Showing posts with label Definisie. Show all posts
Showing posts with label Definisie. Show all posts

Sunday, 24 December 2023

Wat is ‘n senior burger?

‘n Senior burger is iemand wat hier was voor die pil, voor vrieskos, televisie, kredietkaarte en bolpuntpenne.
Hardeware was hamers, spykers, boute en moere.
En sagteware was nog nie eens ‘n woord nie.
Senior burgers was hier voor droogdrup, skottelgoedwassers, pizzas en kitskoffie.
Toe senior burgers jonk was, het hulle getrou en dan saamgebly.
Sigarette was ‘n teken van klas, boom was ‘n verfraaiing vir die tuin, dop was ‘n ding óm ‘n eier en ‘n agtermekaar kêrel het mens graag verwelkom by jou dogter.
Senior burgers is nogal taamlik geharde mense - veral as mens dink hoeveel hulle moes aanpas by vandag se tye.

[Dankie, Anoniem, wat op Vrydag se versoek gereageer het.]

Friday, 22 December 2023

Definisie van ‘n senior burger

‘n Wyse ou inwoner van 'n verpleeginrigting het die volgende definisies oor senior burgers gegee.

‘n Senior burger is iemand wat nog groei, wat nog leer, met potensiaal, en wie se lewe belofte inhou vir skakeling met die toekoms.

So ‘n persoon jaag nog steeds geluk, vreugde en plesier na, want dis tog mos almal se geboortereg.

Gewoonlik is ‘n senior burger iemand wat respek en eer verdien, wat die wyshede van ‘n lang lewenservaring opbou in ‘n erfenis vir die toekomstige geslagte.

[Stuur gerus jou definisie van 'n senior burger in.]