Sunday 19 May 2024

Herinneringe: Briefie aan 'n oupa

Liewe Oupa

Ek kan net dankie sê dat ek deel kon wees van jou lewe, dat ek die voorreg gehad het om soveel wyshede van jou te kon leer en wanneer ons vashaak met skeinat en wiskunde, het jy gehelp om dit uit te redeneer.

Jou lag en vlymskerp sêgoed kan ons nooit vergeet nie. Jy was vir ons 'n ware voorbeeld en 'n liefdevolle oupa waarop elke kleinkind trots kan wees.

Oupa, ek gaan jou baie mis Jy laat 'n groot leemte na.

Maxie 

No comments:

Post a Comment