Dankie vir die hoop wat U in ons harte weglê vir vandag en vir die dag van môre. U reg en geregtigheid is van dag tot dag en van geslag tot geslag onveranderlik. U teenwoordigheid is die fondament waarop ons, ons hoop met sekerheid kan bou.
Ons dank U vir die seën op ons geestelike groei wat deur die Heilige Gees moontlik word. Ons laat rus ons lewe in U seën, liefde en bewaring, oortuig daarvan dat, met U seën, alles wel is. Geloof Sy die Here, dag na dag dra U ons. Vergewe ons ons sondes en lei ons vandag weer in geregtigheid. Amen.
[Aangestuur]

No comments:
Post a Comment