Saturday 11 May 2024

Môre is dit Moedersdag ...

Môre is dit Moedersdag wat regoor die wêreld gevier word. 'n Dag waar alle kinders, jonk en oud tot stilstand kom om spesiaal aandag te gee aan hulle moeders. 

Ons lewe in 'n tyd waar dit 'n gejaag is teen tyd om elke dag kos op die tafel te kan hê. Daardeur raak jy so gestres dat jy skoon vergeet dat jy 'n ma het om 'n drukkie te gee en vir haar te sê dat jy haar liefhet. 

Daar kom 'n tyd in elkeen van ons se lewens dat jou ma nie meer daar gaan wees nie ... dis dan wanneer spyt inskop: het ek maar ... maar dan is dit te laat. Die huis is leeg en die stoof is koud ... dit sal net nie meer dieselfde wees nie.

Mamma het jou in die wêreld gebring, nagte omgesit wanneer jy siek was ... wanneer daar miskien nie genoeg geld was, het sy honger gebly sodat jy kon eet ... onvoorwaardelike liefde van 'n ma ... die meeste van die tyd het haar bord kos koud geword omdat jy eerste in haar lewe was ...

My boodskap aan elke mens is: terwyl jy 'n ma het wat nog leef  ... RESPEKTEER haar en gee haar al jou LIEFDE ... al is haar vingers krom van die rumatiek en haar gesiggie beplooid ... sy verdien dit en GOD VERWAG DIT VAN JOU! (Efes 6:1,2) en daarmee saam 'n belofte dat jy 'n lang lewe sal hê op aarde. Onthou: 'n jong mamma kan ook sterf ... wees lief vir jou ma!

Van 'n mamma

Ns. Tel die foon op en bel haar gerus.

[Van 'n ander mamma wat dit op internet raakgelees het en ingestuur het.]

No comments:

Post a Comment