Monday 6 May 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Gebed vir beskerming

Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus,
U Seun en my Redder.
Dankie vir die Heilige Gees wat my in die waarheid lei en my onderrig.
Drieënige God van die Heelal,
ek het U beskermende hand oor my nodig,
nie net oor my nie, maar oor elke inwoner van ons land,
en ek beroep my op U,
op grond van dit wat in U Woord in Fil 4:6 staan
wat sê: Wees oor niks besorg nie, maar laat my begeertes in alles deur gebed
en smeking met danksegging bekend word by God.
En U vrede  ... wat alle verstand te bowe gaan,
sal my hart en sinne bewaar in Christus Jesus.
Dankie, dat ek my vertroue in U kan plaas.
Amen

No comments:

Post a Comment