Showing posts with label Basaar. Show all posts
Showing posts with label Basaar. Show all posts

Saturday, 14 September 2024

Saterdaglagmedisyne


Winskopie by die lekkergoedtafel van die kerkbasaar
Jimmy: Tannie, hoeveel kos die los lekkers?
Tannie: Ses vir R5.
Jimmy: O, dis dan vyf lekkers vir vier rand. Vier vir drie rand, drie vir twee rand, twee vir een rand en een vir niks! Gee my asseblief een, dankie Tannie!

Saturday, 22 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023

Kom besoek gerus die beroemde Disneyland teen 'n baie bekostigbare prys. Die wisselkoers is uitstekend en geen paspoorte en toustanery is nodig nie ... 'n Een maal in 'n leeftyd geleentheid vir alle kinders. Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - hierdie is die hoogtepunt van 'n baie spesiale kuier!

Gee vroulief die naweek af en kom koop 'n heerlike ete saam met poeding om die gesin te bederf. Bring jou vriende en bure saam. 

Waar: Dutoitspan-gemeente, Dyerplek, Beaconsfiel, Kimberley
Wanneer: Saterdag, 29 Julie 2023

SIEN JOU DAAR!!

Thursday, 13 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - omkring die datum

29 Julie is om die draai en so ook Dutoitspan Kerk se jaarlikse basaar. Kom kuier gerus vir ons. Vanjaar is die basaar op die kerkterrein self. Daar is vir elke smaak iets by die basaar: kuns, boeke, 'n groot verskeidenheid eetgoed, vermaak vir die kinders en heerlike geselskap van al die Dutoitspanners! 
Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Thursday, 15 June 2023

Basaar: Donasies gevra


Oktober is om die draai en so ook ACVV Ons Huis se jaarlikse basaar. Ons benodig dringend oorskiet wol, lappies, houthangers wit olifante of klere vir die klerewinkel. Indien enige van genoemde items die kaste in jou huis vol lê, ons hier by Ons Huis kan dit nuttig gebruik.  

Die donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by Ons Huis-ontvangs (Ariadnesingel) of by die ACVV se  kantoor te Halkettstraat 14, Kimberley.

Tuesday, 26 July 2022

'n Warm winterbasaar

 

ACVV-basaar: 29 Julie by Diamantveld Kerk.

Jy is uitgenooi - bring jou gesin, jou bure en skoonfamilie saam. Kom ondersteun die ACVV Maatskaplike Dienste en Ons Huis se winterbasaar!

Hope pret en eetgoed vir die hele gesin. Mickey Mouse gaan die kinders in persoon vermaak. Sorg dat jy daar is om saam met hom te sing en te dans. Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie.


SIEN JOU DAAR!!

Monday, 18 July 2022

Winterbasaar

ACVV-basaar: 29 Julie by Diamantveld Kerk.

Jy is uitgenooi - bring jou gesin, jou bure en skoonfamilie saam. Kom ondersteun die ACVV Maatskaplike Dienste en Ons Huis se winterbasaar! 

Hope pret en eetgoed vir die hele gesin. Mickey Mouse gaan daar wees om saam met julle te sing en te dans. Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie.

SIEN JOU DAAR!!

Wednesday, 13 July 2022

ACVV-winterbasaar

ACVV-basaar: 29 Julie by Diamantveld Kerk.

Jy is uitgenooi - bring jou gesin, jou bure en skoonfamilie saam. Kom ondersteun die ACVV Maatskaplike Dienste en Ons Huis se winterbasaar!

Hope pret en eetgoed vir die hele gesin. Mickey Mouse gaan die kinders in persoon vermaak. Sorg dat jy daar is om saam met hom te sing en te dans. Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie.

SIEN JOU DAAR!!

Sunday, 6 October 2019

Dankie!!

'n Dankie uit die hart vir elkeen se ongelooflike bydrae en samewerking.

Friday, 4 October 2019

Onthou ons basaar hierdie naweek ...

Moenie die belangrikste datum op Kimberley se kalender mis nie. Wees daar, bring die bure saam en moenie van Ons Huis se inwoners vergeet nie. Gaan laai gerus 'n basaarpoeding af of 'n inwoner op.

Sien jou DAAAAAR!!!


Sien jou daar ...

Moenie die belangrikste datum op die ACVV-kalender vergeet nie!! Ons sien julle daar met 'n vol beursie en 'n leë mandjie om al die inkopies te pak!

Bring sommer die bure en die bure se bure saam. Hoe meer siele hoe meer vreugde.

Thursday, 3 October 2019

Kom geniet die dag ...

Daar is van alles en nog wat. Daar is iets vir 'n ieder en 'n elk. Kom vergewis uself daarvan.

Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za 

Monday, 30 September 2019

5 days left!!



What's happening this week ...

ACVV Maatskaplike Dienste hou die 5de Oktober 2019 basaar. Ondersteun die goeie doel deur enige donasies te skenk. Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za

Dankie vir almal se ondersteuning.

Saturday, 28 September 2019

Kom ondersteun ons - 5 Oktober 2019

Pryse te wen,
hope pret,
heerlike kos
en nog baie meer.
Kom onder steun ons vir 'n goeie doel!


Tuesday, 24 September 2019

Baie baie dankie ...



Malu Pork
Pick 'n Pay Rhodesdene
West End slaghuis
Qualicon Construction
Destiny House
Dail a Pack
ACVV Ons Huis
Newton Skool
Eureka Skool
Kleinkind Ontwikkeling
Dail a Bake

Monday, 23 September 2019

Basaar: vele hande - ligte werk ...

Ons basaar is amper hier. 'n Droom wat 'n realiteit geword
het. Skenkings  in watter vorm ookal, is meer
as welkom. Hulp in die gedaante van ekstra hande, 'n
noodsaaklikheid. Tyd, geld of goedere - ons het jou nodig.
Kontak Cindy: 079 697 6336  

Sunday, 22 September 2019

Dankie vir die positiewe reaksie!

Johanna Gerryts het sommer vroeg-vroeg al van haar laat hoor. Sy is bereid om pannekoek te bak en sy is ook bereid om deeg te help aanmaak!'
Verder kan die poedingtafel ook op 'n skenking van haar kant af staatmaak.
 
Viva basaarpannekoek en basaarpoeding!

Verder nooi sy vir Jannie en Rina hartlik uit om hulle gewig in te gooi. 

Enige een wat hierdie verdienstelike saak wil ondersteun, kontak Cindy op 0796976336 of 0538315815

Basaartyd raak min ...

ACVV Kimberley hou sy eerste basaar op 5 Oktober 2019!

Ondersteun ons asb. Donasies in watter vorm ookal, is meer as welkom. Ons sien uit daarna om met u saam te werk. Kontak ons, besoek ons kantore of kom maak sommer 'n vinnige draai by Ons Huis.

Mense wat ons kan en wil ondersteun, kontak Cindy op 0796976336 of 0538315815

Basaaridees hier!


Friday, 20 September 2019

Versprei die woord - ons sien julle daar!!!

ACVV Maatskaplike Dienste hou die 5de Oktober 2019 basaar. Ondersteun die goeie doel deur enige donasies te skenk. Ons sien uit daarna om saam met u te werk. Gaan loer hier vir idees vir die kindertafel.

Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za

Dankie vir almal se ondersteuning.