Ons Huis-foto's: Inwoners 2017

Terug na HOME PAGE

Die Wings Harley Klub van Kimberley - 'n klub met brullende harte

Die Wings Harley Klub van Kimberley het op 12 Desember 2017 aan ACVV Ons Huis twee mikrogolfoonde, een 'urn', 'n musieksentrum en R30000,00 wat vir die aankoop van linne aangewend sal word, geskenk.

Die bestuur, personeel en inwoners van Ons Huis het groot waardering vir hierdie mooi gebaar.
[Foto's verkry vanaf die ACVV FB]








Die inwoners van Ons Huis is hard aan die brei vir
minderbevoorregte kinders en -gesinne in
die gemeenskap!
Baie dankie vir jul bereidwilligheid!!

Inwoners by ACVV Ons Huis residensiële fasiliteit vir 
ouer persone wil graag die winter serpies, truie en 
sokkies brei ten bate van kliënte van die maatskaplike 
dienste in Soul City en Leratopark. Indien u oortollige 
wol het, is u welkom dit af gee by Ons Huis in 
Ariadne Rylaan of by die ACVV-kantoor op die hoek
van Long- en Hollandweg. Vir verdere navrae
skakel gerus ACVV Kimberley-kantoor
by (053) 831 5815.

Daar is genoeg speletjies om die brein besig en skerp te hou!
 

Tannie Reid het vandag 105 jaar oud geword. 

Baie geluk tannie, mag die nuwe lewensjaar gevul 
wees met goeie gesondheid. Sy is n voorbeeld vir elkeen
van ons hier by Ons Huis.


No comments:

Post a Comment