Showing posts with label Moeder. Show all posts
Showing posts with label Moeder. Show all posts

Sunday, 10 May 2026

Moedersdaggedagtes van Jean Kyler McManus

'n Moeder ken jou werklik.
'n Moeder gee werklik om vir jou.
'n Moeder sal jou
in haar gedagtes
en in haar gebede onthou ...

'n Moeder het reg van die begin
jou altyd liefgehad.
En sy sal staan by jou
In woord en gebed en daad!

Ons wil aan elkeen van ons inwoners en ook ons lesers 'n geseënde Moedersdag toewens. Dankie vir al julle liefde, opofferings, trane, harde werk en deursettingsvermoë toe julle self moeg en oorlaai was. Dankie vir die spore wat julle in jul kinders se lewens, maar ook in ander se lewens gelaat het. En saam met Jean Kyler McManus wil ons dankie sê vir die ontelbare gebede wat ons op die regte pad gehou het en nog steeds hou. In vandag se deurmekaar wêreld moet ma's hulle gebede verdubbel, want dis hierdie knielwerk wat kinders op hul voete hou. Vreugdewense.

Friday, 7 February 2025

Spesiaal aan elke moeder ...

Gebuig in gebed,
Bid sy dat God haar kinders moet red,
Noem hul op die naam,
Terwyl trane haar gesig sagkuns raam,
Pleit by Jesus,
Dat Hy diep in hul harte moet lees,
Dat hul veilig moet wees,
Al is haar hart blou gekneus,
Haar trane land veilig,
Op haar Bybel se blaaie,
Sien niemand haar trane?
Loof en prys sy deur smartfonteine,
Jesus sien elkeen,
Het hierdie lieflingvrou
net vir hulle geleen,
Veilig vang Jesus 'n traan,
In die boek van lewe is dit geraam,
By elk skryf Hy 'n naam,
God's Irisblom,
Gepluk,
vir kinders geleen,
Op Jesus-skouer rus sy knus,
Knieë skaaf sy deur,
Probeer hul van Sy liefde leer,
'n Moerder se liefde,
Sag en teer ...

Weet verseker dat Jesus elkeen wat nou hier lees oneindig liefhet ...
Gee vandag al jou laste vir Jesus ...
Hy sal dit vir jou oplos.
Jesus weet van elke traan wat val ...
Of jy 'n Moeder of kind is vandag ...
Ek weet 'n Moeder se trane val altyd
waar niemand op aarde dit kan sien nie ... 
Maar vandag weet ek
dat geen traan by Jesus se oog verbygaan nie ...

[Dankie, Estelle]