Sunday 26 May 2024

Herinneringe: 'n Briefie aan 'n oupa

Oupa

Daar is soveel dinge wat Oupa al vir my vertel en geleer het. Al sal ek altyd die lesse en stories onthou, is daar een aspek van Oupa wat ek die meeste gaan mis en elke dag aan sal dink. Dit is die manier hoe Oupa altyd vol liefde en uit die hart en maag gelag het. Oupa was, is en sal altyd die persoon wees wat my en enige iemand kon laat beter voel deur net te glimlag.

Oupa het gelag net soos Oupa geleef het ... Voluit!

Elke ete om die tafel sonder Oupa se gebed en geselskap voel leeg en sinneloos, maar ek sal Oupa elke keer daar sien en hoor, al is Oupa nie daar nie.  

Oupa was ons skeinat- en strooipraatkoning en elke oomblik wat ek saam met Oupa onthou, goed en sleg, sal my altyd bybly. Oupa se diep stem sal altyd my hart warm hou en my veilig laat voel. Dankie!

Oupa se Engel

No comments:

Post a Comment