Saturday, 20 June 2026

Saterdaglagmedisyne - Oupa nog aan die gang

* Na ouma se skielike afsterwe, was die huis vir oupa heeltemal te stil en hy besluit om vir hom 'n geselskaphond aan te skaf. Hierdie is nie goedkoop honde nie, maar oupa is bereid om sy hand diep in sy sak te steek.

Oupa en sy geleerde hond het mekaar van dag een af gevind en was baie erg oor mekaar. Soos die noodlot dit wil hê, raak die hond op 'n onverklaarbare manier een Sondag weg, net mooi in die tyd wat oupa by die kerk was.

Oupa is ontroosbaar. Hy plaas 'n advertensie in die plaaslike koerant en op sosiale media waarin R25 000 aangebied word vir die persoon wat die hond vind.
Twee dae later het hy steeds geen reaksie nie. Hy bel die koerant en vra om met die advertensiebestuurder te praat. Sy sekretaresse sê hy is uit.
Oupa vra toe om met die advertensiebestuurder se assistent te praat. Sy sekretaresse sê hy is ook uit. Nie een van die advertensieklerke is daar nie.
"Waar is almal? Daar is dan niemand nie!" roep 'n baie ontevrede oupa uit.
"Dit is waar, Meneer," antwoord die sekretaresse. "Hulle is almal op straat, op soek na jou hond."

oooOOooo

'n  Klein seuntjie het vir sy oupa gevra of hy bang is vir 'n spook.
"Nee, ou seun," antwoord die oubaas.
"Sal oupa sowaar kans sien om een te groet?" wou die knaap weet.
"Natuurlik, as hy nie omgee om so in die hardloop te groet nie."

No comments:

Post a Comment