Dankie vir al die Koos-grappe wat ingestuur is - geniet dit - dalk is daar 'n Koos ook in hierdie aftreeoord.
* Koos val maar goed rond tussen verskillende werke. Koos het 'n werk as toergids gekry. Sy eerste groep is onervare bergklimmers en hulle is nie die dapperste groep bymekaar nie.
Bergklimmer: "Val mense gereeld van hierdie hoë kranse af?"
Koos: "Nee, net een keer."
* Koos se baas roep hom kantoor toe.
"Jy is afgedank," sê hy.
"Maar ek het niks gedoen nie," protesteer Koos.'
"Dis presies die probleem!" bulder die baas.
* Koos spog met sy seun: "My seun het onder in die wêreld begin, en nou is hy heel bo."
"Ek is baie bly vir jou part," sê sy vriend. "Wat doen hy deesdae vir 'n lewe?"
Koos: "Wel, hy was eers 'n skoenmaker en nou is hy 'n haarkapper."

No comments:
Post a Comment