Goeiedag Almal
Ek bring geensins nuwe nuus as ek sou beweer dat elkeen van ons op hierdie liewe aarde aan die worstel was-is-sal wees ...
Ons geboorte het gepaardgegaan met 'n worsteling! Vra jou Ma!
En dan was ons grootword en oudword ook ook gevul met Lief en leed!
Hier in die Hexvallei het ek oor meer as 10 jaar geleer dat Tafeldruiwe-boerdery nie vir sissies is nie! Swaarkry, swaar werk, swaartrek, skades en seëninge almal in 'n ry soos 'n lekker Karoo-lam-sosatie!
Lees gerus Ps. 73 en 37 saam met Liedboek 200:1,2,3 asook Rom. 2:4 net om 'n paar te noem.
Seënwense
Brahm
Ek is van oortuiging dat die Here met my en met ons in hierdie tyd praat oor die tyd wat God aan ons gee om te 'Ora et Labora' (Bid en Werk) want die 'tydglas' loop uit!
Showing posts with label Ds. Brahm Reyneke. Show all posts
Showing posts with label Ds. Brahm Reyneke. Show all posts
Wednesday, 24 July 2024
Sunday, 23 January 2022
Gedurende 'n storm moet ons vertroue kies
Vaste Wete vir heeldag elke dag:
Vertrou - Glo in Jesus Christus ...
Weet - God is in beheer ...
Bid - sonder ophou ...
Kies Vertroue bo Vrees in
elke storm!
Monday, 3 January 2022
Vat 5 vandag en ook elke dag!
Vandag is die 3 de Januarie 2022, die eerste dag van die eerste week in die jaar 2022! En ek groet jou in die wonderlike Naam van Jesus Christus ons Here en Verlosser.
Vat 5 vandag en ook elke dag!
1. Vandag is die 1ste dag van die res van my lewe. En die res van my lewe is net vandag asof vandag my laaste dag is!
2. Vandag is Die Dag van die Here!
3. Vandag is God se Koninkryk deur Jesus Christus naby aan ons. Mat 4:17
4. Vandag is God se Barmhartigheid, soos elke môre, nuut en Sy trou steeds groot Kla 3:21-23
5. Vandag is God se tyd om Sy stem te hoor Heb 3:7-9
Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Kom bid saam met my die woorde van 1 Kron 4:9-10, Num 6:24-26 & Heb 13:20-21.
Gebed:
Sal U ons grondgebied vermeerder en U hand van Genesing, Beskerming en Versorging oor ons hou sodat alle onheil van ons afgeweer sal word en sodat geen smart of plaag ons sal tref nie!
Ja Here, ons bid in Jesus Naam, dat U o HERE ons sal seën en behoed; dat U o HERE U aangesig oor ons sal laat skyn en ons genadig wees. Ja Here, laat U aangesig oor ons verhef word en U aan ons U vrede gee.
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, ons volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in ons te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid!
Vat 5 vandag en ook elke dag!
1. Vandag is die 1ste dag van die res van my lewe. En die res van my lewe is net vandag asof vandag my laaste dag is!
2. Vandag is Die Dag van die Here!
a. Ps. 118:24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
3. Vandag is God se Koninkryk deur Jesus Christus naby aan ons. Mat 4:17
a. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
4. Vandag is God se Barmhartigheid, soos elke môre, nuut en Sy trou steeds groot Kla 3:21-23
a. Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.
5. Vandag is God se tyd om Sy stem te hoor Heb 3:7-9
a. Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Kom bid saam met my die woorde van 1 Kron 4:9-10, Num 6:24-26 & Heb 13:20-21.
Gebed:
God van Israel, Hemel Vader, Seun en Heilige Gees, sal U in U groot genade en barmhartigheid vir ons in 2022 ryklik seën, o Here.
Sal U ons grondgebied vermeerder en U hand van Genesing, Beskerming en Versorging oor ons hou sodat alle onheil van ons afgeweer sal word en sodat geen smart of plaag ons sal tref nie!
