* Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel bo-oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
* Om te verhoed dat die eierwit die hele pan volloop, kan jy die eiers vir een minuut in kookwater laat staan, voordat jy dit oopbreek in pan om te bak.
* Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
* Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
* Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
* Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
* Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, dit sal ontplof.
Ek loop solank op eiers tot volgende week.
No comments:
Post a Comment