Showing posts with label Soen. Show all posts
Showing posts with label Soen. Show all posts

Saturday, 23 May 2026

Saterdaglagmedisyne - Wat is 'n soen?

Twee ou omies sit op Ons Huis se stoep en praat oor vergange se dae. Later draai die gesprek in die rigting van soene. En skielik wonder die een oom waar het die gebruik van soen vandaan gekom? Oupa John is nie links nie en haal sy nuwe slimfoon uit. Vandat hy dit vir sy verjaardag gekry het, probeer hy die inwoners tydig en ontydig daarmee beïndruk. Hy besluit om hierdie vraag vir Google te vra.

Oupa John tik: "Wat is 'n soen?"
Antwoord: *Volgens 'n Franse navorser beteken 'n soen omtrent 250 bakterieë en dus 3 minute minder leeftyd. 
* Wanneer laas het jy jou geliefde in jou arms geneem vir 'n lekker lang innige kus? As dit verlede maand of selfs verlede jaar was, is jou verhouding beslis in gevaar.
* Navorsing wat deur 'n versekeringsmaatskappy gedoen is, toon dat mans wat hulle vrouens soggens voor werk tot siens soen in minder motorongelukke betrokke raak as nie-soeners.

Verstom oor al die feite en nuwe inligting wat hy beslis met sy tafelgenote gaan deel, vra oupa John vir Google nog so 'n paar feite.

Hier is nog interessanthede omtrent soene wat jy moontlik nie van geweet het nie:
* Verliefdes oefen 'n druk van tussen dertien en veertien kilogram op mekaar se lippe uit - egpare minder as een.
* Kenners glo soenery het per ongeluk 4000 gelede in Indië ontstaan waar dit die gebruik was om neuse teen mekaar te vryf - totdat iemand gegly het en gevind het dat die mond sensitiewer is as die neus.
* Toe twee tieners in 'n motor by 'n verkeerslig in Rio De Janeiro gesoen het, het die tandedraadjies aan hulle tande verstrik geraak. Hulle het die verkeer twee en 'n halfuur lank opgehou, voordat 'n tandarts hulle uitmekaar kon kry.

Oupa Jack: "Sê my, John, weet jy nou wat 'n soen is?"

Thursday, 6 November 2025

Ouma se wenke: Soen

Hier volg vyf goeie redes volgens my beskeie mening om te soen:

* Dit is 'n uitstekende manier om die liggaam te laat ontspan.
* Dit verbrand kilojoules volgens die geleerdes - omtrent een vir elke minuut van soen.
* Dit gee vir jou hart goeie oefening deurdat dit jou polsslag opjaag.
* Dit help tandbederf beveg - dit wakker speeksel aan wat plaak afbreek.
* Dit gee jou selfbeeld 'n hupstoot - as iemand jou soen, dink hy tog dis lekker om naby jou te wees ...
Elkeen soen sy vrou op sy eie manier!

Sunday, 6 July 2025

Internasionale soendag

Glo dit of jy wil of nie, daar is selfs 'n Internasionale Soendag! 

Vandag is die dag waarop jy jou geliefdes met 'n soen moet groet. Of dit nou ’n piksoentjie is, of één wat jou tone laat omkrul van lekkerkry, vandag is die dag daarvoor.

Wêreldsoendag is die eerste keer deur die Britte geïnisieer en in 1991 word dit deur die Verenigde Nasies erken. Die gewildste aktiwiteit op hierdie dag is die verskeie soenkompetisies wat in baie stede regoor die wêreld gehou word en in dieselfde asem samel sommige instansies sommer geld vir liefdadigheid in. Twee vlieë met een klap of is dit nou twee soene ...?

Selfs die soen het 'n geskiedenis. Klik gerus HIER om jou van die feite te vergewis.