Ja Here, ons bid in Jesus Naam, dat U o HERE ons sal seën en behoed; dat U o HERE U aangesig oor ons sal laat skyn en ons genadig wees. Ja Here, laat U aangesig oor ons verhef word en U aan ons U vrede gee.
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, ons volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in ons te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid!
Amen.
[Ds. Brahm Reyneke]
Saturday, 23 January 2021
Daaglikse boodskappies
| Klik HIER om na die daaglikse boodskappies deur ds. Brahm Reynecke te luister. |
Saturday, 16 January 2021
Saturday, 9 January 2021
Daaglikse boodskappies
| Klik HIER om na die daaglikse boodskappies deur ds. Brahm Reynecke te luister. |
Sunday, 23 August 2020
Druppels Hoop: Kort Psalm-boodskappies
| Klik gerus HIER indien jy een van die Psalms wil lees. |
Labels:
Druppels van Hoop,
Ds. Brahm Reyneke,
Grendelgenade,
Grendeltyd,
Psalms
Saturday, 22 August 2020
Inspirasie: 'n Gunstige tyd vir John Wayne
Hy is in 1979 oorlede.
ʼn Storie wat drie weke voor sy dood gebeur het, het onlangs my pad gekruis ...
Robert Schuller was een van Amerika se bekendste Televisie-Evangeliste. Hy het in een van sy programme vertel van sy tienerdogter wat in ʼn motorfietsongeluk was en dat die dokters sê hulle sal haar een been moet afsit.
John Wayne het dit gehoor en stuur vir haar ʼn boodskap:
“Dear Cindy, sorry to hear of your accident. Hope you will be all fine soon”. John Wayne.
Sy het die boodskap gekry en dadelik vir hom ʼn boodskap geskryf:
“Liewe mnr. Wayne, ek het jou boodskap gekry. Dankie.
Ek hou baie van jou. Ek sal okey wees want Jesus sal my help.
Mnr. Wayne, ken jy vir Jesus? Ek hoop regtig dat jy Jesus ken.
Ek kan nie dink dat die hemel volmaak sal wees sonder John Wayne nie.
As jy nie vir Jesus ken nie, hoop ek dat jy nou jou hart vir Jesus sal gee.
Sien jou in die hemel.” Cindy.
Sy het die briefie in ‘n koevert gesit, toegeplak en voorop geskryf "John Wayne"
Op daardie oomblik kom iemand haar besoek. “Wat doen jy?” vra hy. “Ek het ‘n brief aan John
Wayne geskryf, maar weet nie hoe om dit by hom te kry nie,” sê sy. “Toevallig sien ek hom vanaand by ‘n dinee,” sê hy. “Gee dit vir my, ek sal dit vir hom gee.”
Daar was twaalf vriende wat die aand saam om die dinee tafel gesit en gesels en skerts het.
Gelukkig voel die vriend die briefie in sy baadjiesak en sê: ”Haai Duke, (John se bynaam) ek was vandag by Schuller se dogter. Sy het vir jou ʼn briefie geskryf. Hier is dit!”

Terwyl almal aangaan met hulle vrolike gesels, maak John die koevert oop en lees die brief. Hy het stil geword en begin huil.
Een van die vriende sien dit en vra verbaas: “Duke, wat makeer? Is daar fout?”
“Ek wil vir julle hierdie brief lees,” sê hy en lees dit. Hy begin weer te huil.
Hy wys na die vriend wat die brief gebring het en sê: “You go and tell that Little girl that right now,
in this restaurant, right here, John Wayne gives his heart to Jesus Christ and I will see her in heaven.”
Drie weke daarna is hy oorlede.
Dis ʼn merkaardige storie van begin tot die einde.
Wat vir my veral merkwaardig is, is dat die Here ʼn tiener gebruik het in Sy Koninkrykswerk.
Uit: Ds Chris Eramus ‘STORIES VAN HOOP’ Die Here gebruik tieners. Verw ACR
[Klik HIER vir nog inspirasiestories]
Labels:
Ds. Brahm Reyneke,
Ds. Chris Erasmus,
Hoop,
Inspirasie,
John Wayne
Subscribe to:
Posts (Atom)