Wednesday 31 July 2019

Ons Huis: Onthou jy nog?

" Dit was my oorle pa se gunsteling leesstof Waaroor my ma so baie baklei het: 'Ruiter in swart, Skrik Ruiter, Kaptein Duiwel, Arend, Saal 10, Eerste Liefde. Het self 'gelike' om dit te lees." Johanna Strauss

"Dis hoe my ma leer Afrikaans praat het toe ons na SA gekom het, hierdie en Patrys - onthou jul nog?" Dana Kostalova Van Niekerk

"Sal ons dit ooit vergeet! Veral Tanya en Sjang. Die Suid Afrikaanse Chinees met sy swart eyeliner. Die Wit Tier. Grensvegter. Arend. Takoeza. Ben Brand. Saal 10. Beau, die ontembare. Die Saboteur en Mark Condor. 'Oh my word.' Die jongklomp gaan nie weet waarvan ons praat nie." Ester Barnard

"Ek was in die laerskool en het dit skelm gelees, want dit was mos duiwels. Ons het onder mekaar geleen. Dan het my Ma die KEUR en KYK ook gekoop. Sy't dit elke week weggesteek, selfs onder die mat, maar ek't al haar tydskrifte skelm uitgesnuffel en weer mooi gaan bêre. Keur, Kyk, Ster, Nou, Sarie, Brandwag. Alles, sy't net nie die Huisgenoot gekoop nie." Tissie Dumond Davel

"Kan iemand vir my sê? Hoekom het ons ouers dit so gehaat dat ons die boekies nie mag lees nie. Ons het dit altyd weggesteek as hul aankom." Magda Coetzee

"Ek het dit gelees binne-in 'n skoolboek - as my ma in my kamer gekom het, het ek kliphard geleer,  as sy uit is by daai deur, verder gelees, hoe verlang ek nou na daai dae." Maggie Hirselman
Kyk ook hier vir nog foto's.

Bron: Nog heerlike onthou-jy-nogs!

Sunday 28 July 2019

Dankie vir 67 minute ...

Dankie dat ons deel was van julle 67 minute! Gaan loer vir nog foto's hier en sommer hier ook.


Saturday 27 July 2019

Die hardloop-engele van Ons Huis ...

Vir elke tekkie teen die teer, 'n groot dankie vir julle onbaatsugtige bydrae. Dit maak 'n reuse verskil. Mag julle nog baie jare geseënd wees om 'n verskil te maak, daar waar dit nodig is. Nog foto's hier.





Watter soort spore laat ek na?

Friday 26 July 2019

Kuiervriende altyd welkom ...

Baie dankie aan Loki en Chrisna Kenny wat vir Ons Huis se inwoners kom kuier het. Julle is altyd welkom en bring sommer 'n vriendin of twee saam. Kuiervriende maak 'n dag sommer baie korter. 


Slegte ekonomiese tye raak ook Ons Huis!

Ons Huis benodig die volgende: 
Boeke vir ons biblioteek
Drinkgoed - tee, koffie, melk, suiker
Elektriese skeermesse
Ensure, aanmaakkoeldrank
Handskoene en urinestokkies
Klere vir die klerewinkel
Kuiers oor 'n koppie tee
Lakens en "linen savers"
Pleisters en verbande
Skoonmaakmiddels
Skryfbehoeftes
Snoeperye
Vrywilligers wat sal kom lees 
Tuinmeubels
Toiletware

Tydskrifte

U kan ook ‘n donasie maak om genoemde items te koop.

Thursday 25 July 2019

Wednesday 24 July 2019

Sunday 21 July 2019

Ek is lief vir kinders, maar ouer mense het ‘n spesiale plek in my hart ...

Ou mense is soos historiese geboue, volhoubaar.

Omdat volhoubaarheid ‘n groot woord is, word dit gevul met die varsheid van skoon lug en is dit propvol unieke persoonlikheid. Die uniekheid daarvan is deel van die varsheid wat saam ons met die ouderdom bekruip.

Alhoewel volhoubaarheid gemik is op die belofte van ‘n gesonde betroubare toekomsomgewing, sluit dit egter meer as net selfversorgendheid van die omgewing in.

Want sien, net soos die toekoms met tyd kom so ook kom die ouderdom ook met tyd.

Of ons dit nou wil beveg met botox of watter magiese towerkrag gesig of lyfroom ookal inhou, sal ons almal eendag oud word.

Namate babas ouer word, is die senior burgers op die rand van ‘n vinnige inflasie.

Ons praat so baie oor die ontwerp van ‘n stad wat ons vir ons kinders wil agter laat, maar ons moet nooit vergeet van die stap tussen die ontwerp en die veroudering van ons self nie.

Alhoewel die verskuiwing en sosialisering moeiliker word, hoef dit nie noodwendig uitgewis of gehospitaliseer te word nie.

