Friday 24 May 2024

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek

Kom ons as 'n gemeente maak hierdie jaar weer 'n paar kinderharte bly. Daar is 'n lys met 50 kindername by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak asseblief so gou as moontlik die kerkkantoor om 'n naam te kry. Kersfees is juis 'n tyd vir gee en uitreik!

Dalk bly jou kleinkinders oorsee en is dit nie maklik om 'n kersgeskenk by hulle te kry nie, maar daar is baie plaaslike kinders vir wie 'n kersgeskenk aan die ondenkbare grens, want daar is skaars genoeg geld vir die noodsaaklike, wat nog te sê iets luuks soos 'n kerspresent. Raak betrokke en reik uit! 

Alle geskenkbokse moet teen 30 Oktober ingehandig wees.

No comments:

Post a Comment