Showing posts with label Mandela-dag. Show all posts
Showing posts with label Mandela-dag. Show all posts

Tuesday, 18 July 2023

67 minute vir Mandeladag vir die onsigbares langs die pad

67 minute een keer per jaar is nie baie gevra nie en tog is daar nie baie mense wat gehoor daaraan gee nie. 

Een van die heerlike uitreike was Hester Kok, personeellid van Kimberley se ACVV, wat besluit het dat 18 Julie só in die middel van die winter is, dat warm vetkoek met maalvleis nie net die mense met 'n warm eetdingetjie in die hand gaan los nie, maar ook met 'n warm hart.

Werklose mense wat so hoopvol langs die pad staan in die hoop om 'n werkie vir die dag te kry, word dikwels onsigbaar vir ons wat elke dag verby hulle ry.

Die voorbereiding is met baie liefde aangepak en almal was betrokke by die uitdeel.





Saturday, 28 July 2018

'n Heerlike 67 minute van bederf ...


18 Julie 2018

Lede van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die inwoners van die hoofgebou van Ons Huis kom besoek op Mandela-dag. 

Hulle het heerlike eetgoed saamgebring, asook geskenkies en die inwoners het elkeen 'n nekmasering gekry. 

Baie dankie vir die 67 minute wat julle saam met ons inwoners spandeer het.

Vir nog foto's, maak gerus 'n draai by die ACVV FB. 






 
 

Friday, 27 July 2018

Die verswakte afdeling word bederf!


Ons Huis se verswakte afdeling het besoek ontvang van Kimberley Hospitaal se terapie-sentrum. Wat 'n welkome verandering was dit nie in die daaglikse roetine van hierdie afdeling toe die 7 besoekers op Mandela-dag 'n glimlag op die inwoners se gesig gesit het nie.

Elke inwoner het 'n kombersie ontvang en terapie is met die Alzheimers-inwoners gedoen. Almal het lekker saam gekuier. Baie dankie vir die 67 minute wat julle saam met ons inwoners spandeer het. Dit word opreg waardeer - hierdie inwoners kry nie altyd besoek nie! Onthou, julle hoef nie tot die volgende Mandela-dag te wag nie!! Julle is altyd meer as welkom. Kyk ook na die FB vir nog foto's.
Aitsa, Wynand!!!


Ernie is die ene smiles hier!!!
Granny is reeds so lief vir 'n soet dingetjie!