In plaas daarvan, moet die ongewing eerder fokus op die aanmoediging van ‘n volledige welstand wat steeds onafhanklik bly en stimuleer.

Ons dink maar aan ‘n versameling voorbeelde van “art deco” argitektuur in ons eie dorp, wat tweede in die wêreld is wat die geboue betrek, wat ‘n gesonde manier van ontwerp vir die veroudering illustreer.

Sommige raak vervalle, terwyl ander telkens ‘n nuwe baadjie aangetrek word.

Net soos die ou geboue, volg die ou mense ook ‘n pad van val en opstaan wat omring is met liefde en omgee.

Dit word ook omring met beskerming wat toeganklik is deur die hart wat, net soos ons, ook eens op ‘n tyd jonk gepomp het in die holte van die borskas.

Ten spyte van die ouderdom, is daar geen rede hoekom mense met ander oë na hierdie mense kyk nie.

Dit is die mense wat gepreserveer word deur hul kleinkinders.

Kleinkinders wat hulle met liefde kan leer en verhale deel van hul jeug.

Met grysheid kom wysheid, sê Salomo, en dit is inderdaad so.

Sal ons in hulle voetspore kan volg, of gaan ons ook net soos ou historiese geboue vervalle word en van geen nut wees nie?

Hopelik is ons lewe die verhaal van die omgewing waarin en die mense saam met wie ons groot geword het.

Maar hierdie ou mense wat hul merk in die lewe gemaak het, of dit nou in die publieke oog, of slegs binne die mure van hul huise was, het ‘n merkwaardige deel van die samelewing geword.

Kom ons kyk hoekom ou mense belangrik is vir die samelewing.

Seniors is belangrik omdat hulle, indien hulle die geleentheid kry, baie het om ons te leer.

Hulle kan nuttig wees in ons toepassing van lesse van die lewe, byvoorbeeld ons selfbeeld, selfrespek en selfdissipline.

Ook omdat hulle ‘n groot mate van tevredenheid en vreugde bied om by hulle te wees.

Hulle is ook belangrik as gevolg van hul lang opgehoopte kennis, ervaring en wysheid.

Die praktiese ervaring wat hulle bied is ongelooflik goed en omdat hulle so baie het om vir ons gee.

Net soos historiese geboue het hulle ook baie lesse van nederigheid geleer.

Dink maar aan die pret metgeselle wat hulle kan wees wanneer ons leer hoe om in hul geselskap te wees.

Historiese geboue kry ook soms krake van ouderdom en kan boekdele skryf van wat hulle ervaar het in hul leeftyd.

Dit is nou mits hulle kon praat.

Ou mense is presies dieselfde want hulle weet dinge wat ons nooit sal raai tensy ons vra nie.

Die meeste van die tyd weet ou mense presies wanneer om op te hou praat en te gaan sit.

Dit is hulle wat ‘n storie het om te vertel; ‘n verhaal wat opgeskryf kan word in die geskiedenis van elkeen van ons se lewens.

Lees gerus hier.

[Anna Robertson]

Saturday 20 July 2019

Jou hart is waar jou huis is ...

As jou huis Ons Huis is, dan is jou hart ook hier. Dis nie altyd maklik nie, maar  geluk is iets wat jy met jou saamdra waar jy ookal gaan.

Thursday 18 July 2019

Tuesday 16 July 2019

Monday 15 July 2019

Saturday 13 July 2019

Friday 12 July 2019

Tuesday 9 July 2019

Sunday 7 July 2019

FROM ANGUS BUCHAN ...

Heavenly Father, in the Name of Jesus, we bind the spirit of the antichrist and the spirit of hatred between Black and White South Africans.  We break every spirit of racial hatred in the mighty Name of Jesus! We free the South African people from hatred, unforgiveness, and murder in Jesus' Name! Release them from this bondage Lord.  Spirit of unforgiveness, we bind you and break your hold over the nation in Jesus Name.  We forbid u to harm any race group. Satan, We nullify your evil works in the Name of Jesus!  We declare that all authority is given to Jesus in Heaven and on earth!  Jesus is Lord in South Africa !  Every knee shall bow to the name of Jesus!  Every power of darkness has to bow to Jesus!  We ask dear Lord Jesus, that you cover and protect every innocent citizen in SA from the wiles of the devil. Cover them with your precious Blood. In Jesus mighty Name, Amen!

Saturday 6 July 2019

Thursday 4 July 2019

Wednesday 3 July 2019

Winterhoop

Hierdie winter het in hoofletters op ons toegesak. Daarom wil ons aan die Winterhoopprojek so baie dankie sê vir die ongelooflike werk wat hulle doen. Aan elkeen wat bygedra het om Winterhoop se arms te versterk, dit gaan glad nie ongesiens verby nie. Nog foto's hier te sien.


Tuesday 2 July 2019