Showing posts with label Eiers. Show all posts
Showing posts with label Eiers. Show all posts

Thursday, 11 December 2025

Ouma se wenke: Eierwenke - plaasvervanger vir eiers

In my jongdae was eiers altyd beskikbaar en beslis baie goedkoper as deesdae. Intussen het ek so in die wandelgange gehoor wat as plaasvervangers vir eiers gebruik kan word. Toets en besluit maar self watter een die beste vir jou werk.

Die volgende moontlikhede vervang een eier: (Geskik vir gebak, bv. koeke, skons, kolwyntjies ens.)
* Asyn (wit of appelasyn) en koeksoda: Een teelepel koeksoda saam met een eetlepel asyn, vervang een eier in gebak.
* 'n Halwe fyngedrukte piesang
* 'n Kwart koppie olie
* 'n Kwart koppie yogurt
* 2 eetlepels water gemeng met 1 eetlepel olie en 2 eetlepels bakpoeier. Meng goed saam voordat dit by die resep gevoeg word.
'n Halwe eier is altyd beter as 'n leë dop!

Thursday, 4 December 2025

Ouma se wenke: Eierslim

* Hoe weet jy of 'n eier vars is of nie?
👉 ‘n Vars eier sal op sy sy lê op die bodem van ‘n kastrol met water, terwyl ‘n slegte eier bo sal dryf.

* Hoe tel jy 'n gebreekte eier van die vloer af op?
👉Sprinkel sout oor die eier. Los dit vir ongeveer 20 minute. Dit sal maklik opvee.

* Hoe kan daar onderskei word tussen ’n hardgekookte en ’n rou eier?
👉 Spin die eiers op ’n gladde oppervlakte. Die hardgekookte eier sal vinnig ronddraai terwyl die rou eier nie wil roer nie.
👉 Die eiers kan ook versigtig oor 'n tafeloppervlakte gerol word. Die gekookte eiers sal goed rol, terwyl die ongekookte eiers rukkerig sal rol.
Dis maklik gesê, maar die eend lê die eier.

Thursday, 27 November 2025

Ouma se wenke: Gekookte eiers

* Voeg koeksoda by die water waarin eiers gekook word, en die dop sal nie vassit as jy dit afdop nie.
* Voeg 'n bietjie asyn by die water om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook. (‘n Teelepel in die kastrol het dieselfde resultaat.)
* ‘n Gekraakte eier kan nog steeds gekook word as jy die kraak met botter verseël.
* As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder.
* Dop 'n gekookte eier dadelik af. Dit verhoed dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.
* Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie. 
Ek gaan volgende week weer 'n eiertjie lê.

Thursday, 20 November 2025

Ouma se wenke: Eierwenke

* As jy koek bak en jy het dalk te min of geen eiers nie, gebruik asyn en koeksoda. 1 teelepel asyn en 1 teelepel koeksoda is die ekwivalent van 1 eier. Hierdie is 'n handige wenk as jy 'n cholesterolvrye dieet volg.
* Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel bo-oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
* Om te verhoed dat die eierwit die hele pan volloop, kan jy die eiers vir een minuut in kookwater laat staan, voordat jy dit oopbreek in pan om te bak.
* Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie. 
* Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
* Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
* Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, dit sal ontplof.
Ek loop solank op eiers tot volgende week.

Saturday, 17 August 2019