Ou mense is soos historiese geboue, volhoubaar.
Omdat volhoubaarheid ‘n groot woord is, word dit gevul met die varsheid van skoon lug en is dit propvol unieke persoonlikheid. Die uniekheid daarvan is deel van die varsheid wat saam ons met die ouderdom bekruip.
Alhoewel volhoubaarheid gemik is op die belofte van ‘n gesonde betroubare toekomsomgewing, sluit dit egter meer as net selfversorgendheid van die omgewing in.
Want sien, net soos die toekoms met tyd kom so ook kom die ouderdom ook met tyd.
Of ons dit nou wil beveg met botox of watter magiese towerkrag gesig of lyfroom ookal inhou, sal ons almal eendag oud word.
Namate babas ouer word, is die senior burgers op die rand van ‘n vinnige inflasie.
Ons praat so baie oor die ontwerp van ‘n stad wat ons vir ons kinders wil agter laat, maar ons moet nooit vergeet van die stap tussen die ontwerp en die veroudering van ons self nie.
Alhoewel die verskuiwing en sosialisering moeiliker word, hoef dit nie noodwendig uitgewis of gehospitaliseer te word nie.
In plaas daarvan, moet die ongewing eerder fokus op die aanmoediging van ‘n volledige welstand wat steeds onafhanklik bly en stimuleer.
Ons dink maar aan ‘n versameling voorbeelde van “art deco” argitektuur in ons eie dorp, wat tweede in die wêreld is wat die geboue betrek, wat ‘n gesonde manier van ontwerp vir die veroudering illustreer.
Sommige raak vervalle, terwyl ander telkens ‘n nuwe baadjie aangetrek word.
Net soos die ou geboue, volg die ou mense ook ‘n pad van val en opstaan wat omring is met liefde en omgee.
Dit word ook omring met beskerming wat toeganklik is deur die hart wat, net soos ons, ook eens op ‘n tyd jonk gepomp het in die holte van die borskas.
Ten spyte van die ouderdom, is daar geen rede hoekom mense met ander oë na hierdie mense kyk nie.
Dit is die mense wat gepreserveer word deur hul kleinkinders.
Kleinkinders wat hulle met liefde kan leer en verhale deel van hul jeug.
Met grysheid kom wysheid, sê Salomo, en dit is inderdaad so.
Sal ons in hulle voetspore kan volg, of gaan ons ook net soos ou historiese geboue vervalle word en van geen nut wees nie?
Hopelik is ons lewe die verhaal van die omgewing waarin en die mense saam met wie ons groot geword het.
Maar hierdie ou mense wat hul merk in die lewe gemaak het, of dit nou in die publieke oog, of slegs binne die mure van hul huise was, het ‘n merkwaardige deel van die samelewing geword.
Kom ons kyk hoekom ou mense belangrik is vir die samelewing.
Seniors is belangrik omdat hulle, indien hulle die geleentheid kry, baie het om ons te leer.
Hulle kan nuttig wees in ons toepassing van lesse van die lewe, byvoorbeeld ons selfbeeld, selfrespek en selfdissipline.
Ook omdat hulle ‘n groot mate van tevredenheid en vreugde bied om by hulle te wees.
Hulle is ook belangrik as gevolg van hul lang opgehoopte kennis, ervaring en wysheid.
Die praktiese ervaring wat hulle bied is ongelooflik goed en omdat hulle so baie het om vir ons gee.
Net soos historiese geboue het hulle ook baie lesse van nederigheid geleer.
Dink maar aan die pret metgeselle wat hulle kan wees wanneer ons leer hoe om in hul geselskap te wees.
Historiese geboue kry ook soms krake van ouderdom en kan boekdele skryf van wat hulle ervaar het in hul leeftyd.
Dit is nou mits hulle kon praat.
Ou mense is presies dieselfde want hulle weet dinge wat ons nooit sal raai tensy ons vra nie.
Die meeste van die tyd weet ou mense presies wanneer om op te hou praat en te gaan sit.
Dit is hulle wat ‘n storie het om te vertel; ‘n verhaal wat opgeskryf kan word in die geskiedenis van elkeen van ons se lewens.
Lees gerus hier.
[Anna Robertson]
No comments:
Post a Comment