Showing posts with label Uitstappie. Show all posts
Showing posts with label Uitstappie. Show all posts
Saturday, 20 October 2018
Dankie, Diamantveld-gemeente!
'n Groot Ons Huis-dankie aan die omgee-gemeentelede wat 'n gewone Woensdag ingekleur het dat dit een van die uitstaandae op 2018 se kalender geword het. Ons waardeer dit!
Braaidag - 10 Oktober 2018
'n Aangename verrassing het die inwoners van Ons Huis te beurt geval toe die NG Kerk Diamantveld besluit het om op 10 Oktober 2018 'n Ons Huis-braaidag te hou.
So 'n uitstappie is in meer as een opsig heerlik. Dit gee 'n mens sommer die geleentheid om jou sintuie in die natuur 'n bietjie op te skerp. Dit was 'n heerlike sonskyndag en die gedekte tafels onder die groot ou koeltebome het sommer weer energie in die ou bene kom sit!

Saturday, 15 September 2018
'n Besoek aan Mokala ...
Mokala is SANpark se nuutste park en ons het die uitstappie soontoe baie geniet. Dit is ongeveer 70 km suidwes van Kimberley op die N12 Kaapstad toe. Mokala bied ook 'n verskeidenheid blyplekke vir diegene wat 'n naweek van die stadsbedrywighede wil vlug. Ons het heel rustig by 'n uitkykpunt gesit en peusel aan ons kospakkies wat baie keurig verpak is. 'n Groot dankie aan elkeen wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.
Gaan besoek gerus die ACVV FB vir nog foto's.
Gaan besoek gerus die ACVV FB vir nog foto's.
Subscribe to:
Posts (Atom)