in 'n motor by 'n verkeerslig in Rio De Janeiro gesoen het, het die tandedraadjies aan hulle tande verstrik geraak. Hulle het die verkeer twee en 'n halfuur lank opgehou, voordat 'n tandarts hulle uitmekaar kon kry.

Oupa Jack: "Sê my, John, weet jy nou wat 'n soen is?"

Saturday, 16 May 2026

Saterdaglagmedisyne - Oupa & ouma

* Besige Billy se pa moet ingaan vir 'n operasie en ouma besluit om te kom hand bysit en die kind te help met huiswerk en te help met die rondryery.
Sy pa word uit die die hospitaal ontslaan en ouma gaan haal hom. By die huis aangekom, kry sy hierdie blink idee om 'n bietjie vir Billy tot kalmte en rustigheid te maan.
Ouma: "Billy, jy moet nou soet wees en baie stil. Die dokter het jou pa se blindederm verwyder en hy het baie pyn."
Billy: "Het pa dit ook op huurkoop gekoop?"

*  Waarom het oupa vir hom op sy oudag 'n BMW gekoop?
Hy kan dit maklik spel.

* Hoe noem 'n mens 'n Honda met een sitplek?
Ballade vir 'n enkeling.